SANParke se jaarlikse fotokompetisie is ʼn hoogtepunt op talle fotograwe en natuurliefhebbers se kalenders.
Vanjaar se foto’s is nie net asemrowend nie, maar neem jou op reis na die uithoeke van die talle parke in Suid-Afrika.
Rowan Krull is uiteindelik as die algehele wenner van die 2019-kompetisie aangewys vir sy reeks foto’s wat die verhaal vertel van ʼn leeuwyfie se boomklimavontuur. Hierdie fotoreeks is vir die kategorie fotostories vir kompakte kameras en selfone ingeskryf.
Die fotograwe kon hulle foto’s in vier kategorieë met twee afdelings (DSLR-kameras of kompakte en selfoonkameras) ingeskryf het. Die vier kategorieë is:
- Fauna & Flora
- Landskappe
- Leefstyl
- Fotostories
Krull het twee nagte akkommodasie vir twee mense by ʼn nasionale park van sy keuse gewen. Die tweede prys is twee aande akkommodasie by die Golden Gate-hotel en chalets in die Golden Gate Hoogland Nasionale Park en die derde prys is ʼn Wild Card-lidmaatskap vir ʼn paartjie wat ʼn jaar lank geldig is. Die ander kategoriewenners ontvang elkeen ʼn aktiwiteitsgeskenkbewys van SANParke.
Hier volg die wenfoto’s:
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Oe maar dis mooi! Ons het ‘n pragtige land.
Ai ek verlang my dood na die dae toe ek nog n kind was. Kool en diamantmyne het nou die landskap Noord van Louis Trichardt vir altyd verander. As die groenes hulle net agter die boere wou skaar was dit dalk nie te laat vir SA se natuur om behoue te bly nie. Saam kan n mens altyd n verskil maak.
Ai ek verlang my dood na die dae toe ek nog n kind was. Kool en diamantmyne het nou die landskap Noord van Louis Trichardt vir altyd verander. As die groenes hulle net agter die boere wou skaar was dit dalk nie te laat vir SA se natuur om behoue te bly nie. Saam kan n mens altyd n verskil maak
So pragtig nature in SA!!! Ooit weet nie..
Ongelooflike mooi fotografie, almal is uitsonderlik en wenners, my wenner is die tweede plek: landskappe en die ketel op die vuur besig om te kook dat die stoom so staan, pragtig