Prasa: Afro 4000-lokomotiewe is ‘perfek’

Foto: @POWER987News/Twitter

Foto: @POWER987News/Twitter

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) hou vol dat mediaberigte oor sy Afro 4000-lokomotiewe, wat in Spanje vervaardig is, foutief en misleidend is.

Mosenngwa Mofi, hoof van Prasa, het Maandagoggend aan verslaggewers in Pretoria gesê die gaping tussen die minimum kontakdraad en die dak van die lokomotiewe oorskry die 150 mm wat in veiligheidsregulasies voorgeskryf word.

“Die bewerings in gister se Rapport en City Press is ’n opvolg op die redelik feitelik onakkurate berig wat op 5 Julie 2015 in die Rapport geplaas is,” het Mofi gesê. “Prasa beskou hierdie volgehoue aanval en verkeerde inligting in ’n ernstige lig aangesien dit daarop gemik is om ’n baie belangrike belegging om die vervoerstelsel te verbeter en die reiservaring van Suid-Afrikaners vir ewig te verander, ondermyn.”

Mofi het gesê die lokomotiewe “voldoen ten volle” aan die toepaslike veiligheidstandaarde. “Prasa wil sy stelling benadruk dat die gaping tussen die minimum kontakdraad en die dak van die lokomotiewe veel groter is as die minimum aanvaarbare klaringhoogte van 150 mm soos voorgeskryf en dit is dus veilig om onder elektriese kontakdraad met ’n minimum hoogte van 4,5 m te bedryf,” het hy gesê.

“Hierdie betrokke mediaberigte toon ’n gebrek aan begrip van die gedetailleerde, nougesette, ingewikkelde en dikwels omstrede skakeling waarmee ontwerphersieningsprosesse gepaardgaan.”

Mofi het gesê daar word gemik om die Afro 4000-diesellokomotiewe hoofsaaklik op nie-geëlektrifiseerde spoorlyne te bedryf. Hy het gesê Prasa het by die Spoorveiligheidsreguleerder toestemming gekry vir toetsing en ingebruikneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

anet ·

Kom ons wag en kyk wat gebeur. Daar word oor en weer gelieg en bedrieg. Ons moes dit te wagte gewees het, want niks is meer geloofwaardig nie. Die belastingbetaler word uitgesuig soos ‘n lemoen. Hierdie is maar dieselfde soos met die tolpaaie, haastige besluite en dan al die Wit Olifante

ig ·

Waaroor nou al die bohaai? Sies vir julle. Die tenderpreneurs gaan net die spore 150mm laat sak en siedaar.

sarel ·

Ai waar was hierdie mense al die jare. Jammer dat apartheid hul talente laat verlore raak.

MJL ·

Hoekom is die Spoorwegreguleerder (RSR) so stil oor hierdie aangeleentheid? Dit wil my voorkom of hulle net die klein privaat spooreienaars boelie omdat hulle (die RSR) bang is vir TFR en Prasa.

George ·

Moenie bekommerd wees nie. As die lokomotiewe te groot of te hoog is sal dit erns tot die stof gaan lê het, gestoor word. As die finansies druk, sal dit opgesny en as skrot metaal verkoop word. Probleem opgelos !!!

JZ ·

Mofi, ek hoop jy is reg ,hoop net jy staan by jou verklaaring en nie later se, jy is verkeert aangehaal of soos jy nou die media wil skuldig maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.