Prasa beloof nuwe seinstelsel ná Jhb-treinbotsing

Die ongelukstoneel na Vrydag se treinbotsing. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel na Vrydag se treinbotsing. Foto: Netcare 911

Prasa is gevra om vinnig ʼn nuwe seinstelsel tussen die Booysens- en Crown-spoorwegstasies in Johannesburg in te stel nadat 239 mense beseer is toe twee treine Vrydag gebots het.

Maroela Media het vroeër berig die een trein het stilgestaan toe die ander een van agter daarteen gebots het. Die botsing het omstreeks 18:00 plaasgevind.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het Saterdag ʼn beroep op die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) én die spoorwegreguleerder (RSR) gedoen om ʼn nuwe seinstelsel so vinnig moontlik te toets. Volgens Sam Monareng, woordvoerder van die departement, het die twee instansies die minister verseker dat die proses teen Sondag om 17:00 afgehandel sal wees.

“As die toetsing van die seinstelsel enigsins langer neem as wat verwag word, sal Prasa en die RSR die gebeurlikheidsplanne deur die media- en Metrorail-kommunikasiekanale aan die betrokke gemeenskappe deurgee,” het Monareng gesê.

Peters het beklemtoon dat die regering hom daaraan toewy om betroubare, veilige en kostedoeltreffende treindienste aan Suid-Afrikaners te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieta ·

Kry hoër intelek kontroleerders en bstuurders en die probleem sal weggaan, in ander woorde belê in mense, nie hardeware.

Peet Schabort ·

Eers die ongeluk dan tweedens die wakker skrik.
Klink logies vir SA.

JaWat ·

Sit mos maar eers so half-mas en laat val die half gekoude Nando’s hoenderboudjie wanneer die popo die fan tref… Dit gee beslis nuwe betekenis aan: ‘…dis nie ‘n train smash nie…’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.