Prasa belowe uitbetaling van pensioenfondsbydraes

(Argieffoto)

Die Passasierspooragentskap (Prasa) het die vervoervakbond Untu se bewerings dat hy duisende Metrorail-werkers se pensioenfondsbydraes van R23 miljoen glo onwettig weerhou het, ontken. Volgens die agentskap gaan pensioenfondsbydraes wel aan werknemers uitbetaal word.

Dit volg na Untu Saterdag klagtes van bedrog, diefstal en oortredings van die Wet op Transnetpensioene by die Sinoville-polisiestasie teen die administrateur van die Passasierspooragentskap (Prasa), Bongisizwe Mpondo, ingedien het.

Makhosini Mgitywa, woordvoerder van Prasa, sê Untu se bewerings en aanklagte is nie net onbillik nie, maar ook misleidend en kan onnodige angs by werknemers en hul geliefdes tot gevolg hê.

Mgitywa het bevestig dat Prasa die afgelope paar maande nie al sy finansiële verpligtinge kon nakom nie weens kontantvloeiprobleme. Spoorwegwerknemers kon ook nie vir Februarie- en Maartmaand pensioen ontvang nie.

“Die agentskap was eerlik oor die finansiële stand van sake en het al die belanghebbendes, insluitend sy werknemers, erkende vakbonde soos Satawu en Untu, sowel as diensverskaffers dienooreenkomstig ingelig. In geen stadium het Prasa erken dat hy nie ingevolge die wet opgetree het nie,” sê Mgitywa.

Mgitywa sê Prasa is voortdurend met die pensioenfonds se administrateurs in verbinding met die oog daarop om ’n oplossing te vind vir die probleem van pensioenfondsbydraes wat nog uitbetaal moet word.

“Prasa is bewus van die implikasies van die nie-betaling van pensioenfondsbydraes en hanteer die aangeleentheid as ʼn saak van dringendheid om te verseker dat die belange van sy werknemers beskerm word.”

Volgens Mgitywa sal mettertyd terugvoer oor die stand van sake rakende die pensioenfondsbydraes aan alle belanghebbendes, veral werknemers en erkende vakbonde, deurgegee word.

Maroela Media het vroeër berig Prasa se optrede het aan die lig gekom nadat ʼn makelaar aan die vakbond gesê het dat daar ʼn tekort in die pensioenfondsbydrae was van ʼn Metrorail-werker wat onlangs afgetree het. Volgens Untu is die Wet op Pensioenfondse in 2014 gewysig en ʼn versuim om werkers se bydraes oor te betaal kan lei tot ʼn boete van R10 miljoen of tronkstraf van tot 10 jaar vir diegene wat aanspreeklik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hydi

Nog ‘n sinkende skip!!!

Scalla

As die makelaar nie navraag gedoen het nie sou hul maar net stil gebly het, swak, nog n anc mislukking.

Deon

Is dit so maklik? Ek roof die bank en as ek gevang word gee ek net die geld terug?

Fedup

Yip. And i am the pope’s niece.

Strandloper

Die soustrein se wiele val nou af….kry maar eerder n vloot taxi’s