Prasa-bestuurder, oudwerker vas oor gesteelde goedere

(Argieffoto)

Lede van die polisie se georganiseerde misdaadeenheid en die Passasierspooragentskap (Prasa) se beskermingsdienste het twee verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde Prasa-goedere van R2 miljoen.

Een van die verdagtes is ʼn bestuursvlakwerknemer van Prasa en die ander ʼn voormalige Prasa-bestuurder wat nou sy eie onderneming vir elektriese en spoorwegtoerusting bedryf.

Die verdagtes is by die Elsburg-polisiestasie in aanhouding en sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het die inhegtenisnemings verwelkom.

“Ek beklemtoon steeds die noodsaaklikheid om te verseker dat ons hierdie sindikate uitskakel. Dit is belowend om te sien dat Prasa hom daartoe verbind om van korrupte amptenare ontslae te raak.

“Diegene wat in hegtenis geneem word moet aangekla, skuldig bevind en die swaarste vonnis opgelê word.”

Die ondersoek duur voort en nog inhegtenisnemings kan volg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Magda ·

Goed – sal sien hoe vinnig en akkuraat word die saak afgehandel.

JohanR ·

“Diegene wat in hegtenis geneem word moet aangekla, skuldig bevind en die swaarste vonnis opgelê word.” Hou op om soe vir die nasie te lieg. Die twee sal ambassadeurs poste iewers kry!

Nie Verbaas ·

Daar is al soveel bewyse teen huidige hooggeplaasdes en niks word gedoen nie. Net die klein mannetjies word gearresteer. Is daar sekere kaders wat dan bo die wet verhewe is of is Prasa besig met oogverblindery?

Jakes ·

Sal Maroela asb hul name bekendmaak sodra hulle gepleit het?

Suzette ·

En die diewe is in bestuursposisies aangestel – geen wonder SA is in die toestand wat dit is nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.