Prasa dalk binnekort ‘onversekerbaar’

Treinwaens wat Woensdagaand glo deur woedende pendelaars by die Berea-stasie aan die brand gesteek is (31 Januarie 2018). Foto: Twitter via @_ArriveAlive

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het Donderdag gesê hy sal binnekort “onversekerbaar” wees as misdadige aktiwiteite, wat tot verliese en skade van miljoene rande lei, nie stopgesit word nie.

Cromet Molepo, die waarnemende groep- uitvoerende hoof van Prasa, het dié uitlatings Donderdag by ʼn mediakonferensie in Durban gemaak.

Die konferensie is byeengeroep na aanleiding van drie treinwaens wat Woensdagaand glo deur woedende pendelaars by die Berea-stasie aan die brand gesteek is. Die geraamde skade van die voorval is R10 miljoen.

Molepo het gesê Prasa se algehele versekeringseise vir die finansiële jaar 2016/2017 was R292 miljoen, terwyl premies vir dieselfde tydperk verdubbel het tot R78 miljoen.

“Vanjaar het ons begin om nuwe versekeringspolisse te beding, maar ons kom op ʼn punt waar ons onversekerbaar gaan wees as ons nie vordering maak om die aanval op die stelsel stop te sit nie.”

Hy het gesê die regering het R172 miljard oor 10 jaar opsy gesit vir opgraderings aan die land se dekades oue spoorweginfrastruktuur en treinwaens. Terwyl dit gebeur, word treinwaens egter gebrand en beskadig, asook infrastruktuur geplunder vir koperkabels of items vir misdadigers se huise, soos treinsitplekke wat vir rusbanke gebruik word.

“Die verliese van Maart tot April 2017 en tot dusver is reeds R442 miljoen. Dit sluit vloede en oorstromings in KwaZulu-Natal in,” het hy gesê.

Treinwaens wat Woensdagaand glo deur woedende pendelaars by die Berea-stasie aan die brand gesteek is (31 Januarie 2018). Foto: Twitter via @_ArriveAlive

Molepo het gesê 80 treinwaens word per maand verloor weens vandalisme.

“In KwaZulu-Natal is ons veronderstel om 57 treinstelle te bedryf. Ons bedryf 44 waarvan baie nie eens volledige stelle is nie; in plaas van 12 treinwaens is daar net ses, wat dan lei tot oorvol waens.”

Boonop word net 5% van mense wat betrokke is by die misdadige aktiwiteite vervolg omdat Prasa se tegniese spanne bewyse vernietig het toe hulle die foute probeer regstel het, wat daartoe gelei het dat verdagtes van minder ernstige misdade aangekla word.

“As daar ʼn voorval op ons spoorweë is, moet ons die gebied afsper en die forensiese eenheid ontbied om bewyse te versamel. So, dit beteken mense moet hulself gereed maak vir ongerief en probleme. As die stelsel nie beskerm word nie, as pendelaars en gemeenskappe net sit en toekyk hoe die treine vernietig word, dan sal alles tot ʼn stilstand moet kom terwyl ons die polisie inroep om bewyse te versamel. Dit is die werklikheid. Genoeg is genoeg,” het hy gesê.

Molepo het gesê die “goeie nuus” is egter dat 20 Brasiliaans vervaardigde treinstelle verlede jaar by die stelsel gevoeg is, dat gratis WiFi binnekort beskikbaar gestel sal word en dat die Go Metro-app en “rail radio” vir elke gang ingestel sal word om kommunikasie met passasiers te vergemaklik.

Ander inisiatiewe sluit in veiligheidskameras op treine en die moontlikheid van ʼn spoorwegpolisie-eenheid binne die SAPD wat ʼn einde sal bring aan Prasa se afhanklikheid van 3 000 private veiligheidswagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

KP ·

Molepo dit is jou regering wat die Wes Kaap wil lamle deur publieke vervoer te saboteur nou spoel dit maar net oor na ander provinsies. As hier in Kaapstad gereeld waens aan die brand gesteek word, dreiwers vermoor word, Mi Citi busse met klippe gegooi word is die regering baie stil daaroor, so kry vir jou.

marous ·

Wie se skuld is dit ? Maria van Riebeeck want Jan se boek is vol.

Zombie ·

SA klink soos USA in die movie Zombieland. Alles is afgebrand en jy benodig net ‘n haelgeweer en ‘n paar persoonlike reels om te oorleef-
1.Cardio -To escape a pursuing zombie you will need to out-run it, and this means being in good shape.
2.Double Tap -When in doubt, don’t get stingy with your bullets.
3.Beware of Bathrooms-You are at your most vulnerable while sitting on the toilet, so always take extra care.
4.Buckle Up-You won’t be driving along easy roads anymore: with numerous things to avoid you need to be ready for a crash!
5.Travel Light-While trying to get away from a mass of zombies, the last thing you want is to be heaving luggage around.
6.Limber Up-Before going into a zombie-infested area, you will need to prepare for the impending running by limbering up.
7.When In Doubt, Always Know Your Way Out-You will always need to know the way out of every room of every building you enter, in case you are caught unaware.
8.Enjoy The Little Things-As well as surviving all the zombies, you’ll also need to maintain a happy and sane state of mind by keeping positive.

LB S ·

Dit klink verskriklik, maar dit is eintlik presies soos ons moet lewe!
Ek onthou in die 80s het my swaar New York of iewers heengegaan vir werk en kom vertel hoe gevaarlik dit daar is, en ek gedink dankie tog in SA is dit nie so nie. Kyk nou net!
Dit is tyd dat SA by die ander lande gaan leer hoe hulle misdaad bekamp het.

Moontlik ·

Maak dit onmoontlik vir mense om op treine te spring en reguleer die toegang na die treine. Of alternatief haal al die banke uit dan kan meer mense binne staan en vervoer word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.