Prasa dank waarnemende hoof af

Die bevestiging van Collins Letsoalo se vergoeding (Foto: @SAgovnews, Twitter)

Die bevestiging van Collins Letsoalo se vergoeding (Foto: @SAgovnews, Twitter)

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het die waarnemende uitvoerende groepshoof, Collins Letsoalo, met onmiddellike effek afgedank ná ʼn eenparige besluit deur die raad.

Dit kom ná ʼn omstredenheid oor sy vergoedingspakket waar hy daarvan beskuldig word dat hy sy salaris met 350% verhoog het van R1,3 miljoen tot R5,9 miljoen. Hy het ook ʼn chauffeur en ʼn maatskappy-selfoon met onbeperkte oproepe geëis, net soos sy voormalige baas, Lucky Montana.

Montana is in Julie 2015 afgedank ná veroordelende bevindings deur die openbare beskermer wat hom impliseer in beweerde korrupsie en wanadministrasie wat verband hou met tenders ter waarde van miljarde rand.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het Letsoalo in Julie verlede jaar aangestel om die agentskap se finansies om te keer nadat dit R13,9 miljard weens onreëlmatige kontrakte verloor het.

Prasa se raad het Maandag in ʼn verklaring gesê hy beskou die bewerings teen Letsoalo “in ʼn ernstige lig”. “Die raad van Prasa wil dit benadruk dat geen resolusie aangeneem is in verband met só salarisverhoging of betaling van ʼn jaarlikse salarispakket van R5,9 miljoen nie,” het Prasa in ʼn verklaring gesê.

“Om die waarheid te sê, die ooreengekome en amptelike salaris bly die R1,3 miljoen jaarlikse pakket wat deur die minister van vervoer goedgekeur is kragtens die pakket wat met mnr. Letsoalo ooreengekom is.”

Letsoalo het vroeër Maandag ʼn perskonferensie gehou waar hy sy aanstellingsbrief en e-poskorrespondensie met die algemene bestuurder van vergoeding en voordele, Bongani Nkomo, verskaf het. Letsoalo het volgehou hy is geregtig op al die voordele van die uitvoerende hoof.

Prasa het gesê alle kwessies wat met die vermeende goedkeuring van die salarisverhoging verband hou, is deel van die oorwegings van die omvang van Letsoalo se bykomende pligte by Prasa. “Die brief het hoegenaamd nie outomatiese magtiging gegee van ʼn salarisverhoging sonder die behoorlike prosesse nie, soos dit duidelik gestel word in die raadsvoorsitter se brief. Die Prasa-vergoedingsbeleid bepaal ʼn maksimumverhoging van 12% vir waarnemende poste.”

Die spooragentskap het gesê die proses is reeds aan die gang om ʼn permanente uitvoerende groepshoof aan te stel en die pos word reeds in die betrokke Sondagkoerante geadverteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Chrisna Botha ·

Is dit nie tyd dat die ministers wat hierdie treurige aanstellings doen ook tot verantwoording geroep moet word nie?

Johann ·

Wonder in watter Ministers pos Zuma díe Zumaikie gaan loslaat?

Nita ·

Gewone werkers moet veg vir verhogings meer as 7 persent. Waarom word selfs 12 persent oorweeg vir enige iemand anders wat nog te se 350persent. SKANDE!!

Hennie ·

Waarom word mense net afgedank? In hierdie geval was dit ook korrupsie en hy het totaal buite sy regte opgetree, Letsoalo behoort wetlik aangekla te word.

Marius ·

More Hennie,Hoop dit gaan goed jy sien dit is waar adv.Gerrie Nel gaan betrokke raak die manne wat nie vervolg word hy sal dit verder vat.

Quixilver ·

Hennie. dit is “white collar crime”.
Net soos “Black listed” rasisme is, volgens JuJu – sal hulle nie daai aanklag teen enige inheemse etniese africaner persoon maak nie.

w ·

Oe lala. Lekker ini nuwe SA. Hier maak ons soos ons wiL. Pos geadverteer in Sondagkoerante? Kan net sowel n persoon uit di str uit neem. Dis presies die selle

Johan Maritz ·

Carl jy is reg en moenie vergeet van die goue handdruk nie. Dit is so jammer ons word bankkrot besteel en niks word daar omtrent gedoen nie, net die volgende comrade word aangestel.

GES ·

Is daar nie regulasies wat salarisskale binne die openbare sektor beheer nie? Dit klink ook na ʼn baie slegte besluit dat topbestuur hulle eie salarisse kan vasstel. Dit maak al die deure oop vir korrupsie.

Johanna Botha ·

Niks loop reg by die prasa dis net skandes op skandes week na week

Varkie ·

Nevermind die broer, ek wil net weet hoekom hoë range sulke salrisse kry as die treine in so swak toestand is, deure wat altyd oop staan en diefstal dagliks plaasvind ?

Johan. H. ·

Lyk nie eers of hy skaam kry nie,,,,praat van arrogansie en :intitlement

Johann ·

Kom ons probeer weer. Die korruptes is in die hoogste poste met die hoogste salarisse, altyd in die der miloene rand, ook het hulle nie aldag kwalifikasies nie, maar dan sukkel die matrieks en studente om werk te kry.

Jan maak n plan ·

Sies die maatjies is nie mede deelsaam nie. Lucky was lucky om baie geld te kon kry maar nous Collins nie so lucky nie. Proudly New South Africa!!!!!

Justice ·

Ek het gelees dat Letsoalo net uit sy pos by Prasa ontslaan is en terug in die Dept van Vervoer onder Dipuo Peters se beskermde vlerk herontplooi word.

Nakkie ·

Mooi so! Dis lekker as die media tog ‘n invloed het op die burokrasie. Maar kom ons hoop dis nie net die een duiwel verruil vir ‘n ander nie.

Jane ·

Ek wil net weet van wanneer af gee JY VIR JOUSELF ‘n verhoging? Ek werk al baie jare, en gewoonlik word verhogings deur ‘n Finkom aanbeveel nadat die begroting waarin voorsiening daarvoor gemaak is, goedgekeur is, en later deur ‘n Uitvoerende Komitee bekragtig. Hoe op aarde kan al hierdie mag in een mens se hande lê? Net soos by die SAUK en ander instansies waar mense hulleself verryk. Waar is die komitees of panele wat oor hierdie goed besluit en daarvoor BEGROOT? Dit is omdat daar geen stelsels in plek is en geen dissipline gehandhaaf word nie. Almal ry met company cars rond, almal gee vir hulleself verhogings en travel the world .. te lekker .. op die belastingbetaler se rekening.

tamboti ·

en eintlik is hy niks meer as stoker nie, jammer daar loop nie meer stoomloko’s nie!

piper ·

ja en hy is binne n dag by dept. vervoer in n pos aangestel. hoe kan so vinnig n pos geskep word en sonder advertensies. dit wys net hoe word daar gesorg vir die kaders.

Hannelie ·

Nooit Snoefie sal hy die geld teruggee nie. Hy het al klaar sy eie Nkandla begin bou. Hy het met ‘n plan gewerk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.