Prasa gee voorkeur aan Chinese bo Transnet

Eddie de Klerk, adjunk hoofsekretaris van die United National Transport Union (Untu) (Foto: LinkedIn)

Eddie de Klerk, adjunk hoofsekretaris van die United National Transport Union (Untu) (Foto: LinkedIn)

Die United National Transport Union (Untu) het Vrydag gesê hy is besorg oor die besluit deur die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) om ʼn memorandum van verstandhouding te onderteken met China se Communications Construction Company, in plaas van met Transnet.

Die memorandum is onderteken sodat die maatskappy verskeie infrastruktuurontwikkelingsinsisiatiewe kan ondersoek, waaronder die Moloto-spoorontwikkelingskorridor.

Eddie de Klerk, adjunk hoofsekretaris van die vakbond, het gesê hulle neem kennis dat die regering uiteindelik reageer op versoeke van pendelaars om openbare vervoer te bevorder, aangesien die Moloto-pad algemeen beskryf word as “die pad van die dood” weens gereelde noodlottige ongelukke.

De Klerk het gesê Untu kan egter nie sien hoe ʼn ooreenkoms met ʼn Chinese maatskappy uitvoering kan gee aan die doelwitte van Suid-Afrika se Nasionale Ontwikkelingsplan nie.

“Untu het verskeie vrae waarom die Chinese genader is in plaas van Transnet, die spoorkenner in Suid-Afrika en wat ook as ʼn wêreldleier beskou word,” het hy gesê. “Die vakbond is van mening dat hierdie memorandum van verstandhouding om die Moloto-spoorontwikkelingskorridor in samewerking met die presidensiële Kommissie vir Infrastruktuursamewerking, onder leiding van die minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel, gedoen moes word.”

De Klerk het gesê die vakbond eis dat die regering moet verduidelik of dié ooreenkoms met China volhoubare plaaslike poste sal verseker en die ontwikkeling van plaaslike vaardighede sal bevorder.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het Donderdag gesê die Moloto-spoorontwikkelingskorridor is ʼn hoëprioriteitinisiatief weens verskeie uitdagings met openbare vervoer.

Sy het gesê die ingryping het ten doel om verskeie oplossings te ondersoek om kwessies soos beperkte ekonomiese ontwikkeling, toegang tot werksgeleenthede, buitensporige afstande wat pendelaars tussen hul huis en werk moet aflê en swak dienslewering op plaaslike paaie, aan te roer.

Volgens Prasa is die Moloto-projek se hoofdoelwit om passasierspoordiens te verseker as die ruggraat van ʼn geïntegreerde vervoerstelsel deur gebruik te maak van bewese, moderne tegnologie en toerusting.

Prasa het gesê die projek ter waarde van R30 miljard sal die spoed van busse van 70 km/h tot 120 km/h, en standaardtreine van 160 km/h tot 200 km/h verhoog, en die reistyd van pendelaars verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

pieter ·

70 tot 120. 160tot200.RSA SE SPOED NA ONDERGANG ONMEETBAAR.

John ·

Die bus bestuurders kan dan nie 60km per uur bestuur nie…wat n grap

Roland van der Neut ·

Mooi nou het hulle nog meer wat hulle kan brand en plunder

Nita ·

Ek hoop ek leef lank genoeg om die Train Smash te sien. Al wie hier gaan voordeel kry, is nog duisende Chinese wat n vastrapplekkie gaan kry in SA. Ek hou glad nie asem op, om ooit n voltooide, suksesvolle projek te sien nie.

Ken van ·

Uit persoonlike ervaring het ek ervaar dat Transnet nie baie eties tewerk gaan nie en ek sal ook nie weer met hulle wil besigheid doen nie.

John ·

Oom China gee nie hulp sonder om iets terug te verwag nie. Ons Oom Jakob se kop wys Oos en sy hande ook. Hoeveel ‘Made in China”s waarvan die nate voor sononder lostrek, gaan weer die land invloei… en kinders huil skaars ‘n dag na Kersfees as die poppies se ogies nie meer knip nie en die treintrokkies se wiele afval…

Lance ·

Jy weet die anc haal die kos uit sy eie mense se monde ….hoe is die damn bee dan nog relefant as die mense so maak …dis net alles n gemors…berge val op ons !

Vra net ·

Kom daar dalk ‘n ander guns vir ‘n guns? Dis mos hoe tenderpreneurskap werk

El ·

En wie kry alweer die kick backs in miljoene. SA het die kundiges. Vergeet bee en stel ons eie ingenieurs aan. Die finansiële beleid is om geld die land in te bring nie uit te laat vloei nie, as dit nog ooit bestaan. Hoe nou Dept. Finansies? Net soos die treine wat nog altyd hier gebou is, hoekom moet dit in buiteland gedoen word?

jaco ·

daars nie regstellende aksie in china nie. die beste gekwalifiseerde mense kry dus die werk. Die “regte” velkleur is nie die enigste voorwaarde om werk te kry nie. Chinese staak ook nie. probeer dit in China en die polisie en weermag word ONMIDDELIK ingestuur om die staking op te breek. So dit verbaas my nie dat PRASA die werk vir n Chinese besigheid gegee het nie. Ek hoop Eskom voer betyds mense in uit lande waar kwalifikasies en ondervinding tel om Koeberg kernkragstasie in stand te hou. Ek SIDDER vir die dag wanneer n regstellende aksie werknemer die verkeerde knoppie druk en daar volg n nuclear meltdown. As gekwalifiseerde mense nie eens die Chernobyl ramp kon keer nie, is die potensiaal vir iets veel ergers soveel groter met koeberg se regstellende aksie werknemers

Elsie Moller ·

Dit is nie die Moloto pad wat gevaarlik is nie maar die busse taxies en ander voertuie se bestuurders wat nie geduld het nie Daardie pad se spoedgrens is dele 60km pu en die vinnigst
e is 80kmpu As jy daardie pad ry word jy behoorlik van die pad gedruk as jy by die spoedgrens hou Die moters jaag verby jou en vat kanse want hulle het nie geduld om net 80kmpu te ry nie

Jef ·

Gaan die Chinese dan die busse en treine bestuur maar my china moenie worry nie in SA het jy nie n lisensie of enige ander ondervinding nodig nie.

hans ·

Hierdie is n saak wat al die opposisie partye n gesamentelike front moet vorm en bestry tot in die grondwethof.

CHRISTA ·

Transnet kon nie eers die korrekte treine aankoop nie, WAT GAAN HULLE NOU NOG AANVANG?

johan ·

Die probleem is die plaaslike kickbacks is nou mos nie so groot nie en plaaslik sal dit mos nou makliker opgetel word die bloedhond media se snif is net te goed.

Rapes ·

De klerk ek glo nie Spoornet besit die nodige kennis nie. Die kundiges is dan vervang deur regstelling. So jammer maar kry vir julle.

Maria van Dieweeck ·

Elsie, die probleem is eintlik selfbeheersing. Die grootste probleen van SA. Die paar wat dit het word gedwing om saam met die hordes te leef wat klaarblyk sonder hierdie belangrikke fakulteit gebore word.

Marika ·

John jy slaan die spyker op die kop. Mens kan amper nie meer iets te koop kry wat nie in Sjina vervaardig word nie – en dit hou nie eers ‘n dag nie. Nou moet mense hulle lewens waag op vinnige treine uit Sjina.

Peet J ·

Net vir inligting: Transnet SOC Ltd. is a State Owned Company BBBEE.
Het die volgende kontrakte gesluit met Chinese firmas vir die voorsiening van lokomotiewe
1.China wen ‘n deel van Transnet se 50 miljard tender vir die voorsiening van 359 elektriese en 232 diesel lokomotiewe.
2.Barbier en General Electric kontrak met Transnet 240 elektriese en 233 diesel lokomotiewe ek dink Barbier behoort aan ‘n swart firma. Totaal is 1064 lokomotiewe
3.Tien dubbel elektriese lokomotiewe ontwerp en vervaardig deur CSR Zhuzhou China deel van ‘n aparte R2.6 bn kontrak vir 95 lokomotiewe. Dus Groot totaal =1159 lokomotiewe
Soos ek verstaan gaan hierdie lokomotiewe aangewend word om goedere te vervoer.

Gatvol ·

Die spoorinfrastruktuur is in sy peetjie. Waar wil hulle al die lokomotiewe heen laat ry en om wat te doen? Zumpies en sy trawante het weer gaan bakhand staan. Ons gee julle die kontrak maar ons soek ‘n lekker vet “kick back”. Maar dit lyk my dit word in elkgeval betaal voordat ‘n enkele lokomotief geland het. Kom Pravin, stel ondersoek in. Jy gaan ‘n paar “comrates”se name kry wat voordeel trek uit die kontrak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.