Prasa-hoof oor ‘sensitiewe saak’ geskors

Zolani Matthews, Prasa se uitvoerende hoof. (Foto: Prasa)

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het sy uitvoerende hoof geskors.

Prasa se direksie het Donderdag vergader waartydens ’n “beweerde sensitiewe aangeleentheid van veiligheidskending en ander kontraktuele verpligtinge” rakende Zolani Matthews se dienskontrak oorweeg is.

Die direksie het hierna besluit dat Matthews eerder voorlopig geskors moet word sodat die saak deeglik in sy afwesigheid ondersoek kan word.

“Die direksie sal poog om die aangeleentheid spoedig af te handel in die beste belang van alle betrokke partye,” lui ’n verklaring van Prasa.

“Die aanstelling van ’n waarnemende uitvoerende hoof sal bekendgemaak word en die direksie sal seker maak dat die daaglikse bedrywighede van die organisasie nie negatief geraak word nie.”

Matthews is in Februarie vanjaar deur Fikile Mbalula, minister van vervoer, as uitvoerende hoof van Prasa aangestel.

Net ’n maand later het Mbalula berigte gekap dat Matthews te oud vir die werk is. Daar is destyds berig Matthews kwalifiseer nie vir die aanstelling nie omdat hy 64 jaar oud is. Prasa se beleid bepaal dat werkers by die agentskap op 63 moet aftree.

Mbalula het in reaksie gesê nadat die kabinet ʼn aanstelling goedkeur, moet die raad verseker ʼn behoorlike aanstellingsproses is gevolg. Dit sluit in die versekering dat aan Prasa se beleid voldoen is, die ondertekening van ʼn dienskontrak en prestasieooreenkoms en die verklaring van finansiële belange.

Prasa het ook destyds teruggekap en gesê hy is onthuts deur berigte dat Matthews se aanstelling ʼn oortreding van Prasa se beleid is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dup ·

Het hierdie kader aanstelling misluk of miskien moet hy vir n ander plekmaak?

Shakespeare ·

Bou ‘n enorme tronk. Sluit al die kaders toe en begin oor sonder kaders.

jzjz05 ·

Dit gaan nie help om hulle toe te sluit nie , Vat JZ as voorbeeld n nag in die trok paar dae in die hospitaal ( waarvoor ons as belastingbetaalers moes betaal )en hy is terug by die huis en gaan voort as of niks gebeur het nie.

Strandloper ·

“daaglikse bedrywighede van die organisasie nie negatief geraak word nie.” Wat n grap…daar is dan niks oor nie!

jzjz05 ·

Dit is so maar. onthou die ANC skep werk vir mense en dit is een van die werke wat hul geskep het, GESkORS MET BETAALING.

Samuel ·

Is daar êrens dalk ‘n eerlike, bevoegde kader wat aangestel kan word? Ek twyfel sterk.

jzjz05 ·

Hoekom vrae jy daar is baie Kaders wat nie werk nie . MET BETAALING ,hulle moet baie bevoeg wees om so hule se selarise te verdien .

Anthony ·

Wel, Eskom en SAPD in die soeklig van wanbestuur en korrupsie. PRASA al lankal onder die vergrootglas maar niks kom van dit nie. Die een aanstelling na die ander en die een ewe sleg of erger as die vorige een. Mnr die President – jy sal daad werklik iets moet doen (ie besoek die maatskappye en wees deel van hulle bestuur vir so week lank- dan sal jy sien , want dit wys alles nou jou as hoofbestuurder !

Nico ·

Hoekom hom skors met vol salaris en by voordele, gee hom die trekpas.

Di ·

PRESIES net wat ek in ‘n vorige kommentaar genoem het. ALMAL ouer as 60 in die parlement moet aftree! Gee die jonger geslag ‘n kans. Hulle sal dalk ‘n baie beter oplossing he vir al die probleme wat tans in die land aangaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.