Prasa-kontrakte van miljoene rand ongeldig verklaar

Argieffoto

Joe Maswanganyi, minister van vervoer, het Woensdag gesê hy verwelkom die uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof dat twee kontrakte van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) met Fenton Gastin, sy hoof finansiële beampte, ongeldig is.

Die eerste kontrak wat ongeldig verklaar is, is die kontrak waar Gastin as hoof finansiële beampte gehuur is. Die ander kontrak wat ongeldig verklaar is, is ʼn dag-tot-dag-kontrak wat Prasa aan hom gegee het nadat hy afgedank is.

Tydens die verhoor was daar nie enige bewyse van goedkeuring van die raad om die aanstelling op ʼn pakket van R3 miljoen per jaar, te ondersteun nie. Toe Gastin 14 maande later afgedank is, is ʼn bedrag van R3,3 miljoen aan hom oorbetaal vir die oorblywende 12 maande van sy kontrak.

Die Pretoriase hooggeregshof het bevind dat die twee kontrakte met Gastin ten doel gehad het om Prasa te bedrieg en dit is ongeldig verklaar. Die hof het Gastin beveel om die gelde wat hy deur die onwettige kontrakte ontvang het, ter waarde van ongeveer R8 miljoen, terug te betaal.

“As regering is ons ʼn konstitusionele staat wat deur wette, regulasies en beleide beheer word,” het Mawanganyi in reaksie op die uitspraak gesê. “Ons het onsself daartoe verbind om beslissend op te tree teen bedrog en korrupsie, en ons sal alles in ons vermoë doen om hierdie oneerlikheid en misdadigheid uit te roei waar dit ook al kop uitsteek.”

Die minister het gesê as ʼn aandeelhouer, het hy die verantwoordelikheid om te verseker dat Prasa voldoen aan sy kernmandaat en dat dié dienslewering gestaaf moet word deur goeie en verstandige bestuursbeginsels.

“Ek sal deurgaans die vordering monitor en seker maak dat die nodige stelsels in plek is om goeie bestuur te bevorder, want pendelaars in ons land, wat swaar steun op openbare vervoer, verdien niks behalwe die beste nie,” het Maswanganyi gesê.

Die minister het gesê sodra die nuwe Prasa-raad aangestel is, sal hy ondersoek instel oor “beweerde korrupsie”, veral in die lig van die verslae deur die ouditeur-generaal en die openbare beskermer.

Maroela Media het vroeër berig die Federation of Unions of South Africa (Fedusa) het Woensdag die waarnemende nasionale polisiekommissaris versoek om dringend in te gryp en die Valke te beveel om klaarheid te gee oor die vordering van die ondersoek oor beweerde korrupsie by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Rye en rye treine staan en staan met niemand en niks om te vervoer nie… en dit kos ons.

Ouman ·

Daar is geen poitieke wil om die korrupsie en bedrog behoorlik te ondersoek nie. Daar is geen twyfel dat daar wel voldoende bewyse is vir vervolging want die ondersoeke is gedoen deur top forensiese spanne maar die “verdagtes” is almal lede van dieselfde bende en maatjies sorg vir mekaar. Twyfel ook of SAPS en die Valke die nodige kundigheid het om sulke sake te ondersoek. Dieselfde geld vir die NVG. Dit is tragies maar SA is maar net nog ‘n tipiese Afrika land waar misdaad ‘n lonende bedryf is en waar korrupsie die nasionale sport is.

KarenG ·

Oorvol treine wat in ‘n haglike toestand is, is aan die orde van die dag. Noem my maar ‘n pessimis, maar ek dink nie dit gaan vinnig verander nie. Om als af te brand en te vernietig is mos deesdae die norm.

Johann Marx ·

KarenG….hoekom is dit “deesdae die norm”? Dit is nie. Dit was nog altyd ‘n gedragspatroon reg deur Afrika….maar voor 1990 onder beheer gehou deur ‘n apartheids-regering wat dit verstaan het. Nou is daar niemand wat enige iemand keer om hierdie impulsiwiteit uit te leef nie, en daarom gebeur dit want ALLES is toelaatbaar….sonder enige gevolge. Onder totale vryheid wys ‘n mens baie gou sy ware kleure….en dis NIE reënboog nie!!

Rupert Ashford ·

Geagte Minister ek het ‘n paar voorstelle vir nuwe raadslede en CFO. Hulle vanne is Gupta en Zuma…;-) Baie bekwame mense…

Chevy ·

Ondersoek hier en ondersoek daar dit kos ook miljoene om al die ondersoeke te doen.
Miljoene moet nou terug betaal word sodat die mense wat die ondersoek doen weer salaris ontvang uit die miljoene.

Scalla ·

Doen die regte kwaliteit aanstellings op meriete , het mos in die verlede gewerk.

Alida ·

Wys vir ons die “proof of payment” asb. Hy gaan R0 terugbetaal. Hulle steur hul duidelik nie aan Hofuitsprake nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.