Prasa kry nuwe hoof

Prasa (Foto verskaf deur Untu)

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het Dinsdag aangekondig dat Sibusiso Sithole die agentskap se nuwe uitvoerende hoof sal wees vir ʼn tydperk van 12 maande.

Die 12 maande is geldig vanaf 1 Junie 2018.

Sithole was voorheen die stadsbestuurder van die eThekwini-munisipaliteit en sal by Cromet Molepo, wat sedert Desember 2017 in dié posisie waarneem, oorneem.

Volgens Prasa is Sithole, ʼn ommeswaai-strateeg en beleidspesialis, aangestel om stabiliteit en sekerheid na Prasa te bring.

Sithole het by ʼn vergadering wat deur senior beamptes gehou is om hom te verwelkom gesê hy is dankbaar vir die geleentheid en deeglik bewus van die kwessies wat die organisasie affekteer. Hy het ook gesê Prasa is nie die enigste staatsinstelling wat tans deur rowwe waters gaan nie.

Hy het verder sy vertroue in die kaliber van Prasa se personeel uitgespreek.

Intussen het die raad van Prasa alle personeel en bestuur versoek om vir Sithole alle moontlike ondersteuning te gee wat hy benodig tydens die moeilike tyd wat vir hom voorlê.

Khanysile Kweyama, voorsitter van die raad, het gesê Sithole is bewus van die reuseuitdagings wat die organisasie in die gesig staar en dat Prasa tans by hul swakste prestasievlakke nóg is.

“Ons kan nie oorbeklemtoon wat ons verwagting as ʼn raad van die uitvoerende hoof is nie. Gelukkig, met die hoeveelheid ervaring wat hy het, voorsien ons nie enige probleme vir hom om die taak op hande uit te voer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marous ·

En wie het die stormwater en chaos veroorsaak en is daar teen hulle opgetree of is dit ook onder die mat ingevee……by die biljoene

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.