Prasa: Mbalula het volle vertroue in nuwe administrateur

Bongisizwe Mpondo, administrateur van Prasa. (Foto: Twitter)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, glo vas dat Bongisizwe Mpondo, nuutaangestelde administrateur van die Passasierspooragentskap (Prasa), sake by dié sukkelende staatsbeheerde entiteit sal kan omdraai.

Mbalula het Maandag aan joernaliste in Johannesburg gesê hy twyfel nie daaraan dat Mpondo die regte kwalifikasies het om die situasie by Prasa om te keer en die operasionele gebreke aan te pak nie.

Maroela Media het vroeër berig Mpondo is Maandag met onmiddellike inwerkingtreding as administrateur van Prasa aangestel nadat Mbalula die entiteit summier onder administrasie geplaas het. Hy het ook die tussentydse raad van Prasa ontbind.

Volgens Mbalula is Mpondo ʼn entrepreneur met ervaring in korporatiewe bestuur. Hy het ook voorheen saam met openbare instellings gewerk om hul bedryfsdoeltreffendheid te verbeter. Hy het verder op die direksie van talle openbare entiteite gedien, waaronder die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) asook die East London Industrial Development Zone (IDZ), South African Express en die Cross-Border Road Transport Agency.

Die minister het bygevoeg dat ʼn diensvlakooreenkoms binnekort met Mpondo gesluit gaan word wat sy opdrag breedvoerig sal uiteensit.

Mpondo sal onder meer aandag moet skenk aan alle kwessies by Prasa wat in die verslag van die ouditeur-generaal genoem is om te verseker dat dié kwessies nie weer opduik nie. Hy sal ook Prasa se sakemodel moet hersien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Die Calvinia Skaap ·

Ten minste kan die res van die wereld nou baie duidelik sien hoe die ANC die land in die afgrond in bestuur. Al die staats beheerde instansies is bankrot.

Jacques ·

Vra ek ook. Kyk daai smile, sien weer geld om te kan weg raak

Johan ·

My probleem hy was op die direksie van verskeie organisaies wat almal nou bankrot ens ens is so as hy nie daar kon behoorlik bestuur toepas nie hoe gaan hy dit hier regkry. Ek ruik n helse groot rot hierso al hierdie administrasies is net om die organisasies te ontbondel en hulle kans te gee om die staatsbates vir n appel en n ui te bekom

JV ·

Mbalula kon nog nie in een van sy ampte n suskses maak nie. Hy maak net geraas en doen niks nie.

Anton ·

Die man het mense nodig met kennis en ervaring om Prasa reg te ruk.

George in Bloem ·

Ek sien hy was op die SAL direksie? Yep,in lyn met ANC riglyne kwalifiseer dit hom onmiddelik vir hierdie pos. Viva comrade. Kom skep vir jou ook. Viva. Lekker op hierdie soustrein man,te lekker.

Db ·

Totsiens prasa net soos die SAL en vorige werksplekke van hierdie wese

Leon ·

Maar net nog ‘n kameraad wat niks van spoorweë af weet nie. Het by instansies gewerk wat ondergaan. Moet seker maar help om meer te skep voordat die deure toemaak.

wraggies ·

As Razmatazz Mbalula volle vertroue het bedoel dit net een ding, dit gaan nie werk nie.

Danie ·

Agbare Minister na 25 jaar in bewind wil julle nou Sakeplanne omkeer.
Volgende grappie

Domvraag ·

Mbalula moes einde Augustus op die etol al geantwoord het en dis nou al Desember?
Is dit three blind mice of is dit two blind
mice? Ek het nog nie een suksesverhaal van gehoor of gesien waar mense op grond van affirmative action aangestel is nie.

Stephanus ·

Hy het die regte kwalifikasie, het op SAL se direksie gedien. Hy gaan GROOT faal.

skurweberg ·

“Die minister twyfel nie daaraan dat hy die regte kwalifikasies het nie”, hierdie is ‘n aanname!! dit se absoluut niks. Soek sy professionele kwalifikasie, nie op watter rade en groepe hy gedien het nie. Sal dan besluit of hy die pos verdien of nie. Ondervinding tel slegs 25% van ‘n persoon se sukses. Sy 22 ander self geprioritiseerde Werkswaardes/ Work Values word niks van gegese nie . Dit is presies hier waar die onbekende faktore in sy werksprofiel voorkom en wat ook as kwalifikasies gebruik moet word. Sigwaarde aanstellings het SA gebring waar ons vandag is. Om ‘n totaliteitsbeeld van die persoon se kwalifikasies te kry beteken baie meer as net “hy twyfel nie daaraan dat hy die regte kwalifikasies het nie.”. As daar ‘n volledige skriftelike en wetenskaplike bewys van redes vir die nuwe aanstelling is stem ek met die minister se uitlatings saam.

Herman ·

Groter grap as die kry jy nie maklik nie – Prasa nou verder gedoem

De Villiers ·

Mbalula self het nie so ń goeie reputasie in die politiek nie en is onbetroubaar. Nou staan hy danig daar en laat hom uit oor sy tevredenheid met ander persone. Dit maak sy uitsprake juis nie gesaghebbend nie.

André-Chris ·

Hy het nou weer op Twitter sy voet in ‘n Nike tekkie gesit.

André-Chris ·

Gaan kyk dan gerus ook wat Erns Roets op Twitter daaroor en Caster se reaksie te sê het.

Scalla ·

Frikkie mbalula, dieselfde gaan gebeur soos jou omkoopskandaal tydens die wereld sokker aanbieding, daar gaan niks van kom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.