Prasa moet werk aan betroubaarheid van treine, sê minister

Blade Nzimande, minister van vervoer. (Foto: Motshwari Mofokeng/ African News Agency(ANA)

Blade Nzimande, minister van vervoer, het die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) opdrag gegee om die betroubaarheid asook kansellerings van sy treine met onderskeidelik 60% en 41% te verbeter.

Dit volg ná ʼn onlangse vergadering tussen Nzimande en Prasa wat belê is nadat pres. Cyril Ramaphosa eerstehands die probleme van vertragings op ʼn onbetroubare Metrorail-diens beleef het.

Die president het verlede maand ʼn  treinrit van die Mabopane-stasie in Pretoria na Bosman-stasie onderneem toe dié trein twee keer onverklaarbaar stilgestaan het en die rit met twee uur vertraag is.

Nzimande het gesê Suid-Afrika se spoorwegstelsel het ʼn verantwoordelikheid om treine, passasiers en ook hul besittings te beveilig deur sekuriteitspersoneel op treine te ontplooi en omheinings of mure by depots op te rig.

Hy het gesê die direksie van Prasa moet ook aandag gee aan die gebrek aan gevolgebestuur nadat die Mountainview-ongeluk naby Pretoria in Januarie vanjaar vier lewens geëis en 620 beseer gelaat het.

“Ek het ook die [kwessie van] vandalisering en brandstigting op treine na die veiligheidsafdeling van die kabinet verwys, sodat die regering beslissend met [daarmee] sal omgaan,” het die minister gesê.

Nzimande het gesê hy sal hom ook beywer om wette te verander sodat die aan die brand steek van treine as ʼn ernstige misdaad van brandstigting verklaar kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dries du Toit ·

Alles apartheid se skuld nè Blade. Daars seker te veel blankes nog by Prasa. Raak ontslae van hom

marous ·

Verkeerd ou lem . Die regering moes 26 jaar terug gewerk het aan hul eerbaarheid .

Alida ·

Vervang die personeel met betroubare mense wat integriteit het en die probleem is opgelos. Die regering wil nie hoor nie. Dit gaan in al die sektore so. Daar is nie fout met die stelsels nie die fout lê by die bestuurders van die stelsels. Hospitale, vervoer, skole, SAL, SABC, Denel, PRASA, ESKOM en so kan mens aangaan tot vervelens toe.

John ·

?.. tot dusver is die brand van treine nie ‘n ernstige misdaad nie? En die minster gaan hom beywer… Sjoe, watter uitputting wag. Hoeveel miljard is reeds so vermors? Al waarin die ANC belangstel is die behoud van die soustrein.

SjN ·

In die goeie ou dae was daar Spoorwegpolisie wat wet en orde toegepas het, alles het verval weens gebrek aan vaardighede, Min Lem gaan seker nou n verbod plaas op verkoop van vuurhoutjies deur winkels, dit mag dalk volgens hom deel van die probleem wees.

Thinus ·

Ag asseblief. Nog ‘n getransformeerde kader ontplooide kiruupte en onbevoegde instansie wat geen clue het wat hulle doen nie. Absoluut pateties en het hulle nie nodig nie. Dis ‘m mors van geld.

Elize ·

Regtig!! Jammer Blade, julle kan praat tot die perde horings kry, maar hier is geen keer meer in die absolute verval van ons land nie. Dit is wat die ANC toegelaat het en julle het beheer oor jul mense verloor. Selfs die polisie laat inperk. Hul kan mos net die situasies monitor. What a joke en sou hul waag om hul eie lewens te beskerm is daar die een ondersoek na die ander. Ek kan net nie verstaan dat die belasting betalers nie oorgaan tot aksie nie. Wonder wanneer tree die man in bruin klere na vore soos oom Siener voorspel het.

Abe ·

Elize,
Los oom Siener vir die vergetelheid. Ons het genoeg lie-ers en bedrie-ers in die land soos dit is.

J. van Rensburg ·

Elize, as ek reg onthou het hy iets gesê van “wanneer ons dinge begin” – die ”donker tyd’ (waarin ons ons nou bevind) stakings, droogte, dan geelperskereën (en dié het juis al plek-plek geval, dan verskyn die man in bruin. Ek moet eintlik my boek bietjie nagaan om weer my ‘datums’ op te dateer, as jy my strekking volg. Laat ons bid en hoop dat hierdie verkiesing wat nou voorlê ‘n paar interessante wendings kan inneem…

Zumie ·

Blah…blah…blah blah …bla…… Moeg vir lee woorde en nikseggende bedoelings……. waar is daar iemand wat iets kan REGKRY

emily ·

AG ASSEBLIEF, More oormore is n trein bietjie laat, dan brand die wereld weer.
Stel mense aan wat weet wat hulle doen.

J. van Rensburg ·

Elize, as ek reg onthou het hy iets gesê van “wanneer ons dinge begin” – die ”donker tyd’ (waarin ons ons nou bevind) stakings, droogte, dan geelperskereën (en dié het juis al plek-plek geval, dan verskyn die man in bruin. Ek moet eintlik my boek bietjie nagaan om weer my ‘datums’ op te dateer, as jy my strekking volg. Laat ons bid en hoop dat hierdie verkiesing wat nou voorlê ‘n paar interessante wendings kan inneem…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.