Prasa neem OB-verslag ernstig op

Popo Molefe. Foto: whoswho.co.za

Popo Molefe. Foto: whoswho.co.za

Die Passasierspooragentskap (Prasa) se raad het onderneem om op te tree teen werknemers wat betrokke was by ongerymdhede wat onlangs in ʼn verslag van Adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), aan die lig gekom het.

Popo Molefe, voorsitter van die Prasa-raad, het Donderdag in Pretoria aan joernaliste gesê die bestuur gaan moontlike regstappe doen om sommige van die geld wat wanbestee is, te verhaal en ook dissiplinêre stappe doen.

“Die raad het aan die waarnemende uitvoerende hoof [Nathi Khena] opdrag gegee om die nodige stappe te doen om al die tenders wat geïdentifiseer is of moontlik onbehoorlik en onwettig toegeken is, op te skort en met die betrokke partye te skakel,” het Molefe gesê.

Madonsela se verdoemende verslag, getiteld ‘Derailed’, het 32 klagtes teen Prasa ondersoek, waarvan die meeste van toepassing is op tenders wat onbehoorlik toegeken is ter waarde van nagenoeg R2,8 miljard. Altesaam 19 van die ondersoeke is gestaaf.

Ses bevindinge het Lucky Montana, geskorste uitvoerende hoof, direk betrek. Hy het intussen onderneem om die hof te nader om die inhoud van die verslag te betwis.

Madonsela het ook bevind dat onbehoorlike aanstellings gemaak is.

Molefe het gesê nog voordat die OB se verslag op 24 Augustus bekend gemaak is, het die raad opdrag gegee dat ʼn onafhanklike ondersoek, gelei deur Werksmans Attorneys, gedoen word om verskeie ongerymdhede wat in die ouditeur-generaal se voorlopige verslag geïdentifiseer is, te ondersoek.

Hy het gesê Prasa se interne ouditeur is opdrag gegee om alle betalings van meer as R10 miljoen te hersien wat sedert 1 April verlede jaar gemaak is om vir onreëlmatige, vermorste en vrugtelose uitgawes te soek. Die ouditeur moet ook alle toekomstige paaiemente van meer as R10 miljoen behoorlik nagaan.

Molefe het gesê dié stappe is alles deel darvan om dié semi-staatsinstelling op te ruim en “goeie korporatiewe bestuur te verbeter.”

Hy het bygevoeg dat Prasa besig is met die hersiening van alle werknemers se kwalifikasies. Dit volg nadat die agentskap se hoofingenieur, Daniel Mtimkulu, bedank het nadat hy erken het dat hy nie die kwalifikasie gehad het wat hy beweer het hy het nie.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Prasa op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

humor ·

Iets oor bly te wees. Daar is darem iemand teen korrupsie werk. Hoop dit is geslaag!!!

nico prinsloo ·

Ek hoop die raad word ook ondersoek of gaan hulle ook soos die regering maak het nie geweet nie baie moeilik om te glo maar daar sal altyd iemand anders wees wat die skuld met n goue handrukgaam kry

Gerhard Bezuidenhout ·

En die betrokke minister stap skotvry hier uit.

scalla ·

Begin sommer met die kwalifikasies by popo (sy naam se in elk geval so), nou een aand op die nuus gehoor hy is n doktor, waar het hy dit bekom/vervals of gekoop, dalk miskien n toordokter sal meer gepas wees vir die man.

christa ·

Ons Land is pateties en korrup op die ou end gaan daar nie meer wit mense oor wees op die land te probeer reg ruk nie want die bietjie word nog uit gemoor ook.

Dan ·

As hulle so inskiklik raak en maak of die OB se bevindings van soveel waarde is, kan jy maar verseker wees iemand word beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.