Prasa ‘op regte spoor’, sê minister

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) is op die pad na herstel, maar het nog nie sy bestemming bereik nie, meen die minister van vervoer, Fikile Mbalula.

Maar die vakbond United National Transport Union (Untu) sê die minister se syfers is verkeerd en hy praat onsin.

Die minister het vanoggend ʼn omvattende, langdurige en uiteenlopende nuuskonferensie toegespreek waar die funksionering van die sogenaamde Prasa-oorlogskamer in die 100 dae sedert sy ontstaan toegelig is.

Betreffende die lot van Daniel Mthimkhulu, die voormalige Prasa-hoofamptenaar wat daaroor gelieg het dat hy oor ’n doktorsgraad beskik en wie se ampstermyn spesifiek rampspoedig vir Prasa was, is besluit om die sowat R5,7 miljoen wat hy Prasa skuld, ten volle van hom te verhaal.

Eerstens is sy pensioen reeds sedert sy skorsing gevries en gaan ʼn groot deel van die verskuldigde bedrag daaruit verhaal word. Die restant sal verhaal word deur ʼn siviele eis teen Mthimkhulu persoonlik.

Rakende die veiligheid van passasiers op treine, het Mbalula aangekondig dat alle private veiligheidswagte op Prasa-treine afgedank is omdat hul werk nie op standaard is nie. In ’n klaarblyklike teruggryp na die dae van die spoorwegpolisie, het Prasa reeds ʼn paar duisend van sy eie veiligheidswagte op treine aangestel.

Die polisie sal ook behulpsaam wees met veiligheid op treine.

Bewegend dan na die veiligheid van treine self het geen ernstige ongelukke sedert die daarstel van die oorlogskamer 100 dae gelede plaasgevind nie, het Mbalula gesê. Stiptelikheid van treine het van 54% tot 63% verbeter, wat volgens Mbalula ʼn merkbare verbetering is, maar nog ver van die mikpunt van 85% is.

Verskeie nuwe treinwaens is aangekoop, onder meer vir die voorstedelike treine tussen Kaapstad en die Kaapse Vlakte, waar verskeie treine ʼn paar maande gelede uitgebrand is. Sinjale word op groot skaal herstel en in die Kaapse metro is 100% van sinjale nou in ʼn werkende toestand. Die situasie in Gauteng verbeter, maar is nog nie op dieselfde vlak nie.

Treine en infrastruktuur word op groot skaal herstel en opgegradeer en koperdiefstal word strenger bekamp.

Mbalula het ook onderneem om eersdaags weer ʼn verslag oor Prasa se vordering te verskaf.

Maar die algemene sekretaris van Untu, mnr. Steve Harris, sê die minister speel nie oop kaarte nie.

“In die Wes-Kaap is daar steeds kansellasies van treine omdat daar te min treine is, en neem ’n treinrit van een uur tot soveel as drie ure weens vandalisme. Geen nuwe treine is sedert 26 Januarie vanjaar in gebruik geneem nie en party dae is tot 80% van kommunikasiestelsels buite werking. Tans funksioneer die treine op die sentrale lyn (Kaapse Vlakte) glad nie optimaal nie, want elke liewe substasie is buite werking.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Feite ·

Fikile hou net soos “ImStaying” en MM se meningsvormers daarvan om positief te klink en populer te wees, terwyl hulle die realiteit en die ware feite van lesers weerhou. Prasa is die spoor byster net soos Eskom en al die ander SOE’s. Diegene wie geveg het vir die behoud van afrikaans by universiteite het die afrikaanssprekendes bedrieg, werkloosheid neem toe onder wit en swart, misdaad neem toe, mense emigreer teen n spoed ens, water word steeds besoedel, SOE’s behou hulle staatskaping status quo, staat se skuld verdubbel en so kan ons aangaan tot kersfees toe of ons kan positief wees en die lesers bombardeer met n klomp sentimentele snert!

André ·

PRASA het lankal ontspoor, en sal nes TRANSNET, EKSDOM ens. nie weer herstel voordat die regte mense met kennis her-aangestel word nie.

KO ·

Nog n goue seun van Afrika wat nie weet wat sy “job” behels.

JohanR ·

As ou Fikile Mbalula nou dink die trein is op die regte spoor, wonder wat die ANC minister voor hom Blade Nzimande, meer besig was?

Michael P ·

Jong die Minister val van een dept. na n ander weet nie eintlik waaroor dit gaan nie Tot die vakbond SE hy praat snert.

KFN ·

Dit is die kern van die probleem. Van die oomblik in 1994 toe politisie skielik salarisse verdien het en hulle posisies as ‘werk’ geklassifiseer is, het die hele land in duie gestort.

Hu ·

Watter sjinale werk ek weet van sjinal wat al amper ‘n jaar nie werk nie. Hulle vroegste trein voor 4 in die oggend kan nie eers betyds loop nie wat nog te se van spitstyd grap van die jaar

wilma ·

LMGA. Die minister heti clue van spoorsake. wonder wat hy sal se indien hy kan weet wat stiptelik is voor 1994. Treine een min laat was het poppe gedans. gn treine het gestaan sinjalenie gewerk het nie. Maar die ou sal nie glo nie. Hy sal soos n gek voel.

SjN ·

Orals waar Frikkie betrokke was het geflop, wat het geword van die omkoopgeld saak saam met Danny tydens wêreld beker sokker bod van R 10 milj

Chris Ws ·

Fikile Mbalula gaan wakker word dan is die trein al laaaankal weg!Siestog!En daai voormalige Prasa hoof amptenaar moet strafregtelik aangekla word vir berdog en AL sy bates gekonfiskeer word.Maar Fikle wil hom net oor die vingers tik sien ek.Prasa is VER van reg af en sal ook nie onder Fikile regkom nie.Hy is te lig in die broek vir daai job!

Gatvol ·

Vra vir my broer Frik(ile) hy lieg nes ik!! Skaam die man nie vir hom nie?

emily ·

Ag asb, Kry mense daar wat weet wat hulle doen.
Julle sal nooit wen met die spul wat nou probeer slim wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.