Prasa-raad van korrupsie aangekla

Argieffoto

Die huidige en vorige raad van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) gaan almal deur die DA van bedrogverwante oortredings aangekla word na aanleiding van die instelling se weerhoude jaarverslag, wat aan die DA gelek is.

Die DA-LP’s Manny de Freitas en Zak Mbhele het vandag aangekondig dié jaarverslag word al 318 dae van die parlement weerhou.

Prasa het al vir 13 maande nie meer ʼn voltydse raad nie, en die DA beskuldig die regering daarvan dat een van die redes is dat korrupsie toegesmeer word.

Nou het ʼn gelekte verslag oor die stand van Prasa uit die kantoor van die ouditeur-generaal die sluier oor die waarskynlike rede vir die stilswye gelig.

Luidens die syfers in die verslag is Prasa op die punt om inmekaar te stort met ʼn verlies van R1,3 miljard vir die afgelope boekjaar en R4,5 miljard opgehoopte verliese.

Die ouditeur-generaal toon aan dat daar groot kapitaaluitvloei uit die organisasie is en dat Prasa geen stelsels het wat hieroor waarskuwings gerig het nie.

Uit ʼn monster van 36 voorbeelde wat deur die ouditeur-generaal geneem is, was daar wanbestuur in elkeen. Op verskeie plekke is tendervoorskrifte en -bevindings geïgnoreer of die verkeerde wenner van die tender is aangewys.

Die DA gaan dus nou strafregtelike klagte indien teen die hele Prasa-raad vir oortreding van die wet op die bestuur van openbare bates.

Voorts stel die DA as beleid voor dat die huidige spoorwegstelsel gestabiliseer en verbeter moet word deur onder meer die instelling van ʼn gerekenariseerde sinjaalstelsel, die samevoeging van Prasa en Transnet, die oordra van metro-spoorwegdienste aan die metro’s en meer geleentheid vir private eienaarskap van spoorvervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Celtis Africana ·

Uit n monster van 36 voorbeelde was daar wanbestuur op elkeen.
Ek wil my verstout om te sê dat in die hele staats en semi-staatsdiens sonder uitsondering die korruptiewe gedrag ten prooi geval het. Dit loop diep en wyd en die eerlike amptenary is eerder die uitsondering as die reël. Sal CR dit uitgeroei kry? Onwaarskynlik. Ons is in vir n rowwe rit in die kaalgestroopte, verloopte land.

Tertia Human ·

wie gee die staat die reg om Geskiedenis af te dwing op ons kinders??? BETAAL JY MY KIND SE SKOOL GELDE? GESKIEDENIS SIT NIE KOS OP DIE TAFEL NIE TENSY DIE INDIVIDU DIE VAK WIL BESTUDEER VIR DIE TOEKOMS AS N INKOMSTE IN SY LEWE.

marous ·

Skelm , skelmer , skelmder , skelmste …dan kry jy regerings ampenarre in sa

sandra ·

too little, too very, very late. die kalf is in die put en die reddingstou het afgevrot. dis net die stank wat oorbly

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.