Prasa se bankrekening ‘is leeg’

(Argieffoto: Shosholoza Meyl/Facebook)

Die United National Transport Union (Untu) sê die Passasierspooragentskap (Prasa) se geldkoffers is leeg – ʼn situasie wat groot kommer wek.

“Die realiteit op grondvlak is dat daar nie geld is om eenvoudige goed soos remme vir die versiening van Braamfontein, byvoorbeeld, se treine te koop nie. Die aankoopproses is ʼn totale nagmerrie. Dit was nog altyd, maar dis nou regtig soveel erger,” het Sonja Carstens, Untu-woordvoerder, gesê.

GroundUp het vroeër berig die regsfirma Werksmans-prokureurs het boonop nou sy regsdienste aan Prasa opgeskort weens ʼn uitstaande rekening van R19 miljoen. Die firma moes die sukkelende agentskap in verskeie hofsake verteenwoordig. Talle van dié sake word gevoer om miljoene rande se skuld, wat weens korrupte tenderprosesse uitbetaal is, te probeer invorder.

Werksmans het Prasa vyf dae gegee om die skuld te vereffen of verdere stappe gaan volg.

(Argieffoto: Armand Hough/ANA)

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het Prasa in Desember onder administrasie geplaas en die tussentydse raad ontbind. Bongisizwe Mpondo is as administrateur aangestel.

Mbalula het toe gesê sy departement het ʼn oorsig van Prasa gedoen en op grond hiervan besluit dat deurslaggewende ingrypings op leierskap- en bestuursvlak nodig gaan wees om die instelling reg te ruk. Volgens die minister sou die blote vervanging van ’n tussentydse raad met ’n permanente een nie Prasa se probleme oplos nie.

“Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat ’n meer indringende ingryping belangriker is as die aanstel van ʼn permanente direksie. Só ʼn ingryping moet vinnige omkeertye in die besluitneming moontlik maak om die bedryfsprestasie te stabiliseer,” het Mbalula verlede maand gesê.

Die regering het verlede jaar ook R9 miljard van Prasa eerder aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) toegeken.

“Nou sit ons met die gebakte pere,” het Carstens gesê.

(Argieffoto: Untu)

“Die realiteit is dat Prasa se bankrekening op die oomblik gevries is. Daar is nie geld in Prasa se bankrekening nie. Dit is regtig vir ons ʼn uiters kommerwekkende situasie.”

Carstens het gesê Mpondo het Untu verseker dat hy alles moontlik doen om Prasa weer op dreef te kry. Wanneer die vervoervakbond aanstaande maand weer met hom vergader, is daar hopelik minstens weer geld in die Prasa-rekening.

“Daar is geen waarborge nie. Daar is byvoorbeeld ook geen waarborg dat daar geen afleggings by Prasa gaan wees nie, wat vir ons uiters kommerwekkend is.”

Prasa se kernbates sluit in Metrorail en die Shosholoza Meyl.

(Argieffoto: Facebook)

“Dit is ʼn situasie waar die regering en spesifiek pres. Cyril Ramaphosa, toegelaat het dat die een na die ander minister Prasa die afgelope vyf jaar in die afgrond kon dryf. Dit is waar ons vandag sit: daar is geen behoorlike spoorvervoerstelsel in hierdie land vir pendelaars nie en die land se ekonomie is geweldig geknou,” het Carstens gesê.

Maroela Media het ʼn navraag aan Prasa gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

daniel ·

Lee geldkoffers is niks nuut waar die ANC betrokke is nie. Ek sou voorstel dat die hele land met al die SOE.s geprivatiseer word. En die regering in totaliteit afgedank word.

Wilhelm ·

Nee, maar dis snaaks. So ry die trein, so ry die trein…

Johann cb ·

Terwyl korrupsie hoogty vier, sal Staatsentiteite nie fondse hê nie!

Humor ·

Prasa het te laat besef om brieke aan te draai nou is daar geen brieke nie.
Mbalula het te laat ingegryp. Die groen vlag is gewys en toe is daar NIE meer n rooie om die trein te stop nie.
Werksmann het te laat Wakker geskrik en nou is dit vergoet neusie vir almal verby.

Magda ·

OMG How ong is our CORRUPT PARLIAMENT ALOUD THIS STEALING from the TAX Payers – ANC when wil lthe people responsible for this been charged, and all you do is change the management from “worst to worst” and all the guilty people just walk free with all those millions in their bank accounts. How do you stand in front of the people and look them in their eyes, and still LYING to them – SHAME ON YOU ANC – JUST GO – PLEASE JUST GO AWAY. YOU JUST MAKE SA IN AN DIRTY / NO SERVICE / CORRUPT COUNTRY. USELESS COUNTRY.

J ·

Cyril, doen maar weer wat jy bij Escom gedoen het om die saak te red: stel ‘n wit man aan !

Pampoen ·

Weereens onbevoegde persone wat aangestel was omdat hulle kaders is. Kry maar die geld terug van die onbevoegde persone wat bevoeg genoeg was om korrupsie om korrupsie te pleeg

Petrus ·

Nee wat, glad nie vreemd. Al’s is oral leeg en tot niet!

KO ·

Ag nee wat, maar moenie te negetief wees nie Theo Vorster se ons is beter af.

Anel ·

Steek maar die ander treine ook aan die brand…. As als eers afgebreek is sal iemand seker weer moet opbou.

Feite ·

Prasa is maar net nog n voorbeeld van sosialisme wat sinoniem is met korrupsie vir selfverryking van ANC kaders. Prasa, net soos Eskom en SAL se bankrotskap het dit ten doel om as motivering te dien vir die regering om beheer oor fondse wat nog beskikbaar is te kry en aan te wend as reddingsboeie. Sosialiste verryk hulself deur entiteite bankrot te bestuur sodat hulle hulself nog verder kan verryk deur reddingsboeigeld, terwyl mense wie se geld dit is wat gebruik word, dan sonder geld sit. So raak die sosialiste skatryk met gewone mense se swaarverdiende geld en dit sal so aanhou totdat gewone mense geen geld en geen werk oor het nie. Opposisiepartye se versuim om die ANC te stop voorspel dat gewone mense een van hierdie mooi dae saam met Prasa, Eskom en SAL, bankrot gaan wees terwyl die kaders soos konings gaan lewe!

Die regte Pampoen ·

Die ongeluk van die feit dat die koffers leeg gemelk is, is dat daar mense afgelê (retrench)word as gevolg daarvan. Steeds is daar nog nooit iemand wat sy kop laat hang het in skaamte nie. Dis vir my die ergste.

JohanR ·

Moenie worry nie Prasa. Die ANC sal sommer gou gou vir julle R2 miljard van belastingbetalers se geld gee. Julle kan dan gou gou, en soe stil as moontlik sien of julle die 2 miljard kan opdeel in julle privaat bank rekeninge in!

Thinus Erasmus ·

Die Wiele van die trein val af af af
Die wiele van die trein val af af af ………..

PJ ·

Hoeveel keer moet daar nog bewys word dat die ANC eenvoudig nie opgewasse is om enige besigheid of ons land suksesvol te bestuur nie? Alles wat hulle aan vat eindig in n gemors.

PJ ·

ANC is en sal n grap bly in die oe van die wereld. Dis swaar as jy nie weet dat jy nie weet nie.

Erika ·

Watter staatsinstellings is nie bankkrot nie? Is daar een dalk?

Werner ·

In hulle eie oe is hulle die wonderlikheid vanself te dom om die teendeel te besef

Feite ·

@Werner. Die sosialiste is nie dom nie, hulle is almal kop in een mus met n plan. Hulle plunder die staatsentiteite en verryk die ANC elite. Die kaders word aangestel deur die regerende party wie hulle bloot herontplooi wanneer daar nie meer geld is om te plunder nie, voordat die regering weer ander kaders aanstel en vir die staatsentiteite sogenaamde reddingsboeie gee. Die nuutaangestelde kaders herhaal die proses van plunder en so sal die proses homself aanhou herhaal totdat daar geen meer geld oor is nie, terwyl die ANC elite skatryk is en die res so brandarm soos die SOE’s!

Deon ·

Al hierdie SOE’s word soos n politieke party bedryf en nie soos n besigheid nie

Linda Browne ·

Ons was 3 dames wat met vakansie was, Kaap toe. En wat ń nagmerrie. Met die terugkom met die Shosaloza 19 Januarie 2020. Op Wellington is ons summier gevra om van die trein af te klim. Ons is met ñ City to City terug gevat Kaapstad stasie toe, omtrent 23h00 en ons in ons eie lot oorgelaat. En sien kom klaar om tot in ons bestemming te kom in Klerksdorp. Was ń nagmerrie.

SjN ·

Die fondse is slegs geskuif na die kaders se persoonlike rekenings.

Janee ·

He he he he he. Landbank, Prasa, Eskom, SAL, Munisipaliteite, Sanral, RAF – Cyril, kry jy nie skaam nie? Groot suksesse onder jou adjunk-presidentskap en nou presidentskap

Arno Scheepers ·

Hoekom sal hy skaam wees, sy bankrekening raak al voller.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.