Prasa-voorsitter afgedank ná skandaal oor luukse huis

Leonard Ramatlakane (Foto: ANA)

Leonard Ramatlakane, raadslid en voorsitter van die Passasierspooragentskap (Prasa) se raad, is afgedank.

Die departement van vervoer het Dinsdag bevestig dat Ramatlakane die trekpas gekry het ná ʼn interne ondersoek bevind het dat hy ʼn luukse residensiële eiendom in Nuweland, Kaapstad – wat gebruik word as verblyf vir Prasa-bestuurders wat reis – ongemagtig gebruik het.

Ramatlakane het na bewering sy gesin in die eiendom laat intrek terwyl opknappingswerk aan sy eie huis gedoen is. Hy het glo ook sy 70ste verjaardagmakietie by die huis gehou.

Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer, het nietemin haar dank teenoor die voorsitter vir sy leierskap en werk betuig wat volgens haar gelei het tot die herstel van dertien spoorlyne. Die spoorlyne en stasies het tydens die Covid-19-inperking onder ernstige vandalisme deurgeloop, waarna ʼn spoorherstelprogram van stapel gestuur is.

“Hy het die teiken van tien spoorlyne – wat aanvanklik deur Prasa vir herstel beoog is – verbygesteek. Dit is onder sy toesig dat Prasa ʼn aansienlike aantal spoordienste in verskeie metro’s in die land kon herstel en dit het verseker dat Prasa weer sy status terugkry as ʼn pendeldiens vir groot getalle mense.”

Die departement sê ook hy is verbind tot skoon administrasie en bestuur in al sy afdelings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Faraway ·

Ag genade …… hoe verdraai is mense se prioriteite en sieninge nie!!!

Vrystaat2109 ·

Wys vir my een net een anc kader wat NIE met sy hand in die koekieblik sit nie van bo tot onder, almal dieselfde!!

Estelle ·

Afgedank met sekerlik n goue handdruk wat ek in my werkende lewe nooit sou kon bymekaarmaak nie.

Chris dupreez ·

Die man word afgedank vir oneerlikheid, maar hy word bedank omdat hy sulke goeie werk gedoen het en so goeie leier was.

Surfer ·

Presies, seker in die pad van die “affirmative shopping” brigade, raak ontslae van hom.

Papsak ·

Wat is goed in hulle daar niks goeds in hulle nie regtig agter af en bly skelm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.