Prasa-werkers keer terug werk toe ná 5 jaar

Argieffoto

ʼn Groep van 700 werkers wat vyf jaar gelede na afloop van ʼn beskermde staking deur die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) afgedank is, het Maandag hul bankbesonderhede geverifieer voordat hulle sal terugkeer werk toe.

Dit kom nadat die konstitusionele hof ʼn appèlaansoek deur Prasa ter syde gestel het. Prasa het appèl aangeteken teen ʼn uitspraak deur die Arbeidsappèlhof verlede jaar waarin hy beslis het dat die werkers weer aangestel moet word. Prasa het by die konstitusionele hof appèl aangeteken en aangevoer hy kan nie terugbetalings vanaf 1 Februarie 2013 aan al die werkers betaal soos die hof beveel het nie.

Die werkers, wat deel is van die National Transport Movement (NTM), is afgedank nadat Prasa hulle daarvan beskuldig het dat hulle treine ter waarde van R42 miljoen gebrand het gedurende die staking.

Nkosinathi Sithole, ʼn woordvoerder vir die afgedankte werkers, het gesê die spooragentskap verifieer nou al die werkers se inligting om seker te maak dat alles op datum is. Sithole het gesê die Prasa-werkers sal na verwagting tussen Maart en April terugkeer werk toe.

“Prasa het gesê teen die einde van Maart behoort alles uitgesorteer te wees en werkers sal terug by die werk wees.”

Die spooragentskap het in 2013 kennisgewings aan werkers gestuur waarin hulle gevra is om redes te verskaf hoekom hulle nie afgedank moet word in verband met voorvalle by die stasies en depots in Januarie 2013 nie. Prasa het gesê hy was nie tevrede met die verduidelikings wat die NTM aan hulle verskaf het nie en die werkers is afgedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

De Villiers ·

Was hulle toe skuldig bevind aan brandstigting? Indien wel, is dit te verstane dat hulle afgedank is, en is dit belaglik dat die howe nou hierdie besluit geneem het. Daar moet eintlik ‘n register saamgestel word wat beskikbaar is vir die publiek van brandstigters wat werkgewers kan gebruik voordat aanstellings gemaak word, want sulke mense is ‘n gevaar vir die samelewing.

marous ·

En hulle moet seker elkeen 5L petrol kry as hul begin werk ….

Lolla ·

Kom ek raai, te danke aan die hof uitspraak, word kriminele gedrag goed gekeur en sal ons dus hierdie soort optogte met geweld en verwoesting meer dikwils sien, prasa sal binnekort bankrotskap verklaar, alle werknemers van prasa sal sonder werk sit. Nice! En dis die beste wat hulle kan doen as jy wil weet hoe ons hierdie land moet bou. Kom mense wat by die hof werk se geleerdheid/opleiding ook uit n “lucky packet”?

Herman ·

Wat gaan daai 700 doen terug by die werk? Ek is seker daar was nie soveel buite kontrakteurs wat vir daai poste ingestaan het nie. Ledigheid is die duiwel se oorkussing..

OH MY WORD ·

EN PRASA Is reeds half bankrot .. nou moet hulle nog 700 mense betaal . nog ‘n sinkende skip wat met wittes se pensioengeld gered moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.