Prasa wil spoorveiligheid in Kaapstad verbeter

Prasa (Foto verskaf deur Untu)

Die Passasierspooragentskap in Suid-Afrika (Prasa) het Woensdag gesê hy onderneem om, saam met Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse provinsiale regering, veiligheid vir passasiers op te skerp.

Prasa het gesê hy bly verbind om R16 miljoen by te dra tot dié gesamentlike veldtog om ʼn bykomende 100 veiligheidsbeamptes op die Kaapse spoorwegnetwerk op te lei en te ontplooi.

“Die Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse regering het reeds hul R16 miljoen bydrae beskikbaar gemaak tot die gesamentlike doel van R47,9 miljoen wat benodig sal word om die nuwe eenheid vir ʼn periode van 12 maande aan te stel,” het Brett Herron, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir vervoer, in ʼn gesamentlike verklaring bygevoeg.

“Die opleidingsproses van meer as 70 veiligheidsbeamptes het reeds plaasgevind met die fondse wat reeds beskikbaar gemaak is. Die opleiding van nog 30 beamptes sal binnekort begin.”

Dit volg ná ʼn ooreenkoms in Mei 2018 onderteken is waar al drie partye hulself verbind het tot die aanstelling van ʼn spesiale spoorwegeenheid.

“Die voortgesette aanvalle op die spoorwegnetwerk, wat hierdie noodsaaklike dienslewering bedreig het, het dringende ingryping benodig,” het LUR vir vervoer, Donald Grant, gesê. “Ons is van voornemens om dié kwessies aan te roer tydens die komende imbizo met die nasionale departement van vervoer en nasionale vervoerminister dr. Blade Nzimande.

Die Stad Kaapstad, Prasa en die Wes-Kaapse regering het gesê hulle bly verbind om saam te werk om die vandalisme, diefstal en misdaad wat Kaapstadse pendelaars teister, aan te spreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Yster ·

Bietjie laat nê. Dit sal nie ophou nie. 100 polisiemanne in elk geval te min om iets te doen.

Alida ·

Hoekom gewag tot die treine gebrand het. Toe die eerste een gebrand het moes daar al opgetree gewees het. Ai ai Afrika tyd.

John ·

En wie het gebaat by minder treine…. die taxi’s. Baie interessant. En steeds word niemand op heterdaad betrap nie… nog meer interessant.

Hanna Hoekom ·

Begin belonings uitloof vir die ingegtenisname (en vervolging) van die brandstigters. Maak n voorbeeld van hulle! Daarna kan julle begin treine herstel. Anders is dit n kwessie van “fighting a loosing battle” aangsien hulle die herstelde treine ook sal afbrand.

Hello ·

Is PRASA nie bankrot nie? Julle neem nooit brandstigters in hegtenis nie. Hellen Zille het skokkende statistieke getoon dat van die miljoene rande se skade aan treine net twee of drie mense in hegtenis geneem is en nooit eers gevonnis is nie .. So opsetlike beskadiging van eiendom is ook lyk dit my nie meer ‘n crime nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.