Pravin Gordhan gee terugvoer aan studentegeldekommissie

studentebetogings 2015 feesmustfall fees must fall

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Indien meer fondse beskikbaar gemaak moet word vir naskoolse opleiding, sal ʼn herprioritisering van fondse vir ander programme gedoen moet word óf ʼn verhoging in belastinginkomste vereis word, het Pravin Gordhan, minister van finansies, Vrydag gesê.

Gordhan het sy terugvoer gegee aan die kommissie wat die moontlikheid van gratis hoër onderrig ondersoek. Die kommissie is tot stand gebring nadat studente verlede jaar aan die uitgerekte #FeesMustFall-betogings deelgeneem het.

“Die regering probeer deurlopend bepaal waar ons bykomende finansiering kan vind om arm studente en die sogenaamde ‘vermiste middel’-studente te ondersteun,” het hy gesê.

“Daar is baie eise in die regering – uit alle oorde van die samelewing. Die vraag is hoe mens aan al hierdie eise voldoen, watter jy prioritiseer en as jy die klem op een plaas, wat gaan jy uitsluit. Ons wil verkieslik ʼn volhoubare omgewing hê waar ons aan so veel as moontlik behoeftes voldoen, insluitend ʼn beter fokus op hoër onderwys en opleiding.”

Hy het gesê die regering is gereed om met belanghebbendes in gesprek te tree en finansieringsreëlings te tref vir die toekoms.

“Gegewe die omvang van die finansieringsvereistes, is dit noodsaaklik dat ons ʼn duidelike pad vorentoe moet bepaal om ʼn beter hoëronderwys- en opleidingstelsel te vestig. Ons moet duidelik aandui hoe die samelewing toegang tot hoër onderwys, geleenthede, finansiering en ondersteuning vir studente gaan bereik.”

Gordhan het gesê verdere aankondigings sal binne die volgende paar weke gemaak word.

Altesaam 615 000 universiteitstudente sal oor die volgende drie jaar NSFAS-lenings en beurse ontvang. Oorplasings na NSFAS sal na verwagting van R11,4 miljard in 2016/17 tot R13,9 miljard in 2019/20 styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johanna Botha ·

Die mense dink jy kan net geld druk en dit uitdeel …doen dit dan ek kyk wat gebeur !

Flibo ·

Dis belaglik. Waar gaan dit stop ? Seker weer die belasting verhoog !!!

Johann ·

Gordhan dink jy Jan Publiek moet vir die klasgelde betaal, is dit wat jy sê, in daardie geval kan elke betoging ten opsigte van dit voortgaan solank dit nodig is om vir jou te sê ons sal nie

Rina ·

Belaglik. Ons het geen kinders nie, so hoekom moet ons vir ander mense se kinders betaal wat wil studeer. Laat hul ouers meer belasting betaal

Johann ·

Ja Johanna Botha, wens net hulle wil nou weer vir ‘n keer die R200 note pres terug gee wat hulle geleen het. Ek het die voorreg gehad om in die laat 70s die reserves te kon aanskou in die Reserwebank se kluis, dit was oorvol, ou kan seker nou daar binne dans

AL ·

Zuma gooi buzzwords soos free education and radical economic transformation rond sonder dat hy die Tesourie in ag neem. Met die gevolg is dat Pravin Gordhan agterna met groot kopsere sit hoe om dit gebalanseer te kry in n reeds kaalgesteelde ekonomie.

w ·

In die eerste plek hukom wil die wie skaars matriek geslaag het gan studeer. Verdere studie is beslis ni vi die wie sukkel om te leer nie. Kry dit in jul kop. Dis net vir die studente wie begaafd is of trap ek nou weer tone

w ·

Bring di standaarde trug van tu ons matriek geskryf het in di laat sewntigs. Dan kyk ons huveel leerders slaag matriek. Glo my dit sal baie min wees

Christa ·

Gordhan moet net die miljarde wat die ANC die laaste 23 jaar gesteel en wanbestee het (en STEEDS DOEN) terugbetaal kry en hulle sal ‘n paar geslagte se kinders verniet daarmee universiteitsopleiding kan gee!!! THEY MUST ALL PAY BACK THE MONEY!!!!

Anoniem ·

Daar is ‘n maklike oplossing, en dit lê by diegene wat met NSFAS lenings studeer het, reeds werk en nog nie hul skuld terugbetaal het nie. Daar moet outomaties maandelikse aftrekkings by hul salarisse gemaak word totdat hulle al hul NSFAS skuld afbetaal het. Die wetlike ooreenkoms van ‘n léning is tog dat dit uiteindelik terugbetaal word? Hierdie studente blêr so maklik dat andere vir hulle moet betaal, maar as dit hulle beurt is om te betaal, dan wil hulle nie.

JP ·

Hoe belaglik is dit nie. Ek stem dat daar na arm studente wat goeie punte behaal gekyk moet word. Ek moes my kind se studies maar self betaal. Haar uitstekende punte het nie eers vir haar ñ beurs besorg nie. Die hartseer is egter na sudies voltooi is – word poste aan BEURS studente toegeken en moet die ander vir baie kleiner salaris werk. Onderwys is uitstekende voorbeeld. DEPT ONDERWYS verplig skole om beurs studente aan te stel. My dogter het in totaal 18 onderskeidings gekry en verdien 10 000 ń maand sonder enige voordele. Die skool kan haar nie meer betaal nie en sy doen presies wat haar mede kollegas doen. Hierdie kriminele wat alles afbreek en verwoes gaan eendag in top poste aangestel word. Sommige van hulle se pa’s dit reeds in topposte maar hul word op die ma se van registreer so nou val hul onder die minder bevoorregtes. Ek weet want my baas se salaris is 60 000 ‘n maand’ sy kinders gaan saam met my kind skool en hy betaal nie vir een van die drie skoolgeld – Op ma se van en sy is “werkloos” en ouma se adres is opgegee. Korrup!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.