Pravin Gordhan glo binnekort vervolg

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, kan na bewering binnekort saam met agt ander mense vervolg word vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

The Sunday Times berig dat betroubare bronne binne die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bevestig het dat die Valke ʼn dossier aan die NVG oorhandig het waarin die minister se betrokkenheid by die eenheid uiteengesit word. Ander mense wie se name ook glo in die dossier genoem word, is staatsaanklaer Gerrie Nel en voormalige SAID-hoof Johann van Loggerenberg.

Volgens die koerant wag die NVG nou op die “politieke groen lig” voordat hulle met die vervolging voortgaan.

Die sogenaamde rogue-eenheid is glo op die been gebring terwyl Gordhan SAID-kommissaris was om na bewering op belastingbetalers te spioeneer. Gordhan het vroeër in antwoord op vrae van die Valke oor die geheime eenheid gesê die eenheid is volgens sy kennis wetlik op die been gebring en binne die grense van die wet bedryf.

Gordhan het gesê die eenheid het uit 26 werknemers bestaan in sy tyd as SAID-kommissaris en was deel van die SAID se handhawingstrategie, “soos die meeste belasting- en doeane-administrateurs wêreldwyd ook doen”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Hennie ·

Dis nooit anders nie! Hy wil nou seker weer een sy “gabbas” aanstel wat hom kan beskerm, en volle toegang tot die staatskas kan kry!

Frederik ·

Ongetwyfeld. Hy sal enigiets doen om van Mnr Gordhan ontslae te raak.

Poplap ·

Ian Pistorius
Waarom is jy so bly dat Gerrie Nel se naam ook op die regime se wenslys verskyn?

Cherokee ·

Poppelap, dit is oorlat Ian Pistorius ‘n handtekeningjagter is wat blomme (en sy baadjie as dit reën) strooi in die pad waar bekendes loop.

Frik van SA ·

Nog n voorbeeld hoe ons geagte president staatsstrukture gebruik om homself te bevoordeel. Kan nie wag om te sien hoe die finansiele markte gaan reageer indien hierdie heksejag voortgaan nie !

Rupert Ashford ·

Moet nie die ou Jakkals onderskat nie. Hy sal ondergaan “with guns blazing” as hy dan moet ondergaan. Daar is geen eer aan die man en sy gespuis nie.

John ·

‘n Heksejag. Mens wonder wie moet beskerm word. Ons land is nog nie bankrot genoeg nie. Hallo rommelhoop! Hi rotte en ‘pes’. Ek glo nie die ANC het al gehoor van die Peter Principle nie. Oupa Mogabe se land is ‘n goeie voorbeeld, maar ons is verrrr van daar. Dit sal nooit ooit as te nimmer hier gebeur nie. Ja, a, a. Miskien moet ek my paar rante vir US$’s inruil.

Dee ·

Die ANC se jag op blankes het nou uitgebrei na die indiërbevolking ook.

Piet Piper ·

Jacob Zuma en ‘n hele klomp van sy lakeie is ernstig siek. Dis ‘n siekte so eie aan Afrika Politici. Dis ‘n kruising tussen verwaandheid en onnoselheid.

Ander Koos ·

Bizar!! Waarom nou? Kon mos Gordhan vervolg het in die tydperk toe hy nie finans minister was nie. Zuma en sy meelopers probeer regtig hulle bes om SA tot rommelstatus te neem. Dink seker dat hulle dan nog meer met staatsgeld kan baljaar as die wereld SA afgeskryf het

Lance ·

So wil hy sy saak net verder bevorder ..die hele land sien deur dit …hoe het ons beland in die situasie waar skelms die land regeer …wat se dit van die ondersteuningsbasis se tiepe mense wat heeltyd vir die mense stem ..geen wonder dis n gemors …a hot steamy mess !!

Katrynkie ·

Gaan ‘n goot fout wees van die staat se kant af indien hulle die groen lig gaan gee. Ek hoop Pravin Gordhan was slim genoeg om afskitfte van die dossier iewers in veilige bewaring te hou vir eendag wanneer hy dit mag nodig kry…

Jan maak n plan ·

Dis dalk n baie goeie ding dat hulle met mekaar meer begin baklei want dit gaan veroorsaak dat al die gekonkel en onderduimshede openbaar gaan word en dit kan hulle vinniger tot n val bring.

Drikus ·

Mnr Gordhan is nie onnosel nie. Sy leêrs is vol van inligting wat hy weet hoe om te gebruik as Z of sy Valke aan hom sou raak. Hulle sal dit bloot nie waag nie. Cheers Z!

Schalla ·

Jy is reg weet jy,as jy mooi kyk na die foto van die artikel sal jy sien dat die dokument in sy hande nie sigbaar is vir die blote oog nie.

My opinie ·

Dis net ‘n manier om die fokus van zuma te verskuif en vervolging vir sy korrupsie aanklagte onder die mat te vee. Min Gordhan hou hul in toom wat die staatskas betref daarom is hy ‘n doring in zupta en kie se vlees.

Cobus ·

Dit is duidelik dat die regrering hard werk om RommelStatus te verkry. Kan hulle nie leer uit hulle foute nie?

gawie ·

hy gaan vervolg word omdat hy s a van rommelstatus probeer reg.kan net my kop skud.

John ·

Alweer die miljarde vir daai vliegtuig, aai tog … Ons president het sy tantrum-danspassies uitgehaal, selfs ‘n ertappel of 2 in die vliegtuig se uitlaatpyp gedruk en al sy speelgoed uit die pram gegooi. Ek wil dit he … en ek gaan dit kry… al slaan die US$ ook R30.

pieter ·

Eeish ! Z equals G equals millions of corruption equals bankruptcy equals zero value for the Rand against all other money currencies

vermeende ·

There is no honour amongst thieves!

Hulle is mos beide ANC!?……vlieg aan mekaar, ons wil net snot bloed en hare sien.

Joann ·

As Gordhan vervolg word dan moes zuma en sy gespuis al weg gewees het,hul die ergste wat daar was en is.

Ben Potgieter ·

Ben Badplaas
Moet nie ANC beleid vergeet nie,alles wat gewerk het moet vernietig word waar witmense betrokke was.Skole,polisie,hospitale,staat instelings ens.Al wat oorgebly het was die SAID wat goed bestuur was toe Pravin Gorhdan daar was.Nou is hy terug en moet hy ook verwyder word sodat die instelling onder kan presteer soos die vorige persoon dit gedoen het.

Piet ·

Die Staat is niks anders nie as die samevoegings woord wat die regmatige Burgers van die land beskryf. Staats Instansies beskryf gevestigde Instansies in bedryf namens die Staat.

Opvolgende Regerings word demokraties verkies en ingesweer om namens die Staat die RSA en alle Staats Intansies teen enige aanval, insypelling, oorvat en/of misbruik te beskerm en behoorlik te bestuur en bedryf in helyke beste belang en eksklusiewe Netto wins voordeel van die Staat, aldus net regmatige RSA burgers. Eed verbreking onverskoonbaar.

RSA Konstitusie en Mense Regte aanhangsel is die als oorheersende voorgeskrewe Wet van die RSA. Dit is beslis nie ‘n sosiale kontrak of watookal anders uit die duim gesuig om die oppergesag van die Konstitusionele Hof of Artikel 9 Instellings te omseil of verkleineer nie.

Nico ·

Sterkte mnr gordhan hulle gaan jou bykom dis verseker nog nooit was die anc eerlik nie wat my egter pla is dat u nog steeds deel is van hulle en dat jy gaan ingee aan die druk die anc wil die verkiesing wen en hulle gaan van jou ontslae raak ongeag wat met die land gebeur

Zumie ·

So ‘n paar ou knaende vragies:
1) Wanneer is hierdie eenhede ingestel en hoeveel jaar het dit nou gevat om agter te kom dit is onwettig – kom ons raai die regte waarheid – dit was nog altyd in orde en aanvaarbaar om geld te gryp (konstitusioneel of andersinds) vir die staat maar waarskynlik het die eenheid toe nou die fout gemaat om van die heilige koeie te teiken en nou is dit misdaad en onkonstitusioneel..
2)Hoe gereeld word die NVG deesdae gebruik met politieke doeleindes…
3) Wat gaan die gevolge van hierdie tipiese Afrika magspeletjies wees vir die ekonomie en v\beleggersvertroue…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.