Pravin Gordhan gooi knuppel in Gupta-hoenderhok

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan, minister van finansies, het hofstukke ingedien om uitsluitsel te kry oor sy verpligting as minister om die Guptas by te staan in hul stryd teen die land se banke.

Die respondente in die hofstukke is 14 geregistreerde maatskappye in die Oakbay-groep van maatskappye wat bande met die Guptas het sowel as Absa, Standard Bank, Nedbank, FNB, die president van die reserwebank en die Finansiële Intelligensie Sentrum (FIC).

Gordhan verwys in die hofstukke na ʼn dokument wat hy in Augustus van die FIC ontvang het met besonderhede oor “verdagte” transaksies van meer as R6,8 miljard wat Gupta-maatskappye tussen 2012 en Junie 2016 gedoen het.

Die hofstukke verwys na Oakbay wat in April aangekondig het dat bogenoemde vier banke hul bankrekeninge gesluit het en dat ander maatskappye soos KPMG en Sasfin hul verhouding met die maatskappy beëindig het. Dit het gevolg ná bewerings van beweerde staatskaping waar die Gupta-familie glo ʼn invloed gehad op regeringsaanstellings.

Volgens Gordhan het Oakbay hom hierna genader en versoek dat hy as minister van finansies tussenbeide moet tree aangesien die besluite van die bank en ander maatskappye volgens hulle politiek gemotiveerd was. Daar is ook kommer uitgespreek oor die moontlike werksverlies wat dit tot gevolg kon hê.

Volgens Gordhan was hy bekommerd oor die werksverliese wat die besluit tot gevolg kon hê en het hy besluit om te kyk hoe hy die situasie wetlik kon beredder. Gordhan het hierna vergaderings met Oakbay se verteenwoordigers gehad en kommunikasie is by verskeie geleenthede tussen die partye gevoer. Gordhan het regsadvies ingewin en dit het duidelik geword dat hy nie by magte was om in te meng nie. Oakbay het egter voortgegaan om Gordhan se hulp te vra en hy het verdere regsadvies ingewin. Gordhan het ook aan die registrateur van banke en die direkteur van die FIC geskryf waarna hy die dokument van die FIC ontvang het.

Gordhan verwys in die hofstukke ook spesifiek na een transaksie van R1,3 miljard rakende die rehabilitasietrust van die Optimum-myn. Die R1,3 miljard was volgens die prokureurs van Optimum se ondernemingreddingspraktisyns veronderstel om van ʼn Standard Bank-rekening na die Bank van Baroda oorbetaal te word. Dit is egter nie duidelik of dit wel gedoen is nie.

“Dit is belangrik dat die betaling van fondse aan ʼn mynrehabilitasietrust in beginsel kwalifiseer vir ʼn belastingaftrekking in die hande van die belastingbetaler. In ruil is die mynrehabilitasietrust vrygestel van belasting. As daardie geld aan enigiets anders as ware mynrehabilitasie bestee is, stel dit die fiskus nie net aan ’n verlies aan belastinginkomste bloot nie, maar word die las van mynrehabilitasie ook op die fiskus geplaas.”

Gordhan vra vir uitsluitsel van die hof aangesien hy meen die persepsie dat geregistreerde banke sonder rede opgetree het is skadelik vir die reputasie en integriteit van Suid-Afrika se finansiële- en banksektore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Worsie ·

Nou eers? Die poppe het al gedans toe Chester missing die eerste pop in die geskiedenis geword het wat n hofsaak wen, teen die redder van die volk Steve, nogal.

Ouman ·

Wie het toestemming gegee dat die fondse in die rehabilitasie trusts vrygelaat kon word. Verstaan dit vereis toestemming van departement verantwoordelik vir mynwese.Watter minister is in beheer van mynwese? Ek vra maar net

Peet Schabort ·

Het ons destyds (2007/8) vir Gordhan gehad as minister van finansies toe Deon Basson sy stryd aangehad het met Sharemax en daardie tyd se ministers van finansies en van handel en nywerheid nie na hom wou luister, dan sou sake ook heelwat anders gelyk het met Sharemax.
Gaan tik “Deon Basson en Sharemax” in op die internet en kyk hoe Deon vooruit geweet het van wat aan die gebeur was. Maar nee, ministers dink mos hulle weet alles of sou dit dalk wees dat in hierdie geval hulle nie sou verstaan wat Deon Basson hulle aan die verstand wou bring?
Ek het ‘n houding dat ek genoeg weet as ek besef dat ek nie genoeg weet en sodoende moet gaan raad vra oor ‘n aangeleentheid. Luister dus wat andere wat weet vir jou sê.

Buitestander ·

Nou begin dit duidelik word waarom die OB verslag nie dirrek ooenbaar mag word nie! Sit jou slim kind.

Luister ·

Wonder altyd waar die “reddingspakkette” vandaan kom?

John ·

Zuma sit nie en bewe van angs nie. Hy is ook nie verniet in Indie nie. Hy is meer aggressief as ooit en het gaan hulp vra. Ons sal hom binnekort regtig leer ken. Fisiese komfrontasies is moontlik en die studente-onluste is nie so onskuldig nie. Daar is onderlinge twis tussen faksies waarvan sommiges groot dele van ons landsekonomie bestuur, self van ons universiteite. Die tentakels is ingewurm en vetgevoer. Die finansminister, ook ‘n Indier, distansieer hom van onderduimse bedrywighede wat die land op sy knieee wil dwing vir oornames deur die grypers. Alles word nou ingespan om hom in diskrediet te bring. Die Guptas bly skynbaar net te lekker hier om die pad te vat. Waar kom al die’ lekker vandaan? Ons moet bid mense, nie net hoop vir redding nie…

Kyk nou weer ·

Die verslae van die bedrae is op news 24 gepubliseer wie gaan wat doen ivm hierdie saak? Kyk hoe byt die mediesefondse en dokters ons verbruikers uit. Wie gaan dit opvolg ? Wat staan ons as verbruikers te doen in hierdie saak aangesien almal wat so koerup is no1 se voorbeeld volg en”untoutchable” houding het?Het ons as verbruikers nie ook n reg nie?

Chris ·

Peet, jy weet nie hoe naby jy aan die waarheid is nie. Ons almal, ek inkluis, blameer/wys vinger na Zuma en sy trawante vir sogenaamde ongerymdhede. Verstaan my mooi, ek verontskuldig Zuma (Eindoms Beperk) glad nie. Daar is ander persone in die land wat meer geld verduister, steel noem dit wat jy wil, as wat op die lappe kom. Ek is skaam om dit te sê, dit is Wit Afrikaners wat die grootste plunderaars is. Die probleem is egter, hulle word nie uitgevang nie. Hulle skuil agter mense soos die Zuma’s van die land.

Net ek... ·

Vir enige inligting tik in by Google wiki (hou spasie oop) dan tik jy in Gupta’s of wat ook al. Interessante inligting altyd!

Grassie ·

Ek het in die verlede al ‘n paar keer hier in kommentare gesê dat Zuma en sy trawante naarstiglik probeer om Gordhan by finansies weg te kry omdat hy groot korrupsie daar gaan oopkrap. Dit het nou begin en hef aan lê nog voor.
Hy het nie bloot ‘n knuppel in die hoenderhok gegooi soos die berig sê nie, hy is besig om ‘n baie, baie groot rotnes oop te krap.

Rynhardt ·

Vandag op Rapport se voorblad se hul dat die verdagte transaksies was R7miljard! Op 24 Augustus toe die storm om Gordhan losbars het ek gese dat Pravin Gordhan weet baie goed wat aangaan, terwyl sekere mense hom wil omarm met engelvlerke! Gordhan, Zuma en sy hele kabinet asook Gupta-maatjies se skandale en omkopery moet uitkom! Glo my, SA word finansieel leeg gemelk! Alles gaan met verloop van tyd uitkom asook die skandale! Mense gaan regop sit.Gordhan en hele Anc het SA gespeel met regruk van ekonomie! Gordhan is nie geloofwaardig as minister van finansies nie, maar sy Anc nog minder! Argitekte van Kodesa, jul het n helse gemorsery geskep vir land en sy mense!

Cherokee ·

Heeltemal reg wat jy sê Rynhardt. Hier is mense in hierdie forums wat skreeu ‘ Gordhan vir president’ nieteenstaande wat gebeur het terwyl hy by SAID was. Hulle omhels nou nie net meer Helen Suzman se nalatenskap nie maar selfs die van die ANC.

pietskiet ·

Al wat ek weet hulle is almal corrupt van no een tot no 100000 op die lys
Gorden probeer nou se eie bas red met die een
Hulle was almal kop en een kis met corruption Zuma het hierdie pragtig Suid Afrika gesink beslis dis chaos oorals
Ek sien hierdie maar net nog n Afrika land wat geval het deur swak bestuur opbou gaan nog 50 jaar vat om weer reg te kry trots respect en vertrou steel jy nie in winkels nie jy werk en verdien dit

John ·

… en nou kom die lekker buitelandse RICS-bank ook nog by en ons dra glo mildelik by. Wie het trekregte en wie het insae? Geldwassery en… en…

Sally ·

Ek kan nie verstaan dat Pravin volgens die staat 1 kurupsie klag teen hom het en hy word vervolg. Zuma het 783 klagtes teen hom en daaraan word niks gedoen nie. Is dit nie n duidelike bewys dat hulle Pravin wil uitkry om die staatskas te kaap nie????

Gerhardt O ·

En hier sit ons en wag vir ons salaris van ‘n paar duisend terwyl syfers van R7 000 000 000 elke naweek in die nuus is. Omtrent elkeen van daai betalings van Gupta is meer as ons jaarlikse salaris.

Stephen ·

Pres Zuma kry reg wat apartheidsregering nie kon regkry nie . Hy is man alleen besig om ANC te vernietig

Liewe heksie ·

Hahaha zumpie dog ob is bedreiging en nie rekenskap met pravin gehou nie hahaha en ou Tom van SARS mik vir jou wickeds Pravin gaan nie laat los nie jy Jonas en jou neef be afraid

k ·

Geweet Oom Gordhan het iets tussen sy ore en het matriek wat een ou wat dink hy is slim nie het nie!!!

vermeende ·

My probleem met die Ghordan engel is,
Hoekom het hy nie al geraas begin maak toe al die goed onder sy aandag gekom het nie?
Hoekom het hy gewag tot nou en sou hy alles op die lappe gebring het as Zuma hom nie die stryd aangese het nie?

Dit kom eerder vir my voor of Ghordan net die slimer skelm in die bende is wat nie moeilik is nie aangesien Zuma kwalik kan tel.

Tania ·

Ek hoop Gordhan skerp sy veiligheid op en dat sy naasbestaandes ook veilig is. Die waarheid moet seevier.

Katrien ·

Dis tragies dat die man wat ons president is en wat ons land op die hoogste vlak in die wêreld moet vertenwoordig hierdie eer met sy vraat en hebsug tot in die grond in geslobber het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.