Pravin Gordhan moet in hof verskyn

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag aangekondig dat ʼn dagvaarding vir Pravin Gordhan, minister van finansies, uitgereik is.

Adv. Shaun Abrahams, hoof van die NVG, het tydens ʼn mediakonferensie bekendgemaak die aanklagte hou verband met Ivan Pillay, gewese adjunkkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se vroeë aftrede.

Volgens Abrahams word Gordhan van bedrog aangekla en moet hy, Pillay en Oupa Magashula, kommissaris van die SAID, op 2 November in ʼn Pretoriase hof verskyn. Pillay en Magashula word ook van bedrog aangekla.

Gordhan word aangekla omdat hy na bewering Pillay se vroeë aftrede goedgekeur het en later sy kontrak hernu het. Pillay was 56 jaar oud toe hy versoek het om vroeg af te tree. Hy het egter ook versoek dat hy op kontrakbasis in ʼn ander posisie aangestel word.

Volgens berigte het die rand reeds begin val na die aankondiging.

Meer besonderhede volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Piet ·

Hier kom dit nou…..Duidelik die agenda agter “fees must falk”, adv Madonsela se uittrede en nou minister Gordhan se hofversjyning. Alkes tegnieke om die land en ekonomie lam te lê sodat staatskaping kan plaasvind. zuma het sy listige spel goed gespeel en nou is hy sejer weer in die buiteland sodat hy kastig sy hande in onskuld kan was

Hanno Visagie ·

Volgens 567 Cape Talk vanoggend is daar nou ook ‘n klag teen uittredende openbare beskermer Thuli Madonsela gelê dat sy die staat R30 000 sou skuld….

Lucas ·

En wie moet SA bedank vir die gemors wat dit nou weer gaan veroorsaak? Niemand anders as die hoof poppemeester en sy lakeie nie!!

anni ·

Het hierdie hernieude poging dalk iets te doen met me Madonsela se vasskop teen jongste eis van Zuma?

Gilla ·

Baie interessante dag vandag in die land. Vele beroeringe. Thuli en Zuma is aanmekaar, Pravin en Abrahams. EFF en “studente” hou aan met hulle chaos wat hulle skep. Panayotti se verhoor begin. Voel of ek op Wimbledon is.

andrea van vuren ·

En dan word Nico Henning ook nog vrygespreek! Eish

Cherokee ·

Andrea, julle moet reg lees. Hy is nie vrygespreek nie. Die aanklagte is bloot teruggetrek en kan (en sal waarskynlik) weer ingestel word. Jou tipe kommentaar veroorsaak vals opvolgstories en as die saak later weer ingestel word, se julle niks.

Blom ·

Is dit nou die beste waarmee die NPA vorendag kon kom? Lagwekkend.

Hans ·

Sjoe, okay. So Pravin moet pa staan vir een (1) aanklag maar nr 1 met 783 klagtes teen hom gaan voort.

Sou goed gewees het as die NVG dieselfde oemf getoon het met nr 1 se 783 klagtes en nie appel aangeteken het teen die hof se besluit om te appeleer omdat hulle aangese is om hul werk te doen nie.

#bananarepublicmustfall

REAList ·

Ek hoop hy het Barry Roux as sy advokaat.
Wat ‘n onbenullige klag.
Hier kom naam weggooi van formaat.
Kry die popcorn….

Mielie ·

Wat n mal dag. Hier is groot moeilikheid! Hoop OB maak haar verslag gou bekend. Hierdie man is genade en geweteloos. Hy is flippen slim.

mc ·

Ag, ons is almal al so vuisvoos, dat niks werklik meer snaaks is nie.

Lance ·

Nou vat hy ons almal saam met hom af want hy weet seker Thuli gaan hom roer …

Drikus ·

Dit, terwyl Mnr Gordhan hard stoei om SA van rommelstatus te red. En terwyl JZ die howe en OB met jakkalsdraaie systap. Die ANC kon nie ‘n beter manier kies om te illustreer dat die party in die wurggreep van korrupte poppemeesters vasgevang is nie. Gaan voort. Belemmer ekonomiese groei. Maak die armes nog armer. Vasbyt @ 2019 word die ANC uit die kussings gelig.

anton ·

Wil dit graag se. SAL , SAUK, elke munisipaliteit…. Val onder anargie en is dit n velkleur probleem. My opinie is nee. Eerder jou gemoed. Jou raadgewers. Jou dwaase besluite wat soo graag vanaf iemand kom wat duidelik nie kniee werk doen ni! Manupilasie van digene wat lankal regeer soos di Guptas? Wie weet!

Rynhardt ·

Die laabrief vir Gordhan wys dat SA nie ekonomies reg geruk mag word nie, besparingsmaatreels mag nie heers nie, maar wel grootskaakse korrupsie! Die sakeman, Pityana het die reeds die volgende stelling gemaak:”Die hoofborg van korrupsie is Zuma”.SA is nou vinnig oppad na sy groot chaos terwyl selfverryking gaan plaasvind vir Anc politici!

Danie ·

En daar tuimel die rand verder en junk status, hier kom ons ! Die regering se timing suck. het ons dit werklik nodig ? …en wat van Zumpie ? Hy gaan ma net aan of da niks gebeur nie en dit tewyl hy iets soos 783 aanklagte van korrupsie teen homself het… Belaglik !

Theo ·

Nou kan hy en sy “cronies” vinnig die staatskas plunder wat die armste van die armes nog verder gaan verarm. Jou dag kom 783, jou dag kom.

humor ·

Baie duidelik is hul besig met n vliee gevangey met n kwaadwillige motivering en uiters gevaarlike doel

Erich Goosen ·

Weet julle hofverslaggewer wat die verskil is tussen ‘n lasbrief (waar jy gearresteer word) en ‘n dagvaarding (‘n prosesstuk deur die hof uitgereik wat jou aansê om in die te verskyn, wat in die geval gebeur het).

Landi Slatter ·

Dagsê Erich

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Marlene ·

Pateties, maar wat kan mens ook anders verwag van ANC, raak ontslae van almal wat in hulle pad staan

Chris Ws ·

Los vir Pravin .Vervolg eers vir zumpie dumpie want hy het miljarde gesteel van die land!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.