‘Pravin Gordhan nie kriminele tipe’

Jackson Mthembu. Foto: polity.org

Jackson Mthembu. Foto: polity.org

Jackson Mthembu, die hoofsweep van die ANC, het Donderdag gesê Pravin Gordhan, die minister van finansies, is nie die “kriminele tipe” nie en mense wat leuens oor hom versprei, moet betrap word.

Mthembu het hom uitgespreek teen mediaberigte dat Gordhan binnekort deur die Valke in hegtenis geneem kan word vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn sogenaamde “rogue-eenheid” binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) toe Gordhan nog die instansie se kommissaris was.

“Die vraag wat hier beantwoord moet word, is: Wie versprei hierdie leuens en om watter rede? Wat die ANC betref, ons respekteer Gordhan. Ons dink nie hy is die kriminele tipe nie,” het Mthembu gesê. “Ons hoop dat die [mense wat leuens versprei] gekeer word, maar hulle moet eers opgespoor word sodat ons kan verstaan wat hul motiewe met die leuens is.”

Die Valke én die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vandeesweek die mediaberigte dat Gordhan vervolg kan word, ontken. Gordhan het later ʼn verklaring uitgereik waarin hy weer sy onskuld beklemtoon en gesê het die beskuldigings word met verskuilde motiewe gemaak.

Die kwaadwillige gerugte en beskuldigings oor “spioenasieaktiwiteite” is vals en met bybedoelings versin, het Gordhan gesê.

“Dit is besonder ontstellend vir my, en sekerlik vir alle ander eerlike demokrate, om te sien hoe eerlike en hardwerkende mense en instansies wat bedoel is om ons demokrasie te versterk, aangeval word. Ek doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om die personeel van die nasionale tesourie te beskerm wat hardwerkend, eerlik en vaardig die nasionale belang tot die beste van hul vermoë dien.”

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Bobbejaan ·

Dit is tyd dat ons opstaan vir Pravin Gordhan en wys wat hy vir ons land beteken. Was al die ministers die president inkluis maar van sy kaliber was ons land in ‘n baie beter toestand. Ek is nie lid van die ANC nie maar dit pla my geensins dat hy die ANC ondersteun nie, hy laat hom nie beinvloed deur sy ANC skelm maters nie..

Cherokee ·

Jou naam is heel van pas. Hoe op aarde kan hy hom laat beinvloed deur sy kaders wanneer dit lyk asof jy nie weet of hy moet vlug vir hulle nie. Hy is ANC, hy het uMkhonto we Sizwe ondersteun terwyl hulle winkelbomme geplant het en onskuldige mense vermoor het. Ondersteun jy hom maar. Nà die gebeure met Nene wat afgedank is deur Zuma met ‘n leuen oor die Brics-bank, het Nene steeds gesê hy ondersteun Zuma. Wanneer ANC-lede die ANC verlaat is dit byna altyd ter wille van die EFF. So is hulle so daar is geen rede vir ons om skielik ANC-lede te ondersteun nie.

Theo ·

Enige moontlike MI6 of CIA betrokkenheid?? Juluis het ook blykbaar goeie kontakte.

E ·

Goed om te sien die verdeeltheid binne die ANC is besig om te wys.
Hier is darren ń ligstraaltjie.

alida ·

Gordhan het tenmiste integriteit meer as wat die res van die parlement kan sê.

John ·

Speletjies, speletjies. Teistering. Uitmergeling. Maak die man gedaan. Verwar die volk. Maar sommiges opstandig en ander beangs. Sweep die jonges op. Blaas aan, blaas aan. Na wat klink dit?

D ·

Mthembu, begin sommer by jou eie party te soek vir al di lieg stories. Julle sit self daaragter

Vra net ·

Begin dalk soek by ryk maatjies wat baie verloor deur min. Gordan se streng fiskale beleid

Hannie ·

Laat hulle maar voort ploeter, niks gaan verander nie, dit gaan net van ‘bad to worse’

Lance ·

Pravin lyk my probeer die land help maar sy baas wil almal in die afgrond saam met hom neem …gebeur as jy net std 3 het ..wat verwag jy dan

Oni ·

Die laaste se gaan weer wees die apartheid wat alles veroorsaak en skinder

KP ·

Hy behoort te weet waarvan hy praat. Hy kyk na sy pres dan weet hy hoe lyk n krimineel.

Vicus ·

In my lewe nog nie so n klomp negatiewe mense bymekaar gesien nie. Liewe aarde mense, julle kan niks aan die situasie verander nie. Daar is twee keuses. Bly stil of gaan landuit. Ek is op pad – wie wil saamgaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.