Pravin Gordhan weer aangestel as minister van finansies

Pravin Gordhan is Sondag weer aangestel as minister van finansies.

Pravin Gordhan is Sondag weer aangestel as minister van finansies.

Pravin Gordhan is Sondagaand weer as die minister van finansies aangestel.

Pres. Jacob Zuma het in ‘n verklaring aangekondig dat hy ná talle voorleggings besluit het om die aanstelling van David van Rooyen as minister van finansies te herroep. Van Rooyen sal by Gordhan oorneem as die minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

Gordhan het vanaf 2009 tot 2014 as minister van finansies gedien.

Zuma het wyd kritiek ontlok nadat hy Woensdag die minister van finansies, Nhlanhla Nene, in die pad gesteek het. Verskeie politieke partye en instansies het hul menings uitgespreek oor die redes vir Zuma se besluit met sommige wat dit as Zuma se grootste fout nog tydens sy presidentskap beskryf het.

Nadat Nene in die pad gesteek is, het die rand afwaarts getuimel totdat dit Vrydag ʼn rekordlaagtepunt van R16 teen die Amerikaanse dollar gehaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

AmY ·

Wat help dit nou? Die skade is klaar gedoen en dis baie groot.

Lourens Faul ·

In grade one I sang the Nursery Rhyme:
“See saw Marjory Daw”
Now Zuma sings:
See Saw Nene? Van Rooy?

See-saw, Margery Daw,
Dobbin shall have a new master.
He shall have but a penny a day
Because he can’t go any faster.
Or the other version

See-saw, Margery Daw,
Sold her bed and lay upon straw.
Wasn’t she a silly slut
To sell her bed and lie upon dirt?

takkie ·

Baie goeie besluit. Ewlkom terug ons het jou gemis. BAIE, BAIE geluk met die heraanstelling hoor!

Gerhardt ·

Wonderlike nuus! Ek kan nie glo dat die President enigsins geluister het nie. Daar is hulp van Bo!.

Gerhardt ·

Ding dings is, dat ons nou sien dat Zuna nie meer alleen besluite kan neem nie. Hiedie gebeure is merkwaardig.

arie plaasboer ·

Hierdie kan dalk die dun punt van die wig word vir die verwydering van Zuma uit sy amp.

Langtand ·

Besin voor jy begin, Jacob!
Die skade is gedoen en Jacob staan beskaamd!!

Johan ·

Hy beskaamd Langtand? Jy maak seker `n grap. Van bandiet tot president tot hopelik weer bandiet in welke geval ek hoop de Klerk is `n selmaat. Maar helaas die kans is seker nul.

Albert ·

Gerhardt, dit is te laat. Die Presidensie het toegegee aan die burgers se vereistes, nie omdat hul soseer omgee nie, maar bloot om die president te beskerm. n Regering wat reaktief is om hul eie belang te koester, is nie voldoende nie, dis juis n teken van swak leierskap. Hierdie optrede is meer kommerwekkend, en meermaals n aansporing vir die lot om Zuma te laat gaan.

Leendert van Oostrum ·

Soos Mnr Zuma sou sê:

“He…….he…….he……”

Let ·

Ek wens daar was n “like” knoppie vir hierdie kommentare!!!

BoereBikerBaby ·

Ek het ook al dit gewens, miskien moet Maroela na so opsie kyk..

Chris Mynhardt ·

Die probleem is die skade is al klaar gedoen. Die persoon wat moet verander word is nr 1 self met al sy trawante. Dit help nie nou om Pravin Gorden nou aan te stel want die bestaande regering het ook nie geluister nadat daar gese is om op te hou om te te bestee toe hy minister van finansies was nie. Wil net weet hoe lank gaan Pravin Gorden in sy posisie bly? Miskien een dag, een week of miskien langer. Wat ‘n grap.

Gerhardt ·

Ek dink juis Pravin het nou baie sterker statuur, Zuma se politieke lewe is in sy hande! Die ran het alreeds tot R14,99 verstewig.

arie plaasboer ·

Ons het hier te doen met `n swaargewig en `n liggewig.

Zuma (die liggewig) sal nooit weer aan Gordhan (nou die swaargewig) kan voorskryf wat hy MOET doen nie.

In effek het Z sy eie vlerkies nou in wese geknip.

Pierre ·

Zuma en sy kamerade het seker besef dat dit ‘n probleem is as die geld wat hulle so steel niks werd is nie…

Bach ·

My bronne binne die ANC beweer daar is hengse binne gevegte en dit die eeste keer is dat Z geluister het na advies omdat hy nie besef het sy optredes benadeel armes in SA nie maw hy is self gesentreerd, kan nie buite die boks dink nie. Hy is vas gevang want Gordhan het dieselfde filosofie as Nene en hy kan nie sommer weer van hom ontslae raak nie. Z sal voor die verkiesings vgde jaar waai en Cyril gaan oorneem. Dis binne inligting! Die manne is nie meer so bang om hard te fluister nie.

Oom Piet ·

Mike Shussler slaan die spyker op die kop aangaande die ophopende wereldwye oorskot van die meeste uitvoergoedere van die RSA en die erge verlies gevolge daarvan op die RSA se BBP, naamlik investering ontrekkings, inperkende besteding en onbekostigbare stygende rente skulde terugbetalings.

Dit gaan ‘n dreigende algemene skulde terugbetalings boikot veroorsaak, wat hopelik gaan lei tot die algemene oorskakeling na die US Dollar gebaseer op elektroniese Dollar oordra betalings Smartphone Apps. VIVA! Wereldwyd verhandelbare elektroniese US Dollars.
Hoop SARS is nie veerbastig nie, want dit kan ‘n algemene Belastings boikot veroorsaak.

Kan blink uitkoms wees om onbekostigbare rente en onnodige inflasie vooraf die nek in te slaan, voor die voorafgaande in duie storting soos gebeur het in Zimbabwe, wat eers agterna oorgeskakel het na die US Dollar en die se bewese zero inflasie en goedkoop mobiele Dollar betalings apps. Zim se inflasie word nou hoofsaaklik ingevoer vanaf die RSA en die Rand.

Pravin Gordham hoort onmiddelik alle nuwe buitelande bestedings soos die SAL sin botweg weier en staak vir ten minste 2 – 3 jaar en alle Staats geld vermorsing onmiddelik hokslaan, beginnende maar nie eindigend met die onmiddelike skrappig van alle onbekostigbare termyn kontrakte met inflasie, en betalings te verbied vir die alewige binnelandese en buitelandse rondreis, vreeterasie, gefuif en oorslaap van politikiste, amptenare en hul aanhangers. Sny Staats uitgawes tot die been in bewese goeie voorbeeld vir die private sektor en alle landsburgers.

Dis mos die regte ding om te doen, met die elektroniese Dollar ons voor ineenstort uitkoms.

Co van den Raad ·

Piet,

‘n Goeie uiteensetting van jou kant! Ja, die land gaan tekere oor die feit dat Nene “gefire” is, alof hy ‘n wonderlike ekonaam was! Hy het onder andere toegelaat dat 136 persone na die COP21 konverensie in Parys, Frankryk gereis het! Amper die land met die meeste verteenwoordigers, asof ons dit kan bekostig en wat het die klomp bereik? Lekker soustrein gery in Frankryk!!

arie plaasboer ·

@ Oom Piet,
Probeer om Pravin se inlywings toespraak te bekom en maak dan jou eie gevolgtrekkings. ek dink jy sal gunstug beindruk wees.

Ek het so bietjie geluister na Pravin Gordhan se inlywings toespraak.
Eerlikwaar dit wil ten minste voorkom asof hy die ding die keer wil reg doen. Z se vlerkies is bietjie geknip – hy en sy trawante sal nooit weer so lekker op die soustrein ry met belastingbetalers geld nie – hopelik sal PRAVIN GORDHAN hierdie keer daar voor sorg.

alletta Strydom ·

raak ontslae van zuma al het hy Charlie Chaplin as finanse minister aangestel…hel mense moenie nou slap het….KRY DIE BLEDDIE NAR UIT.

Johann ·

Ai,ai,ai wat n nagmery ou sou al die rond springery by skool kinders verwag

Dankbaar ·

Baie dankie vir aanstelling van Dave van Rooyen.My Forex portifile het met 5% gegroei die afgelope 3 dae

Ditsim ·

Dis nou te laat om die gumboot- dans te doen. Hy het teveel skade aangerig. UIT! Miskien sal dit darem minder as 20 jaar vat om reg te maak, of nie heeltemal nie.

Thea Gerber ·

Zuma het sy njollie afgeskrik vir die #zumamustfall beweging wat begin momentum kry maar ek dink ook. “Too little, too late”

Wat nou? ·

Pravin het ook foute gemaak en hy was en is Z se puppet.

Paul ·

Jy lees seker nie koerant nie! Pravin was alles behalwe Z se “puppet”

Paul ·

Jy lees seker nie koerant nie! Pravin was alles behalwe Z se “puppet”

PJ ·

Sien mense baie opgewonde oor Cyril ek nie so seker hoor dan niks van sy kant oor Nkandla, korrupsie ens.

Theo ·

Iemand (moontlik die Guptas ook) het baie geld gemaak met die val en verhandelings tussen Rand en Dollar a.g.v. die despoot se “onnoselheid”, gaan doen maar die ondersoek.

Melt Olckers ·

Die skade is reeds gedoen. Biljoene is al ontrek net in die naweek as gevolg van Zuma se besluit. Dit gaan lei tot rentekoers verhogings en afleggings.
Zuma het gedink dat sy besluite geen gevolge sou he nie, en het gedink hy het te veel steun om verwyder te word. Hy het dalk agtergekom dat hy nie regtig so populer is nie.
Die beste vir hom sal wees om permanent Nkandla toe te trek en met sy kinders en kleinkinders te gaan speel, en na die sonsondergang te kyk soos wat meeste bejaardes veronderstel is om te doen.

PJ ·

Hoekom stel Gordhan nie weer vir Nene aan nie hy het mos onder Gordhan gedien ?

stoney ·

Wonderlike nuus! Mnr Gordhan moet jou asb nie aan die neus laat lei nie. Hou al hierdie scoundrels se hande uit die geldsak! Hulle het ‘n onblusbare honger na geld. Ek het nog altyd gewonder of hulle weet hoe skryf mens ‘n miljoen. ABC = DOM 123= SLIM. Zuma is ‘n meester van ‘n manteldraaier.

Gironki ·

Ons woon voorwaar in ‘n unieke land! Geen ander land in die wereld het al voorheen 3 ministers van finansies binne 5 dae gehad nie.

Johann Marx ·

Ongelukkig gaan die #Zumamustfall beweging nou ‘n stille dood sterf………terwyl dit die regte ding is om te doen. Die Prez het sy hand oorspeel, gewys dat hy ‘n veer voel vir hierdie land en sy mense, en dat hy toelaat dat persoonlike geskille in die pad staan van nugtere denke. Hy is ‘n verswakte president met GEEN geloofwaardigheid nie. Suid Afrika moet nou soos een man opstaan, en AANDRING dat hy afstand doen van sy posisie. Dit sal die beste Kersgeskenk aan onsself wees ooit…………

Peet Schabort ·

Dit wys net wat kan gebeur as daar op die regte plek diep in die neus gekrap word . . .

Rynhardt ·

Van Rooyen was skaars minister van finansies, nou kry Pravin Gordhan weer sy mislukte pos terug.Gordhan het misluk met besparingsmaatreels vir Anc! Die probleem is SA het geen ekonomiese raamwerk nie.Zuma en Anc het lankal misluk! SA het n “make over” nodig in regering, n nuwe “make over” nodig in politieke bestel asook n “make over” nodig in parlement.Tans bestaan dit nie.As Zuma die jaar lagwekkend wil maak vir mense en oorsese komediante, stel Van Rooyen in u pos aan.Dan doen u as prez iets nuttig!j

Pieter ·

Gordhan is maar net nog ‘n kommunis en het in die verlede sy mantel sterk geswaai na Zuma se streke – Het Nkandla nie onder sy termyn gebeur nie en het hy nie die laaste klompie begrotings moes geld leen om te klop nie???

Frederik ·

Ek wonder wat is Des van Rooyen se goue handdruk werd na 2 dae se diens.

ANDRE ·

Kan iemand my dalk inlig wat ” samewerkende regering” is ?

Henri ·

Hahaha. As ek miljoene in n buitelandse rekening het en ek wil gou ryk word dan doen ek dieselfde. Kyk net bietjie hoeveel score jy, as jy $10miljoen oor betaal as die rand 16.02 teen die $ is. Almal dink hy is dom en maak dom besluite??????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.