Pravin is ʼn eerlike man, sê ANC-hoofsweep

pravind-gordhan1

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het Dinsdag die integriteit van Pravin Gordhan, minister van finansies, verdedig, nadat ʼn dagvaarding Dinsdag vir hom uitgereik is.

Mthembu het aan verslaggewers gesê die ANC-koukus ondersteun die verklaring wat die regerende party vroeër Dinsdag uitgereik het waarin Gordhan en sy medebeskuldigdes, voormalige SAID-werknemers Oupa Magashula en Ivan Pillay, versoek word om samewerking te gee aan die owerhede.

Mthembu het egter gesê Gordhan, na wie hy vol deernis as “comrade PG” verwys het, is ʼn eerlike man. “Baie van ons respekteer die eerlikheid van PG, ons minister van finansies. Alhoewel ons natuurlik versoek dat daar samewerking moet wees tussen diegene wat aangekla word en diegene wat aankla, het ek hier, waar ek as ʼn persoon sit, baie respek vir comrade PG,” het Mthembu gesê.

“Hy is ʼn staatmaker in ons beweging en, soos die ANC-verklaring dit stel, bly hy onskuldig tot hy skuldig bevind is, en ek is oortuig dat hy ʼn eerlike man is.”

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag aangekondig dat ʼn dagvaarding vir Gordhan uitgereik is. Die aanklagte hou verband met Ivan Pillay, gewese adjunkkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), se vroeë aftrede. Gordhan, Pillay en Magashula word van bedrog aangekla en moet op 2 November in ʼn Pretoriase hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ww ·

Gordhan moet baie dinge weet of te hore gekom het tydens die ondersoeke ek hoop hy is eerlik genoeg om dit te werke te bring

Willie ·

Gordhan is onskuldig, hy moet n regverdige kans gegee word. Wat weet Zuma regtig van hom af. Ek vermoed daar is groot sondaars wat hom graag wil kelder om hulle baste te red.

Koos ·

Gordhan is onskuldig, hy moet n regverdige kans gegee word. Wat weet Zuma regtig van hom af. Ek vermoed daar is groot sondaars wat hom graag wil kelder om hulle baste te red.

Jan maak n Plan ·

Dis omdat hy te veel weet, nie korrup is soos die res en ook nie dans na die vet stortkop se musiek, dat hy nou voor stok gekry word. Dink net al die ghaos as Des van Rooyen weer min Gordham se pos moet kry.

Lance ·

Rommel status hier kom ons nou loshande …dankie zuma ! Dankie anc

Lucas ·

As hy onskuldig is Mthembu, hoekom laat jou baas hom dan vervolg of dink julle almal is so onnosel dat ons nie weet wie agter die vervolging sit nie!!

Jaco ·

Die NVG wat deur die ANC-regering beheer word, wil vir Gordham vervolg, maar die ANC se hoofsweep se hy is ‘n eerlike man. Hoekom praat die ANC uit 2 monde?

solange ·

met pg uit die pad le die staatskas heerlik lokkend en onbewaakd oop. great stuff.

mc ·

Ag asseblief, Zuma en al sy trawante speel met die Suid-Afrikaners. Dis ‘n belediging dat hulle almal se IK’s so onderskat. Heen en weer, heen en weer, van die een gemors na die ander gemors. Ek haal werklik my hoed af vir Pravin Gordhan wat nog wil opstaan, maar niemand weet eers meer hoe eg dit is nie. Is dit nie ook maar alles net ‘n fyn voorafbeplande poppespel nie.

Helene ·

Ek hoop van harte hy is onskuldig. Wst gaan in S A aan. Waar gaan dit eindig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.