Dominee Timothy Xaba (52) van die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suidelike Afrika (VGKSA) se Polokwane-gemeente is in Julie afgedank.
Xaba is in Julie verlede jaar genader om saam gemeenskappe in Polokwane te bid vir oudpresident Nelson Mandela terwyl hy nog siek was. Xaba is as kapelaan van die ANC aangestel.
Xaba was hierna by talle ANC-geleenthede en regeringsfunksies te sien waar hy gebede gelei het. Die leierskap van die VGKSA was nie gelukkig hiermee nie en het Xaba in ʼn skrywe afgedank.
“Dit het onder die aandag van die VGKSA gekom dat jy jouself beskikbaar gestel het en aangestel is in die ANC in Limpopo se kantoor van kapelaandienste. As gevolg hiervan verbeur jy met onmiddellike effek jou status as predikant in die VGKSA.”
Xaba het intussen aan die koerant gesê dat hy geen vergoeding ontvang het vir sy werk as kapelaan nie.
Dit is reg wat hulle gedoen het. Geen dienaar mag in twee bedieninge gelyk staan nie. Die een sal afgeskeep word ter wille van die ander.