Premier en VF Plus gesels dán oor plaasmoorde

David Makhura, premier van Gauteng Foto: GCIS

Die ooreenkoms wat Dinsdag bereik is tussen David Makhura, die premier van Gauteng, en die VF Plus se Philip van Staden om ʼn gesprek te voer oor plaasmoorde, moorde en protesaksies in dié provinsie, het nou amptelik ʼn datum bereik.

Makhura en Van Staden het Donderdag ooreengekom om op 16 November 2017 daaroor te gesels. “Die afspraak is laat Donderdagaand finaal deur Makhura se kantoor bevestig,” het Van Staden gesê.

Hierdie ontmoeting spruit uit ʼn lidverklaring wat Van Staden Dinsdag in die provinsiale wetgewer gemaak het oor die Swart Maandag-optogte teen plaasmoorde. Van Staden het in sy verklaring gesê dat nog meer betogings teen plaasmoorde en moorde gaan plaasvind om nog meer druk op die regering te plaas.

Van Staden het ook aangevoer dat te midde van die huidige misdaadkrisis, die regering nie die probleem sal aanspreek nie, omdat die regering self die probleem is. “Makhura het versoek om ʼn gesprek te voer oor die kwessies en daar is ooreengekom dat dit op ʼn dringende basis sal plaasvind,” het Van Staden gesê.

“Die VF Plus is altyd oop vir gesprek om oplossings vir ʼn bepaalde probleem of probleme te probeer kry. Die premier se uitnodiging om ʼn gesprek oor die kwessies te voer, is vir nou ʼn stap in die regte rigting. Ek hoop dat hierdie gesprek die begin sal wees van ʼn proses om die moorde in die provinsie en uiteindelik in die res van die land hok te slaan.”

Die VF Plus sal die agenda vir die gesprek saamstel. Van Staden het ook genoem dat dié nie die eerste en laaste gesprek sal wees nie en dat daar gepoog sal word om nog datums te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Colin ·

Baie bly om te sien iemand wil praat oor die probleem. Dankie aan VF+ dat julle iets probeer bereik . Ek hou met aandag die verwikkelinge dop

Boer ·

En so begin die 20jaar geselsies weer van voor af.
Los maar julle gaan niks regkry nie.
Binne kort gaan die regering vra, nou namens wie kom gesels julle, julle verteenwoordig niemand nie, al die boere is reeds vermoor!

concerned ·

En ons weet ook wat gebeur as jy will rond sit en praat – “history repeating itself”. #justsaying.

Adri ·

Sterkte genant! Jy het meer moed as ek. Ek het lankal moed opgegee met die lotte!

Isabel ·

Ek wens so die verlede kan agter gelos word en ons kan almal die toekoms by die hand vat en voort beweeg. Die aanhoudende draaie wat daar in die verlede gemaak word, maak dat daar niks positief gelaat word vir die toekoms nie.

Peet J ·

Gesprekvoering, die huidige statistieke wat bekend gemaak is bewys dat gesprekvoering met die regering oor plaasmoorde geensins ‘n verbetering teweeg gebring het nie. Sodra die Grondwet gewysig is om landbougrond sonder vergoeding te onteien is dit vanselfsprekend dat grond beset gaan word en sodra teenkanting gebied word sal dit geweld aanwakker. Wie gaan die besetters keer nie die regering nie , dink maar wat in Zimbabwe plaasgevind het.

Callie ·

Die president lieg openlik, wat gaan Makhura keer om te lieg en mooi woordjies te bak en agteraf weer saam met sy president te lag. Weereens, jy moet geen integriteit, trots of waardes of morele waardes he om te stem vir die ANC nie. Hulle kan op niks roem as hulle Zuma verdedig nie

Cherokee ·

En vreemd genoeg Leahim, stem vele van die kommentators hier (steeds) DA.

Cherokee ·

Die EFF beplan ‘n groot optog en boikot aksie om teen plaasmoorde te betoog.

Johan. H. ·

Dankie maar sorrie dit sal niks help nie,, Premier sal net weer soos sy hoofboettie hammer op arme hulle, en arme verlede, Bla Bla Bla,,, Dade spreek harder as woorde…..Daar is weer boere vermoor,,, N taxi het ook gegroet,,

Cherokee ·

So jy wil hê daar moet bloot oorgegee word. Gelukkig is die meeste anders.

Ou Diplomaat Gauteng Erdvark ·

Elke mens se lewe is onkoopbaar kosbaar. Dit is nooit te laat of te min om soos volwassenes probleme te bespreek en eerbare oplossings te soek op ‘n wen-wen basis. Ons kommunikeer hopeloos te min met mekaar, daarom ken ons mekaar nie goed genoeg nie. En voertsek met die negativisme!

Sterkte aan die VF+, Philip van Staden en premier David Makhura.

Merkur ·

16 November as datum vir die eerste „afspraak“ klink vir my nie baie dringend nie. Klink meer asof iemand aan die lyntjie gehou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.