Premier: Geen borg vir ‘moordenaar’

hofhamertjie31Thandi Modise, premier van Noordwes, het gevra dat ʼn man wat daarvan beskuldig word dat hy sy 19-jarige meisie met ʼn baksteen doodgeslaan het, borg geweier word.

“Die vlaag van geweld teen vroue is kommerwekkend en dit is hoekom ons vra vir die strengste vonnis teen diegene wat dié misdade pleeg,” het Modise in ʼn verklaring gesê. Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die 27-jarige man het reeds in die hof verskyn en sal weer Dinsdag verskyn. “Die beskuldigde het die slagoffer daarvan beskuldig dat sy ontrou was aan hom.” Die slagoffer is kort na die aanval in die hospitaal oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vas Vat ·

Enige misdaad is kommerwekkend, hetsy teen vroue, kinders en boere….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.