Premier kap na Afrikaners tydens Coligny-begrafnis

Supra Mahumapelo, die premier van Noordwes. Argieffoto: http://premier.nwpg.gov.za

Meer as 1 000 mense het Sondag die begrafnis van Matlhamola Jonas Mosweu (16) bygewoon, die seun van Coligny in Noordwes wat verlede maand dood is nadat hy sy nek gebreek het toe hy van ʼn bewegende voertuig afgeval het.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) staan tereg op aanklag van moord in verband met Mosweu se dood. Die staat beweer Doorewaard en Schutte het die seun van ʼn bewegende bakkie afgegooi en dat hy tydens hierdie voorval so erg beseer is dat hy later aan sy beserings beswyk het. Die beskuldigdes beweer Mosweu het van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het en ontken dat hulle hul hande vir hom gelig het.

Supra Mahumapelo, die premier van Noordwes, het Sondag gesê Mosweu is “in die hande van wit mense dood”.

“Laat daar geen verwarring wees oor die hande waaraan Matlhomola sy lewe verloor het nie. Dit was in die hande van Suid-Afrikaners wat Afrikaners in Coligny is. Die howe moet kyk hoe hy doodgemaak is,” het Mahumapelo by Mosweu se begrafnisdiens in die Scotland- informele nedersetting gesê.

“Ek is nie ʼn rassis nie. Ek het ʼn probleem met wit meerderwaardigheid. As hulle nie rassisties is nie, hoekom teken hulle ʼn slegs-wit-petisie wat aandring dat die beskuldigdes op borgtog vrygelaat moet word? Nie alle wit mense is rassiste nie. Laat wit mense wat nie rassisties is nie by ons aansluit en saam met ons ʼn optog teen rassisme hou,” het Mahumapelo gesê.

Betogers buite die Coligny-landdroshof tydens die beskuldigdes se vorige verskyning (28 April 2017). Foto: @IanCameron23, Twitter

Packet Seaketso, die provinsiale sekretaris van die South African National Civic Organisation (Sanco), het gesê daar sal weer Maandag ʼn betoging voor die Coligny-landdroshof gehou word in protes teen Doorewaard en Schutte se vrylating op borgtog.

Doorewaard en Schutte is op 25 April in hegtenis geneem. Die mans beweer hulle het Mosweu en nog ʼn kind in hul werkgewer se landerye betrap waar hulle sonneblomme gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om agterop hul bakkie te klim om hulle na die polisiestasie te vat. Een seun het weggehardloop en Mosweu het agterop die bakkie geklim. Of Mosweu toe van die bakkie afgegooi is of self afgespring het, word deur die staat en die verdediging betwis.

ʼn Polisiebeampte het tydens die week se hofverrigtinge getuig die betogings wat Coligny sedert Mosweu se dood geteister het, kan weer opvlam indien die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word. Die verdediging het egter aangevoer die staat se saak teen die beskuldigdes is nie baie sterk nie.

Mxolosi Bomvana, voorsitter van Sadtu in Noordwes, het gesê wit mense moet teen rassisme standpunt inneem. “Ons moet saam ʼn optog teen rassisme hou. God het die mens lewe gegee, maar in hierdie geval is dit nie God wat ʼn lewe geneem het nie, maar mense,” het hy gesê. Hy het ook ʼn beroep op gemeenskapslede gedoen om nie skole en klinieke gedurende betogings te verwoes nie.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

88 Kommentare

Herman Coetzee ·

Sulke uitsprake grens aan rassistiese opswepery en haatspraak. Dan wil hy met die blankes gaan praat oor vrede…

Karma ·

Om iemand van ‘n bakkie af te gooi, in die ry, dink ek is vir seker nie ‘n maklike taak nie. Ek kan nie glo dat die een boer by die kind agterop die bakkie gesit het tydens die rit nie. Dit vertel my dat hy op die een of ander wonderbaarlike manier vanuit die bakkie se kajuit moes beweeg het, agterop die bakkie geklim het en toe die kind – so in die ry – afgemoker het. Nee wat, ek ruik ‘n rot met dié saak. En die wonderbaarlike Premier, Supra Mahumapelo, waar is jy as wit boere DAAGLIKS aan die hand van swartmense op plase uitgemoor word? Is dit dan dit swart-op-wit-rassisme nie? Nee, julle speel mos die rassekaart soos dit julle pas …

Penellope Jones ·

Die premier het ‘n ernstige tekort aan onderskeidingsvermoe.

Werner ·

Dink die premier moet maar ophou regter speel dis in elkgeval bo sy vuurmaak plek en dat die reg sy gang gaan hy gaan maak dat SA brand met sy uitsprake

PJ ·

As julle nie rassiste is nie hoekom toy toy julle nie as die plaasboere so vermink en vermoor word nie?

Vra maar net ·

Stem saam hoekom nie saam met ons optogte hou teen al die plaasmoorde nie… dubbed standaarde. Ek stem geen radsisme teen enige Ras goed nie. Maar dit Blyk geen ander Ras tel nie.

VERITAS ·

Wat het van die mannetjie geword wat weggehardloop het? Het die polisie hom al opgespoor om te bepaal of hulle wel gesteel het of is dit nie belangrik nie? Ek moet sê dit klink vir my bietjie dik vir ‘n daalder dat die oorledene uit vrye wil op die bakkie geklim het om polisiestasie toe te gaan.

Mozer ·

Dit is duidelik dat jy nie jou swart landgenote ken nie. En ons wit boere weet om binne die reg te bly anders dobbel jy met Jou lewe. Hoewel persone soos die minister ons graag wil vals beskuldig.

Andries ·

Wie het die bakkie bestuur as hulle hom afgegooi het? Redelikheid. Dis wat hierdie regering en sy amptenare nooit sal en kan verstaan nie.

Riana71 ·

“Common sense” – dit groei nie aan elke boom nie. Aangesien daar slegs twee “rassistiese” beskuldiges was, wat albei binne in die bakkie was, moes dit seker een of ander “tokkelos” wees wat agterop saam met die “oortreder” gery het wat hom afgegooi het. En natuurlik sal die ander “oortreder” wat weggehardloop het, nie gevind word nie, aangesien hy nou seker die ooggetuie wees wat gesien het hoe die 16jarige oortreder van die bakkie afgegooi was.

Ramkat ·

Blatante perverse rassistiese opmerking verskuil agter kamtage verskoning van nie-rassisme.
Agriforum behoort hom hieroor op te neem.

al ·

Die premier het die 2 wit mans klaar aangekla en gevonnis voor ñ 1000 mense. Voordat die 2 mans ñ behoorlik deur die hof aangehoor is. Volgens SA se wet is jy onskuldig totdat jy skuldig bevind word.
Sou die twee wit mans onskuldig bevind word, kan hul ñ siviele eis insit deurdat hul naam en regte geskend is? Inteendeel word hul regte juis nou ook geskend deur die Premier!

Chris ·

Ek wonder net wanneer gaan hulle die guts he om ook by die begrafnis van n plaasboer op te daag. Dalk ook sommer die lykskouings bywoon voordat hulle na die begrafnis gaan en vir die nasie kom vertel wat hulle gesien het.

AL ·

Dalk moet Afriforum n openlike uitnodiging stuur aan die arrogante Premier?

Vra maar net ·

Stem saam hoekom nie saam met ons optogte hou teen al die plaasmoorde nie… dubbed standaarde. Ek stem geen radsisme teen enige Ras goed nie. Maar dit Blyk geen ander Ras tel nie.

Thea Gerber ·

O hulle sal opdaag vir vriend en vyand se begrafnis, want as die Provinsiale Regering die begrafnis befonds, weet hulle dat daar meer ge-eet en gedrink as gehuil gaan word. Wonder hoeveel van die 1000 mense het die outjie geken, want soos dit vir my lyk, het sy eie ouers nie veel van hom geweet nie. Hy het die vakansie gaan kuier en dae na die vakansie nog nie by die huis opgedaag nie, sonder dat hulle bekommerd was. ‘n Skoolhoof het van plaas tot plaas rondgegaan en die kind se ouers gesoek, hulle amper ‘n week na sy dood in die dorp opgespoor om vir hulle te vertel die kind is dood. Die media laat dit klink of die seun met ‘n enkele sonneblommetjie in sy onskuldige handjie gevind is, terwyl die sakke sonneblompitte saam met hom agter op die bakkie was.

Blits ·

Die twee mans is van dag een af deur die mense daar skuldig bevind en sal seker maak dat hulle skuldig bly, ons reg is veronderstel om ONSKULDIG tot Skuldig te wees en nie anders om nie, maar dis die probleem met ander mense, volgens hulle is n wit mense altyd skuldig al word hy onskuldig bevind maar hulle mense is onskuldig al word hulle skuldig bevind.

ken benoni ·

Stem met al die kommentare hier bo saam, klink amper ook asof die premier graag wil sien dat die land brand. Soek verseker aansien onder sy mense!

Jakes ·

Wat as daar blankes ook betoog wonder of hulle weer sal betoog saam blankes vir n plaas aanval of huis roof

CHRISTA ·

Hy is kamma nie ‘n rassis nie, maar ek het nog NOOIT gehoor dat hy die swartes wat blanke boere vermoor oordeel nie!! Dit laat mens wonder . . . .

Piet Pompies ·

Die uitsprake is desperaatheid van die ANC om geleenthede te misbruik ten einde hulself goed te laat lyk ten spyte daarvan dat die boot besig is om te sink.

Joey ·

Mnr Bonwana – wees versigtig met u uitsprake. Moenie probeer God speel nie. Hy en slegs Hy beskik oor lewe en dood. Sal u asseblief met die volgende plaasmoord al u ondersteuners versoek om ñ petisie te teken en in massas op te kom na hof- u en hulle is mos nie rassiste nie? So doen dan die regte ding in die toekoms- woon die wit vermoorde boer se begrafnis by , dra al die uitgawes en reël dat al die werklose plaaswerkers (agv boer se moord) ander werk kry. Die hand wat hul gevoed het is dan mos nie meer daar….o ja en onthou die ete na die begrafnis. Dit moet ook uit die staatdfonds kom.

Johan ·

Ja as dit nie haatspraak en opsweep teen ander is nie wil ek nie hier wees nie. Maar wat kan jy van hulle verwag hy wil steun he onder die wat nie kan lees en skryf nie. Die wat als glo wat hulle aandra na so n plek toe
Mense ons sal moet waak teen sulkes en hulle eenvoudig vas vat. Laat daardie uitspraak nou gemaak word deur n wit man dan het die hele polisiemag opgetrek om hom te arresteer. My siening.

Boer ·

‘n Groot bekommernis is dat howe beslis oor sake volgens die wil van die groep mense wat meeste afbrand. Die howe is werklik nie meer onafhanklik nie.

Christien Scheepers ·

Twee weke lank kon hul nie uitvind wie die kind is nie. Sy eie ouers het hom nie gemis nie. Hy was waarskynlik uitgehonger ook. WAAR KOM 1000 MENSE NOU SKIELIK VANDAAN OM OOR HOM TE ROU ? Die swart gemeenskap staan skuldig , met sy ouers vooraan, aan die kind se verwaarlosing en uiteindelike dood !

AL ·

Ek stem!
Die oorlede sonneblomdief is nou 17 jr oud.
Duidelik was hy nog ñ paar weke gelede ñ nobody en naarstigtelik sy ouderdom ñ paar keer aangepas wat wys dat hy nie behoorlik versorg en gekyk is na nie.
Die Premier wil die swak dienslewering van die ANC toesmeer om gemoedere op te sweep teen wit mense.

Jd ·

Blatante rassisme. Die feit is wittes word altyd as uitgang gebruik vir cANCer se rassistiese anti wit program. Hoe het dit meer as n week gevat om sy iuers op te spoor. Het hulle hom nie vermis.

Ook gister se begrafnis van die kinders wat in die taxi ongeluk dood is het uitgedraai in rassistiese uitlatings weereens teen wittes met die rassistiese speaker van cANCer wat voortou geneem het

Renè Dames ·

Dit is nie baie wys van die Premier om sulke uitlatings te maak. Ons land benodig niks wat rassehaat van beide kante aanhits nie. Ons (Jan Publiek) was nie teenwoordig waar die twee blankes die kinders gevang steel het nie. Wat ook al gebeur het is so onnodig en regverdig ook nie om ongestraf gelaat te word. As hulle skuldig is moet reg sy verloop neem net soos ons wil hê dat dié mense wat plaasboere en hul arbeiders aanval, terroriseer en vermoor moet aan pen ry . Aan albei kante van spektrum moet mense ophou om reg in eie hande te neem. Ek bid nog steeds dat daar ‘n daadwerklike verandering in mense se harte kom en ons land ‘n beter plek sal wees vir almal.

Lourens Erasmus ·

Al die kommentaar hier is eensydig deur mense wat nie die artikel behoorlik gelees het nie. Wat die man gesê het is dat die kind in die hande van die wit mans was toe hy dood is. Dit is deur die mans erken. Wat hy verder gesê het is dat wit mense nie swart mense mag doodmaak nie. Daarmee behoort ons tog saam te stem. Om hierdie nou aan plaasmoorde – wat ek terloops ook verafsku – te vergelyk is sinneloos.

Flintstone ·

Lourens dan is die teendeel ook waar.Elke blanke in hierdie land van ons wat aan die hand van ‘n swarte sterf kan aan die klok van die cancer gehang word.Hulle is tans in beheer van hierdie land en onder hulle bewind het meer blankes gesterf as wat daar ander kleuriges onder die vorige bewind gesterf het.Hierdie premier is dus vir elke blanke boer se moord in sy provinsie direk verantwoordelik.

Hennie ·

Lourens, miskien moet jy die artikel weer lees. Duidelik verstaan jy net wat jy wil! Hy het duidelik geïmpliseer dat witmense verantwoordelik is vir die seun se dood.

Boerseun ·

As julle nog nie besef het dat die staat vyandig teenoor die Afrikaner is nie is daar nie hoop nie. dit is duidelik uit die episode en toe plaas moorde in parlement bespreek was dat die staat nie sy pligte sal nakom as dit by die Afrikaner kom nie. Maar as my eie mense die duidelike vyandigheid ontken hoe gaan ek ooit my uitwissing stop.

Ken2 ·

Lourens, lees meer as net hierdie artikel, gaan kyk na die premier se volle gesprek. Dit is openlike haatspraak en hy MOET daarvooraangekla word, so ook die regering wat nou haatspraak borg.

Oom Piet ·

Is dit nie eienaardig nie as hulle iemand in hulle woonbuurt vang wat gesteel het ,skuldig of on skuldig word hy summier op die wreedste wyse dood gemaak . Waarom word ons uitgesonder as ons op ‘n beskaafde wyse die dief polisie vat.

Sê maar net ·

Ek sê nie n mens se lewe is minder werd as eiendom nie maar Mnr. Premier gaan kyk in wie se hande is wit mense se huise afgebrand. Gaan kyk in wie se hande is miljoene se skade aangerig oor daar ongelukkigheid was oor polisie nie opgetree het nie. Kyk in wie se hande die polisie wat nie optree nie is. Ek is nie in die omgewing nie maar ek dink die 2 mans kry simpatie en verdien simpatie van die wit gemeenskap oor die fandalisme wat grpleeg is. Met die volgende plaasmoord op n wit boer moet daar maar n stootskraper n deel van Skotland by Coligny kan plat stoot want dit mos die Coligny manier. Of word wit boere ook deur wit hande vermoor Mr. Premier? Waar is die onderwys en die werkgeleenthede sodat mense hulle nie moet wend om sonneblom te gaan steel nie? Darem lekker en maklik om te veralgemeen om jou onvermoë weg te steek. As jy onskuldig my die skuld wil gee moet dan nie my ondersteuning vra nie. Dan sal ek ook n petisie teken vir die 2 mans se vrylating of hulle dan nou skuldig is soos beweer word of nie.

Marie ·

Ou mense word op plase vermoor en niemand hull daaroor.. maar n dief wat van die bakkie afspring… nou is hy vermoor???

Carel ·

Marie jy doen presies dieselfde as die mense – jy verwys na dief – dis n kind en was nog nie skuldig bevind nie ons as wittes moet pasop wat ons doen en kort kort maak wittes droog dan ontgeld ander wittes. Het hy regtig gesteel? Het jy hom gesien steel? Dink jy nie hulle moes maar die SAP geskakel het sodat hulle hom kon arresteer nie? Dink asb voor jy komentaar lewer, hoe die 2 persone hanteer word is verkeerd maar laat ons nou nie na die anderjant se vlak daal nie.

Ettienne Swanepoel ·

Ag ou carel. Word wakker. Wat soek hulle op privaat grond? Duidelik is jy nie n boer nie! Dalk boer jy in die kroeg. Oja. En hul sou nou nog vir die polisie gewag het om op te daag. Jy sou dan heel waarskynlik gese het dit is wreed om hom vir dae daar te hou sonder kos en water. En hul moes hom dan polisie toe gevat het. Skrik wakker ou grote. Die vyand is om jou.

Ken2 ·

Catel, gaan besoek daardie plaas dan sal jy van beter weet. Gaan kyk hoe word plase besteel, in baie gevalle is dit nie eers meer winsgewend om te oes nie want daar staan niks meer om te oes nie, amper als afgesteel. En dit is nie maar net sonneblomme nie, dit is die boer se inkomste.

Johanna Botha ·

Al so moeg vir die mense blablabla neewat vee ook voor jou eie deur vir n slag en waar het die mense al n petisie gesteun teen plaaswerkers en landbouers …het jy al aan dit gedink …seker nie

Oom Klasie ·

Jy kan nie met n mentaliteitlose redeneer nie.Hulle soek enige rede om te plunder en af te breek. Hierdie voorval was so reg in hulle kraal.Ek kan nie met mense sonder mentaliteit praat nie want dit sal woorde in die wind wees. Die waarheid word so verdraai maar hulle gaan vir hulle vaslieg. Moenie woorde vermors op hierdie tipe mense nie.

Pieter Viljoen ·

wel menere dit is nou tyd om op te ruk na Coligny and vir die kommuniste te wys ons staan ook saam.

Danie S ·

Die storie is al so holrug gery, die massas maak so groot ophef van 1 kind(wat gesteel het) wat dood is maar sodra ons boere aangeval word en vermoor word is dit niks nie in die oë van die SA regering.

Andre ·

Mense van Coligny, hier is jul kans. Die premier wil mos met julle praat oor rassisme. Laat hy eerstens sy definisie gee van rassisme. Tweedens, laat hy vir julle se wie die rassiste is en ook wie het wat gese wat rassisties is. (Onthou, die twee manne wat opgesluit is, is nog nie skuldig bevind nie en daarom kan hulle nog nie van rassisme beskuldig word nie). As hy nie name met datums en spesifieke gevalle kan noem nie, dan kan julle hom maar uitskel – hopelik voor die media – as die enigste rassis wat haat aanstook. Onthou, rassisme bestaan net solank jy nog daaroor praat.

AL ·

Ek stem. Gaan maak jul stem dik daar. Daar is geen regverdiging vir plundery en eiendombeskadiging nie.
Daar is geen regverdiging om 2 wit werkers te ‘vonnis’ voordat hul n regverdige verhoor het nie.
Daar is geen regverdiging vir plaasmoorde in Noordwes nie.
Julle betaal belasting, julle voorsien werksgeleenthede, JULLE het ook ñ REG!

simon ·

Aan Lourens Erasmus,
Ek het inderdaad die.berig weer gelees.
Ek haal aan”Ons moet saam n op tog teen rassisme hou. God het die mens lewe gegee, maar in hierdie geval is dit nie God wat n lewe geneem nie, maar mense”.
Dit verg nie veel verbeelding om die verskuilde rassisme daarin raak te sien nie.

Boerseun ·

Jy mors jou tyd, hy is verlore vir die Afrikaner. praat nog net ons taal, dis dit

Danie S ·

Storie is al holrug gery. Hierdie storie is so vol bull nonsens.

AL ·

Ek stem. Gaan maak jul stem dik daar. Daar is geen regverdiging vir plundery en eiendombeskadiging nie.
Daar is geen regverdiging om 2 wit werkers te ‘vonnis’ voordat hul n regverdige verhoor het nie.
Daar is geen regverdiging vir plaasmoorde.
Julle betaal belasting, julle voorsien werksgeleenthede, JULLE het ook ñ REG!

Johan. H. ·

Premiertjie bemoei jy jou met jou werk en los die dinkery vir die howe,, Wonder wie stook rassehaat aan,

Johan v H ·

Supra is Zuma se lakei. Hul praat uit een mond en glo dat jy net n rasis kan wees as jy wit is. Tot dat die leierskap nie verander nie kan jy nie verwag dat die volgelinge anders sal op tree. Daar was op Maroela berig dat daar n inbraak was op n plaas deur n verhoor afwagtinde op parool. Maar niemand brand iets af in Ventersdorp. En hul weet ons sal nie as blankes saam staan tot dat ons alles verloor het. Ek weet dat Ramkat wat vroeër bo ook n inskrywing gemaak het. Ek wil vir jou Johan(Ramkat) se dankie. Soos met “It’s time” biddag was jy op Col. Om die waarheid te gaan sien vir jou self. Ons “Christene” wil mekaar erder verslint as om saam te staan. Kom ons hou aan bid saam as kinders van Onse God en VADER. Eerder as om die swaard op mekaar te keer.

Carel ·

Supra hoekom kom praat jy nie op n begrafnis van iemand wat op n plaas vermoor is nie – ek sien nie witmense swart mense dreig of eiendom beskadig as swart mense wittes vermoor nie ek sien swartmense opruk as steun wanneer n wit persoon vermoor word nie maar jy verwag wittes moet dit vir jou doen – hoe werk jou logika? Weet jy wat logija is? As die 2 persone skuldig is moet hulle gestraf word maar laat die gereg sy loop neem – jy ontbloot jou eie rasisme……….

arie ·

Hoekom moet EK stillbly oor rassistiese opmerkings as die Premier van Noordwes hom die reg toe-eien om vuur te spoeg en rassehaat aan te blaas.
n Aanvaller is baie bang as die geweld vir verdedigimg teen hom groter is as die geweld wat hy wil pleeg.
As die Premier van Noordwes (of sy kamerade) dan rassehaat WIL aanblaas moet hulle die hitte daarvan ook aan eie lyf ondervind en dan sal ons sien of hulle daarmee wil voortgaan.
Dit is sommer lamlendigheid dat rassehaat uitsprake so ongestraf laat verbygaan.

thelsa ·

Ek weet die wiel van diegeregtelike stelsel draai stadig maar het nie geweet dit draai sooo stadig nie. Toe hierdie voorval die 1e keer aangemeld het was die seun 12jr oud. . .nou skielik is hy 17jr oud. Hauk !

w ·

Verwag die premier dalk dat wittes aan minderwaardigheid moet ly. Pleks hy ook bek uitspoel wanneer wittes deur swartes vermoor word. Gn moord op watter ras ookal word geregverdig ni

Alberts ·

Ek lees elke dag almal se kommentaar en kom agter julle almal is gepla oor die woord Rassis of Rassiste en dan ook Rassisme. Ek wil net se die woord Rassis beteken nie dat jy ENIGE VOLK of NASIE HAAT. Maar wel dat die 1933-53 Bybel se : Om n Rassis te wees beteken JY is Volks Gebond JY Meng en Baster nie onder Ander VOLKE OF NASIES . En dan soos die HAT Die Woord RASSISME gee: veronderstelling dat karakteren bekwaamheid bepaal word deur ras n denkrigting wat aanneem dat n besonderse ras en die reg het om ander rasse te oorheers. Rassis is dan soos ek hier bo gese het RAS GEBONDE. Die woor RASSIS word misbruik vir wat dit beteken. Ek weet nie hoekom en wie het gese RASSISME beteken jy HAAT n Ander Volk of Nasie want dit is glad nie wat dit beteken.

Scalla ·

Kom ons wag vir die hofsaak dan praat ons verder met die uitgesproke premier, as hy steel is hy 12 en 16 as hy sterf

Dennis ·

Ek wonder hoeveel Premiers was al by wit boere wat aan die hand van swart aanvallers gesterf het se begrafnisse.

Fluffy ·

Die probleem is as blankes elke keer so aangegaan het as n wit persoon deur n swarte vermoor is sal daar elke dag , 365 dae van die jaar betogings en onrus gewees het ! Maw, niemand praat hierdie geisoleerde gevalle goed nie maar dis hoog tyd dat swartes dit in perspektief sien dat as die skoen aan die ander voet was …..

Carel ·

Ettienne ek het geboer maar alles verkoop omdat ek in n land van moordenaars lewe, as jy so bietjie meer wys was “ou grote” sal jy verstaan wat ek skryf, net vir jou inligting ek drink glad nie maar hoe ook al – hoe meer ons in die media met die tipe gdrag verbind word hoe minder gaan die VN of wwreld daarbuite ons glo, so ou grote kry iemand om my bootskap vir jou te verduidelik.

Eps ·

Die beste is om vir daardie mense niks te vra of niks te gee nie en sover moontlik van hulle weg te bly. Ek soek nie geselskap by hulle nie en gee ook nie vir hulle rede om by my te bedel nie.

Anon ·

Wat ek nie verstaan nie, is die samestelling. “is dood nadat hy sy nek gebreek het” en dan later “tydens hierdie voorval so erg beseer is en later aan sy beserings beswyk het”. Laaste wat ek gekyk het kan jy nie dood wees van jou nek breek, en dan 2 sinne verder is jy so erg beseer dat jy later eers dood gegaan het nie. Nek breek maak jou onmiddelik verlam of dood laaste wat ek gekyk het..

Leon de Bruyn ·

Supra terwyl jy vra oor witmense wat nie petisies teken vir swart mense nie: waar is julle krioelende massa elke keer wat ‘n witmens deur een van julle swartes vermoor word??

Johan. H. ·

EPS Ek doen dieselfde, Hulle het bewys daar is min liefde, Hul leef by die motto. Ek wil He<<<<

latie ·

ai ou oom premier moes dink voor jy die afrikaners kap en kyk ander kant ook waar soveel boere op plaas vermoor en jy se niks nie dom stupid ek hopelik hy lees al hy nie verstaan afrikaans nie stuur hom na grade rr toe dat afrikaans lees

Johannes Meintjes ·

Onder die lui Reenboognasie en die lui leiers van die Reenboognasie het dit gebruik geword om gedurig vingers te wys en blaam te probeer skuif, in plaas daarvan om die land en veral die ekonomie op te bou.

Nicolaas ·

Die provinsie wat se infrastruktuur die meeste uitmekaar val, ek ry baie en kom in al die provinsies. Die swakste premier in die land, maar die gouste om op die politieke bandwagon te spring en haat teen blankes aan te blaas. Kan die DA se regsmense asb kyk of dit haatspraak is en, indien wel, klagtes indien teen hom

John ·

Hierdie tragiese storie is die verhaal van Afrika wat oor en oor afspeel. Saam is eers probeer, toe is apart probeer en toe word saam weer probeer… en niks verander nie… en nou wil hulle alles-vat probeer… en steeds gaan die probleem net erger word. Gelukkig is Mogabe se hoogs ontwikkelde ryk land Zimbabwe naby waar die gryp-ideologie so geslaagd toegepas was, waarheen die volk kan trek as al die werk en kos hier op is… en veral baie tabak en dagga op die lande het… gratis en verniet… en waar Z$1 000 000 orals rondwapper…

Han ·

Ja, Mahumapelo, skree en beskuldig jy ook swartmense van rassisme wat wit boere op hul plase vermoor? Natuurlik nie, want dit dra jou goedkeuring weg.

Dirk ·

Ai shame dis darm sooooo erg. Setiouslly way van WIT BOERE WST BRUTAAL VERMINK EN GEMOR WORD. WEL AS DAAI WOORDE UIT N PREMIER KOM WYS JOU NET WIE IS RASISTIRS. HET HY DIE EINSTE PREMIER AL IETS SOOS DIT TE SE GEHAD OOR BOERE IN SY DISTRIK WAT WREED VERMOOR WAS. MMMMMMMM I DONY THINK SO. SO ASB PREMIER DINK 2 KEER BOOR JY SULKE DINGE KWYT RAAK ASB.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het netnou op kanaal 403 geluister na die borgaansoek van die “beskuldiges” in die Coligny-saak. (1) Die voorsittende beampte se dis ‘n moeilike saak inaggenome die publieke belangstelling in die saak. Beteken dit die publiek beinvloed die besluitneming tov aangeklaagdes? (2) Gister is berig die oorledene was ‘n “voortreflike” leerder van die skool. Hoe so want niemand het eens geweet wie hy is nie. (3) Op televisiefoto’s wat nounet gebeeldsend is is daar VERSKEIE swart dogters in hul skooluniform wat saam met die “beswaardes” op die terrein voor die landdroshof toy-toy. Waarom is hul nie in die skool nie en hoe arrogant om in hul SKOOL UNIFORM mee te doen in die opstand nie. (4) In ‘n berig in een van die koerante word die Colignyinwoners van rassisme beskuldig omdat swart inwoners werkloos is agv van ‘n taalprobleem omdat die werkverskaffers net Afrikaans praat. Ek is Afrikaanssprekend en weet ek moet nog ‘n ander taal magtig wees as ek by daardie anderstalige aansoek doen om ‘n werk. (5) As die mannetjieskat kleintjies kry sal dit OOK die wit Afrikaner se skuld wees.

SARIE VAN HEERDEN ·

Dankie Alberts vir die verduideliking van die woord Rassis, Rassisme en Rassisties. Die bewoording wat jy aanhaal van die Bybelse uitleg het ek eenkeer raakgelees maar kan nie meer onthou waar nie. In die vertaling naq l953 is die woord “baster” verwyder en die versie polities reggestel. Miskien sal jy vir ons die gedeelte wat dit in die Bybel verduidelik word kan deurgee op Maroela, of miskien kan lg dit vir ons doen.

Gatvol ·

Nou wat sê die ANC en hulle Premier nou oor die 2 manne se huise wat aan die brand gesteek is omdat hulle borgtog gekry het. Die wie daarvoor verantwoordelik is, sal seker nooit gevang word nie.
Ons bede is met die gesinne wat nou ly onder kriminele. Mag die Vader julle beskerm. Die vuilgoed wat julle huise verwoes het sal eendag in die hel brand. Hoop net die duiwel het genoeg petrol om hulle vir ewig te laat ly.

ME ·

Premier – ek staan by jou met optogte. Kan ons asb. begin by plaasmoorde? Honderde Wit Afrikaner boere word vermoor – en wat het JY toe gedoen…. nou sterf een swart seun en jy pryk in die koerant?

Valie ·

Mnr die premier. Probeer soos n leier optree, daar is n groot verskil tussen dit en n opsweper. Maar leierskap is duidelik nie deel van mense wat in die laaste 3000 jaar nie eens n stad kon bou se mondering nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.