Premier kap terug oor masker by begrafnis

Refilwe Mtsweni-Tsipane, premier van Mpumalanga, waar sy sonder ‘n gesigmasker by die begrafnis gesien kan word. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het Sondag verduidelik waarom sy “kortliks” sonder ʼn masker by die begrafnis van die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, was.

Mthembu is die afgelope naweek tydens ʼn staatsbegrafnis in eMalahleni ter ruste gelê.

ʼn Herrie het egter losgebars nadat beeldmateriaal van Mtsweni-Tsipane – sonder ʼn gesigmasker by die begrafnis – versprei is. Die ontslape minister se begrafnis is op televisie uitgesaai.

“Nadat sy by die begraafplaas aangekom en uit haar voertuig geklim het, is die premier se masker op een of ander manier beskadig en sy het nie geweet dat dit geval het nie. Sy het gedink dit is steeds op die regte plek, soos deurentyd die geval was,” het haar kantoor Sondag in ʼn verklaring gesê.

“Die premier se assistente het vinnig na ʼn plaasvervangermasker vir die premier gesoek wat sy vir die res van die verrigtinge gebruik het.”

Mtsweni-Tsipane het ook die inwoners van Mpumalanga en die res van die land om verskoning gevra vir die “kortstondige oomblik” toe haar masker geval en sy onbewus was daarvan.

“Die premier het die noodsaak van voldoening aan Covid-19-regulasies benadruk en gaan voort om ʼn beroep op inwoners van Mpumalanga te doen om heeltyd maskers te dra, sosiale afstand te handhaaf en gereeld hande te was.”

Die minister van polisie, Bheki Cele, het intussen sy “kommer” oor Mtsweni-Tsipane se “beweerde gedrag” te kenne gegee toe sy “op nasionale televisie gesien is terwyl sy nie ʼn masker in die openbaar dra nie”.

Verskeie mense het die voorval boonop op verskeie platforms onder die polisieminister se aandag gebring.

“As Suid-Afrika hierdie onsigbare vyand van Covid-19 wil klop, kan ons eenvoudig nie ons waaksaamheid verslap nie. Dit is hoekom ek die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, versoek het om die kwessie oor die premier te ondersoek.

“ʼn Ondersoek en die nodige stappe moet gedoen word,” het Cele gesê.

Die polisieminister het mense herinner dat die dra van ʼn masker in die openbaar verpligtend onder die aangepaste vlak 3-regulasies is. Enigiemand wat nie ʼn mondelinge opdrag deur ʼn wetstoepasser nakom om ʼn masker te dra nie, begaan ʼn oortreding en kan tydens skuldigbevinding ʼn boete of tronkstraf opgelê word.

Mtsweni-Tsipane het ook op sosiale media deurgeloop onder mense wat wou weet waarom sy nie aan die regulasies voldoen nie – asook hoekom sy nie soos ander gewone burgers strafregtelik daarvoor vervolg word nie.

Ramaphosa, wat self die begrafnis bygewoon het, het Suid-Afrikaners boonop al verskeie kere gemaan dat begrafnisse groot verspreiders van Covid-19 is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

AfghanBull ·

“Sy het nie geweet die masker het afgeval nie.”

Maar natuurlik! Sy is immers ANC – net nog bewys dat die spulletjie absoluut niks weet nie.

Anoniem ·

Die masker het seker om haar heupe gehang en toe gebreek met die uitklim…

Eiervrug ·

Dank Vader dis nie haar rok gewees wat afgeval het nie, want sy sou dit ook dan seker nie agtergekom het nie….

Zombie ·

@AfghanBull, ek stem 100% saam met jou. Ek dink die “onbewustheid” is die kernprobleem in SA. Die masker wat afgeval het, is maar net die simbool van alles wat afval en waarvan hulle nie bewus is nie.
Ons sal sien of die geagte minister van polisie sy strand-uitstappies sal kanselleer en en hierdie aangeleentheid met dieselfde ywer sal aanspreek en of daar ń arrestasie sal wees.

Lynette ·

As mena ‘n masker op jou gesig het…HOE OP AARDE kom mens ‘nie agter as dit beskadig word en AFVAL’ nie??

Geurt ·

Snaaks, ek kom onmiddelik agter as my masker nie op my gesig is nie. Jammer maar sy en haar spreekbuis praat nonses. Hulle onderskat ons intellegensie met so n antwoord!

Hannes ·

En dit is tot waar Bheki Cele se bevoegtheid strek, kyk wie dra ‘n masker of nie… Suid Afrika se misdaad is nie juis iets waaroor hy in die media wil praat nie.

koos10 ·

Moet die Nasionale Kommisaris van Polisie eers toestemming van die Minister kry om sy werk te doen? Hier gaan niks van kom nie!!

Deon ·

Kan sy nie maar soos die res van ons gepeupel eers plan maak om n masker te kry voordat sy dan nou sonder die ding rondloop nie? Of haar “onderbroek oor haar mond trek” soos wat n staats beampte oor n luidspreker vir ons mense wat in kilometers lange rye by die poskantoor wag vir R350 aalmoes in die boesmanland son, gese het nie….. Kan geensins verantwoordelikheid vat vir hulle dade nie, kyk na die flou verskoning.. Tsek anc, tsek julle almal wat ons so onregverdig behandel.

PH ·

Watse “ondersoek” moet gedoen word, huh? Sy’t die wet oortree – BEBOET HAAR!

SwartBees ·

Hulle moet eers n kommisie van ondersoek aanstel, gevolg met n verhoor kommisie DAN n versoenings kommisie. Gevolg deur n kommisie om apeleer. Dan weer n nuwe ondersoekende kommisie….ens.

Marius ·

Nie almal is stupit nie en aanvaar nie die tipe verskoning nie , maar die anc kan mos maak wat hulle wil en net se sorrrryyy . Dit werk nie so nie , dit is agv van sulke mense dat 620 mense plus hulle families nou moet boet deur sonder werk te sit . Regtig ????? Kom Cele wys of jy man of muis is .

Eragrostis ·

Leuens is die ANC en liberales se eerste verweer as hulle oor iets gekonfronteer word wat hulle verkeerd gedoen het. En dan onderskat hulle boonop die intelligensie van die publiek om te dink dat ons hul belaglike verskonings sal glo.
Kom Bheki, arresteer haar soos jy die klomp op die strande vol bravade en met TV-kameras laat arresteer het, en wys ons daardeur jy is konsekwent nie rassisties nie.

Cornel ·

Waar is Cele en sy trawante? Sy moet gearessteer word. As dit een van ons was, was ons nou in aanhouding. Cele wees konselwent

Daleen ·

Ek soek ook asb van daardie baie liggewig maskers dat jy nie eers agterkom of jy een op het aldan nie. Geen pille vir domgeit nie.

donsie ·

Sy het seker maar gesien dat die blou masker nie by haar outfit pas nie en gehoop dat niemand sal sien dat sy nie ‘n swart masker op het nie

Kokerboom ·

As die ANC hul mond oopmaak, lieg, bedrieg en konkel hulle

Hennie J ·

So ons, die gepeupel, moet nou die liegstorie glo, want volgens die anc is ons so stupid dat ons in elk geval enige storie glo. Ou hoed het ook toe n eier te le en van daardie ondersoek gaan dadels kom.

Darkwing Duck ·

Sou sy agtergekom het as sy ‘n ander rekkie geskiet het en daardie item verloor het langs pad? Absolute bog. En ons weet almal teen hierdie tyd hoe pateties die rekkies van die maskers is (vars van China), so hou altyd ‘n paar spaar op hand.

Baardman ·

Hoe de … kom jy nie agter jy het nie n masker op nie. Dink julle regtig ons is so stupid

Stof ·

Moes “kortstondige oomblik” nie dalk gelees het “kortstondige erkenning van die waarheid” nie?

Kobus ·

Absoluut belaglik – nie geweet haar masker het afgeval nie. Sal geen boete kry nie, sy het mos nou verskoning gevra.

Persheks Adri ·

Gggmmmfff sy’s op televisie sonder ‘n masker so hoekom word sy nie toe gesluit soos die res van die land nie huh Cele?

Genis ·

Kyk as sy nou opi stard was, was daar nou perde….. Skande wwereens, en wat n half gebakte leun…

jzjz05 ·

Genis,hulle ry mat bakkies op die strand om mense te vervolg wat 100% teen die wet is en Cele het nie n ooglit verroer nie ,

VannieBaai ·

En die offisiële persone wat moet toesien dat almal saniteer en maskers dra kon nie een vir haar gevra het waar haar maskers is nie????? Lekker man lekker!!!! Sou graag wou sien wat ons edel president hieromtrent gaan sê…….

Schalk ·

Jene nou raak lieg ook sommer ‘n gewoonte! Dit is mos nou loutere snert! Almal kla oor die maskers en sy kom nie agter haar masker het afgeval nie!

Boksombende ·

Natuurlik. En ek kom ook nie agter as ek sonder ‘n broek in die strate rond wals nie…

Essie ·

As ons so ‘n flou verskoning moes uitdink, was dit neusie verby met ons…..

Casper ·

Dit maak my boos as die madam so oop en bloot lieg.Toe sy uit die kar uigeklim het was daar niks fout met haar masker nie,sy het dit afgehaal.Hoekom wys hulle nie die plaasvervanger masker nie,want dit is dieselfde een.Cele is te slapgat om op te treë.Dit gaan ‘n president skep as daar nie teen haar opgetreë word nie want dan gaan niemand wil maskers dra nie.

Hendrik ·

Hoe op aarde dit moontlik as jy iets om jou mond het en dit val dat jy nie daarvan weet nie??? Dit is ‘n lieg!!!! Hoekom is sy nie in hegtenis geneem nie???? Is dit omdat ministers en die ANC verhewe is bo die wet???

gatgogga ·

Sy het nogal besonder jolly voorgekom vir ‘n persoon wat ‘n begrafnis bywoon. Seker ook nie geweet waar sy was nie.

Danie ·

Man sy praat nou die grootste spul nonsens. Wys jou net hoe lieg hulle. Jy dra die ding op jou gesig. Jy sukkel al klaar om asem te haal dus as hy afval dan voel jy onmiddelik daar is n verskil in asemhaling, verskil in temperatuur want jy asem warm lug uit of is sy n reptiel.

MJ ·

Jy moet uiters dom wees om nie agter te kom jou masker het van jou gesig afgeval nie….

Tersia ·

Dit was g’n ‘n “kortstondige oomblik nie”. Gaan kyk na die beeldmateriaal. Sy was lank sonder ‘n masker.

MakersMark ·

Tipies van die mense ipv om verantwoordelikheid te vat vir haar patetiese voorbeeld stry sy oor wat gebeur het. Waarom get sy nie ‘n spaar masker in gaar staatsbetaalde ampsmotor nie ? Of kan sy nie verder as haar neus dink nie?

H ·

hoe de hel is jy onbewus daarvan ??? en sy gaan wegkom met dit !!!!!

Annelize ·

Absoluut clueless, nes die party in wie se diens sy is!

Hoe op aarde kom jy nie agter jou masker val van jou gesig af nie? Nice try Refilwe, probeer maar weer.
Ek het altyd ‘n spaar masker by my, veral as my kinders saam my is, want glo my, my masker het al op die mees ongeleeste tyd die gees gegee.

Nou as ek so ver kan dink, wat maak haar so spesiaal dat sy nie so ver kan dink nie? Dis seker die mees patetiesste verskoning wat ek in ‘n lang tyd gehoor het.

Louis ·

Hoekom is sy nie gearresteer nie.so nou kan ek ook maar sonder n masker loop en se ek het nie geweet hy het afgeval nie.

Twopence ·

Dit is nou loshand die domste verskoning waarvan ek nog gehoor het. Regtig, dink sy en die persoon wat haar spreekbuis is die mense van Suid-Afrika is onnosel! Ja, en ek wil ook sulke liggewig maskers hê waar ‘n mens nie eens agterkom jy dra een nie.

Het onlangs twee persone sonder maskers gesien – een by Dischem en een in Pick ‘n Pay. Ek is so jammer ek het my plig versuim en nie met hulle in gesprek getree daaroor nie of dit onder die bestuur se aandag gebring nie. Ek verstaan die verskoning wat sulke mense gee, is dat hulle benoud raak. Ek verstaan dit, maar dan moet hulle iemand anders kry om hulle inkopies vir hulle te doen. Sulke mense stel wetsgehoorsame burgers se gesondheid in gevaar.

Riana ·

Ne … hoe kom jy nie agter jy het jou masker verloor , as jy dit oor jou mond en neus dra… so sy het dit as neklace gedra om haar nek as sy nie geweet het nie….

Annette ·

Sy is waarlik baie onoplettend – nie net het die blou masker wat sy opgehad het toe sy uit die motor geklim het, afgeval sonder dat sy dit agter gekom het nie, maar `n silwer armband het skielik aan haar regterarm verskyn… Wonder of sy dit darem agter gekom het? Of het sy op die laaste nippertjie nog aangetrek? Vra maar net…

Werner ·

Almal moet Sonder masker loop Hille ontneem ons reg van ons

Etienne ·

What is good for the goose is good for the gander…. ek moet hierdie verskoning onthou as ek volgende keer sonder ;n masker betrap word… maar ek het vergeet ek is nie een van die geeërde ANC lede nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.