Premier sak ineen tydens provinsiale rede

Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, word regop gehou nadat hy tydens sy provinsiale rede inmekaargesak het. (Skermskoot: SABC News)

Willies Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, het Woensdag halfpad deur sy provinsiale rede by die skouterrein in Pietermaritzburg inmekaargesak.

Mchunu het Sihle Zikalala, ANC-voorsitter in KwaZulu-Natal, gevra of hy met die provinsiale rede kan voortgaan kort voordat hy ten aanskoue van die gehoor skynbaar flou geword het. Iemand het Mchunu betyds gevang voordat hy inmekaargesak het, maar hy het flou en gedisoriënteerd voorgekom.

Die gehoor het met geskokte uitroepe gereageer en verskeie mense het Mchunu te hulp gesnel. Hy is van die verhoog af gelei voordat Zikalala die provinsiale rede voortgesit het.

Mchunu is daarna per ambulans na ʼn hospitaal geneem.

Daar word verwag dat dié Mchunu se laaste provinsiale rede sal wees. Sy gesondheid het die afgelope paar jaar agteruitgegaan en verlede jaar het hy die opening van die wetgewer misgeloop weens swak gesondheid. Zikalala het vir die grootste deel van Januarie as premier waargeneem.

Mchunu het in Mei 2016 premier geword. Hy het Senzo Mchunu opgevolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sandy ·

Sy gesondheid het die afgelope paar jaar agteruitgegaan het ek gelees. So dit beteken dat hy wel siek is. Ons witmense kla altyd oor rassisme teenoor ons, maar as ek die bostaande kommentare lees, dan wil dit lyk asof ons maar net so erg is. Dis nie vir ons om te besluit of hy siek is of aansit nie, dit is net vir Een beskore en dis tussen hom en sy Maker. Judge not lest you be judged.

Martin ·

Sandy. Jy maak so veel sin. Ons as mens is so vinneg om grappies te maak teenoor mekaar se nederlaag. As dit nou met een van ons eie mense gebeur het sou hierdie mense wat so slegte kommentaar lewer n heel ander lied gesing het

Hendrik van George ·

Hy is dus ongeskik om sy pligte as premier uit te voer.

ANNA ·

Kani glo sg. “opgevoede blankes” maak sowaar ñ grap van iemand anders se siekte nie,ongeag sy naam of kleur!
Waar julle respek en opvoeding heen, mense?

Anna jy is reg ·

Anna jy is reg, opvoeding, respek en en ek sluit integriteit in, is baie belangrik. En dit wys. Ook in wat jy skryf of sê.

jaco ·

Gaan kyk na watse lelike goed “hulle” (Ramaphoza se “our people”) gesê het nadat 4 kinders dood is by laerskool Driehoek. Ramaphoza self het niks daaroor gesê nie. Kyk ook maar na Malema se uitsprake van “We will not kill whites, anyway not for now”.
AL daardie lelike uitsprake is 100 maal erger as die paar grappies wat in hierdie kommentare oor Mchunu gemaak word.

ANNA ·

JACO…!!!!
ÉK WEIER, OM TOT OP HÚLLE VLAK VAN HAATSPRAAK TE DAAL !!
ÉK WEIER OM MYSELF TE VERLEKKER IN ENIGE IEMAND SE LYDING OF SIEKTE!
ÉK WEIER,AS TROTS AFRIKANER OM TE MENSE TE HAAT OF TE VERVLOEK!
ÉK WEIER,AS KONINGSKIND OM TE DAAL NA DIE VYAND SE GIFTONGE!
ÉK SEËN,ÉLKE PERSOON IN DIÉ LAND EN EK SPREEK LEWE OOR SA

Sanet ·

MM het reeds al die vorige lelike en snedige kommentare verwyder,JACO

SjN ·

Wens hom n vinnige herstel toe, lyk darem baie beter, goeie teken dat hy al weer self kan eet.

Papa G ·

Ek lees die kommentare en weereens, skaam ek my vir my eie mense. Ek weet dit gaan swaar. Ek weet van moord en doodslag. Ek weet van afleggings en rassisme. Tog kry ek skaam tot in die diepste van my wese. Wat het van my volk geword? Hoe het julle in hierdie verbitterde, haatdraende mense verander? Tog sit hierdie skerp tonge oorwegend sondae opgedollie in die ‘huis van die here’. Julle is besig om gif te drink en te hoop die ander gaan dood!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.