Premier se kantoor verdedig R8 m. se opknapping

Premier Ace Magashule. Foto: GCIS/Flickr

Premier Ace Magashule. Foto: GCIS/Flickr

Die premier van die Vrystaat, Ace Magashule, se kantoor het die nagenoeg R8 miljoen wat bestee is om sy gastehuis op te knap en ʼn swembad te bou, verdedig.

Die premier se kantoor het in ʼn verklaring gesê dit is duidelik dat die verklaring wat hieroor uitgereik is die bedoeling het om die premier se beeld skade aan te doen. Volgens die kantoor is die begroting vir opknappingswerk die verantwoordelikheid van die departement van openbare werke. “Die geld wat gebruik is vir die opknappingswerk was bedoel vir opknappings en niks anders nie.”

Sam Mashinini, LUR vir openbare werke, het in antwoord op vrae van DA-LPW Leona Kleynhans verduidelik dat uitbreidings gedoen is om ʼn “nuwe swembadhuis te huisves wat vermaakgeriewe insluit, sowel as ʼn komiteekamer wat vir koukusvergaderings en ander soortgelyke funksies gebruik word”.

Die opknappingswerk behels onder meer ʼn eetkamer, ʼn sitkamer, ʼn kombuis en ablusiegeriewe wat die bestaande hoofwoning moes aanvul. ʼn Moderne veiligheidstelsel moes geïnstalleer en die oorspronklike swembad verander word.
“Die swembad was groot en onnodig diep, wat beteken het dat dit skaars warm geword het in die somer en moeilik was vir gebruik deur die premier aangesien hy klein kinders het,” het die antwoord gelui.

Mashinini het ook aangevoer dat die gastehuis nie meer voldoende was om “luukse akkommodasie” aan besoekende afgevaardigdes te verskaf nie. Dit is opgegradeer van ʼn drieslaapkamer-eenbadkamer-huis na ʼn vierslaapkamerhuis met ʼn vyfsterkombuis, sitkamer, eetkamer en buitevermaakgedeelte.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Peet Schabort

Vinkel en koljander, (hier)die een is net soos die ander (een).

M van Dyk

Die paaie verval , die water stink, maar sy kindertjies kan darem lekker swem en sy gaste lekker bly. Logika blom nie in elkeen se tuin nie.

Karen

Ek raak eintlik so moedeloos/kwaad as ek sulke goed lees, want hier gaan nou weer net mooi niks van kom nie. Daar word alewig armoede geskree, plaas die regering kry sy prioriteite reg en hou op almal blameer vir alles wat verkeerd gaan (grotendeels a.g.v. hulle eie wanbestuur – natuurlik net my opinie) en fokus op wat fout is en kom met die nodige oplossings!! Ons sal in ons lewe nooit vorentoe kan beweeg in die mooie land van ons as daar alewig na die verlede veryws word nie (en dis nou al so holrug gery, ek kan al gil… Lees meer »

Gerhard Bezuidenhout

Hierdie opknappings is gedoen om ons ekonomie skade te doen want die kaders dink mos dat geld nooit sal opraak nie . Enige ouer wat die moeite werd is sal hul kinders oppas dat hul nie in die diepkant van die swembad gaan nie en vir wat moet die swembad verhit word. Hierdie knaap haal Zuma se streke uit.

Johan

Ek wonder wat van al die kastele gaan word as die ANC uit die kussings gelig gaan word. Die meeste van die goed is uit baie slegte smaak ontwikkel en die bouwerk van miljoene word aan kaders uitgedeel wat nie die vermoeë het om goeie bougehalte daar te stem nie. Wat is fout met die kiesers? Loop hulle met oogklappe. Hoekom bly hulle steeds vir die party stem waar daar geen toekoms vir hulle geskep word nie, maar net gekyk word na die paar fat cats met hulle swart karre en spekvet ronde nekke. Hulle sien jy nooit in die… Lees meer »