Premier se kantoor verdedig R8 m. se opknapping

Premier Ace Magashule. Foto: GCIS/Flickr

Premier Ace Magashule. Foto: GCIS/Flickr

Die premier van die Vrystaat, Ace Magashule, se kantoor het die nagenoeg R8 miljoen wat bestee is om sy gastehuis op te knap en ʼn swembad te bou, verdedig.

Die premier se kantoor het in ʼn verklaring gesê dit is duidelik dat die verklaring wat hieroor uitgereik is die bedoeling het om die premier se beeld skade aan te doen. Volgens die kantoor is die begroting vir opknappingswerk die verantwoordelikheid van die departement van openbare werke. “Die geld wat gebruik is vir die opknappingswerk was bedoel vir opknappings en niks anders nie.”

Sam Mashinini, LUR vir openbare werke, het in antwoord op vrae van DA-LPW Leona Kleynhans verduidelik dat uitbreidings gedoen is om ʼn “nuwe swembadhuis te huisves wat vermaakgeriewe insluit, sowel as ʼn komiteekamer wat vir koukusvergaderings en ander soortgelyke funksies gebruik word”.

Die opknappingswerk behels onder meer ʼn eetkamer, ʼn sitkamer, ʼn kombuis en ablusiegeriewe wat die bestaande hoofwoning moes aanvul. ʼn Moderne veiligheidstelsel moes geïnstalleer en die oorspronklike swembad verander word.
“Die swembad was groot en onnodig diep, wat beteken het dat dit skaars warm geword het in die somer en moeilik was vir gebruik deur die premier aangesien hy klein kinders het,” het die antwoord gelui.

Mashinini het ook aangevoer dat die gastehuis nie meer voldoende was om “luukse akkommodasie” aan besoekende afgevaardigdes te verskaf nie. Dit is opgegradeer van ʼn drieslaapkamer-eenbadkamer-huis na ʼn vierslaapkamerhuis met ʼn vyfsterkombuis, sitkamer, eetkamer en buitevermaakgedeelte.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Peet Schabort ·

Vinkel en koljander, (hier)die een is net soos die ander (een).

M van Dyk ·

Die paaie verval , die water stink, maar sy kindertjies kan darem lekker swem en sy gaste lekker bly. Logika blom nie in elkeen se tuin nie.

Karen ·

Ek raak eintlik so moedeloos/kwaad as ek sulke goed lees, want hier gaan nou weer net mooi niks van kom nie.
Daar word alewig armoede geskree, plaas die regering kry sy prioriteite reg en hou op almal blameer vir alles wat verkeerd gaan (grotendeels a.g.v. hulle eie wanbestuur – natuurlik net my opinie) en fokus op wat fout is en kom met die nodige oplossings!!
Ons sal in ons lewe nooit vorentoe kan beweeg in die mooie land van ons as daar alewig na die verlede veryws word nie (en dis nou al so holrug gery, ek kan al gil van frustrasie!!!!).

Gerhard Bezuidenhout ·

Hierdie opknappings is gedoen om ons ekonomie skade te doen want die kaders dink mos dat geld nooit sal opraak nie . Enige ouer wat die moeite werd is sal hul kinders oppas dat hul nie in die diepkant van die swembad gaan nie en vir wat moet die swembad verhit word. Hierdie knaap haal Zuma se streke uit.

Johan ·

Ek wonder wat van al die kastele gaan word as die ANC uit die kussings gelig gaan word.
Die meeste van die goed is uit baie slegte smaak ontwikkel en die bouwerk van miljoene word aan kaders uitgedeel wat nie die vermoeë het om goeie bougehalte daar te stem nie.
Wat is fout met die kiesers? Loop hulle met oogklappe. Hoekom bly hulle steeds vir die party stem waar daar geen toekoms vir hulle geskep word nie, maar net gekyk word na die paar fat cats met hulle swart karre en spekvet ronde nekke. Hulle sien jy nooit in die woonbuurte waar die swaar gaan nie.
Die Magashule knaap bly ook die laaste tyd in die nuus oor sy “wasteful expenditure” .
Sy val van sy troontjie is nader as wat hy dink.

Pretorius ·

Want die wat vir die ANC stem betaal nie belastings nie dishoekom

KarooKlong ·

“Dit is opgegradeer van ʼn drieslaapkamer-eenbadkamer-huis na ʼn vierslaapkamerhuis met ʼn vyfsterkombuis, sitkamer, eetkamer en buitevermaakgedeelte”.

Het hulle vergeet om badkamers te bou?

Pikkie ·

@Karooklong nee hulle het nie vergeet van die badkamers nie. Dis die volgende hoop geld se verduideliking

Dries van Tonder ·

Nee hulle het nie die badkamers vergeet nie. Die BEE kontrakteurs het genoeg geoes en vir ‘n tyd hoef hulle nou nie te werk nie. As hulle weer geld nodig het, sal die volgende R8 miljoen gebruik word om “vyf ster” badkamers te bou.

Japie ·

ń Hele paar kilometers se paaie kon opgeknap word vir die hoop held.

Jan van Riebeeck ·

Dis alles my skuld…. As ek nie destyds die Europese beskawing Afrika toe gebring het nie, was Ace nou heelwaarskynlik ‘n Tribal Chief wat lekker in sy modderhut gebly het, terwyl sy kinders in die spruit geswem het.

Thinus ·

Sien egter die belangrikste feit word nie raakgesien nie en dat dit ‘n privaat woning is wat opgegradeer word met staatsgeld en dus neerkom op vermors van sulke geld

Elize ·

Soos soveel maal in die verlede sit ek met hierdie “woede en magtelose gevoel” binne my. Ek is moeg om kommentaar te lewer want al wat ons doen is ons tyd en energie mors maar as ons nie ons gedagtes op papier uitdruk nie is daar nie ontlading van die spanning binne in ons nie. Ek sien dit is weereens private eiendom wat met my geld opgeknap word en ek weet ook dat wanneer die premier afstand doen van sy amp hy nog steeds aanspraak kan maak op veiligheidswagte, hierdie fantastiese huis met al die kostes wat rondom sekuriteit en dies meer aangaan en ‘n stewige maandelikse inkomste tot eendag. Te midde van al my magteloosheid vra ek net …gaan die besoekers en koukusgangers en al die belangrike mense vir wie die opknappings gedoen word, wel van die fasiliteite gebruik maak of gaan hulle venues huur vir hierdie okkasies en moet ek dan weer daarvoor ook opdok want die kinders raas in die swembad en die vrou wat die huis moet skoonmaak is dag af”? Ek vra maar net

pop ·

En dan wil hulle die arme staatswerkers nou n 5,o8% verhoging gee, en die res van ons moet hoes en besny vir meer belasting. Maar stem vir die ANC die sal almal stem.!!! En die woord dom mag nie gebruik word nie. Ek lag deesdae maar net vir die sirkus.

Jaco Grobler ·

Hoe verregaande dit ookal mag klink, ek dink ons almal moet soos ‘preppers’ voorrade opgaar, met boere en plotbewoners vriende maak, en dan ophou werk vir ‘n jaar of twee, daar moet eenvoudig nie meer geld wees vir die lot nie, anders hou hulle net aan verbruik! Dis ek en jy, die middelklas, en die mense wat hard werk wat die lot voer! Dan kan ons in daardie tyd sommer weer lekker volk word, begin oor en weer kuier, saamstaan en planne maak om die land te herbou.

Eugene Van Der Westhuizen ·

Wag ek sal eerder dood stil bly want ek sal graag wil weet teen watter prys per vk meter is die aanbouings gedoen? Die huidige gemiddelde bou koste is +- R8000 per vk meter so teen daardie prys is hoeveel vk meter aangebou? Mmmm erens het iemand hulle somme verkeerd dink ek. Die aanbouings is gedoen na Mangaung (Centlec) hoeveel miljoene aan Eskom skuld? EN dan ken Centlec se bestuur hulle self groot verhogings toe en die mense laer af kry +- 5%.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.