Premier se konvooi ry voetganger dood

Argieffoto

ʼn Voetganger is Donderdagoggend deur die konvooi van Mpumalanga se premier, David Mabuza, doodgery.

Zibonele Mncwango, Mabuza se woordvoerder, het gesê die voorval het gebeur toe die man die N4-snelweg by Croc Valley in die rigting van Karino in Mbombela (Nelspruit) wou oorsteek.

“Een van die konvooivoertuie wat deur ʼn beampte van die Suid-Afrikaanse Polisiediens bestuur is, het die man getref,” het Mncwango gesê.

Volgens Mncwango was Mabuza op pad na die lughawe om ʼn vlug te haal om ʼn gedenkdiens by te woon van die 20 mense, onder wie 18 skoolkinders, wat twee weke gelede op die R25 buite Bronkhorstspruit in ʼn ongeluk dood is.

Mabuza het sy meegevoel met die man se familie betuig. Hy sal binnekort ʼn besoek aan die man se familie bring om sy meegevoel oor te dra.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Eps ·

As dit ‘n witmens is wat ‘n swarte omry dan is dit moord.

Lizanne ·

En soos alle vorige gevalle sal hulle daarmee wegkom indien hulle skuldig is.

Thea ·

Ja nee hier gaan niks van kom nie maar as dit nou ‘n blanke was wat ‘n nie blanke doodgery het was dit op al die koerante se voorblaaie en vir dae op sosiale media

pieter ·

Wonder of hulle ook nou plekke gaan brand en verwoes.ai maar vergeet dit was nie wittes of boere nie maar die Premier.

cor ·

Daar sal niks van kom nie dit sal ook nie ontaard in n Colony sirkus nie. Hierdie bloulig brigade maak net wat hulle wil op die paaie. Die familie sal n begrafnis gegee word , bietjie kruideniersware en n paar rand in die hand gestop word sodat hulle nie gaan kla nie. Afrika style.

HennieB ·

Kan julle vir n slag ophou om alles oor ras te maak? Sê nou maar die voetganger was swart? Wat van die polisieman wat die motor bestuur het? Op die ou eind, wat maak dit saak?

Die eintlike vraag wat gevra moet word is, wat de joos maak die voetganger op die snelweg? Daar is nie iets soos n voetoorgang teen 120km/hr nie! Sover my kennis strek is dit onwettig om enige snelweg te voet te betree.

TM ·

Hoekom moet hulle altyd jaag. Al gehoor van betyds ry om betyds by jou bestemming te wees? O ja hoe kon ek vergeet, reëls is mos nie vir hulle nie. Dit is uit en uit magsmisbruik. Kom ons ry so laat ons kan, want ‘n blouliggie sal ons betyds daar kry.

Hans ·

Hoekom vlieg die vent? As hy vlieg vanaf Nelspruit tot by OR Tambo, dan moes hy ry Bronkhorstspruit toe wat ‘n ekstra 1uur sou neem. Plus hy moes ‘n uur voor die vlug by die lughawe wees.
As hy gery het vanaf Nelspruit Bronkhorstspruit toe, was dit net langer as 2 ure?

Johann ·

Hans. Want hy KAN en hy WIL!!!! En dit kos hom nie n sent nie. Ek en jy betaal. Seker nou vir die begrafnis en onderhoud van die dooie se xtended familie ook. En die PREMIER en sy mede BLOULIG BRAVADES neem ons paaie eenvoudig more weer oor. Wens een van hulle kinvooi word voorgele deur hulle “people” wat my reg tot.toegang versper..SOOS VANOGGEND! Sal sien hoe die.polisie die kwessie “monitor” as een van die magsbehepte spowdvtare ae grand karre geklip en getire word!

Bertus J van Vuuren ·

So vinnig soos daai konvooie ry sou dit ver minder as twee ure wees. Ek sou graag wil weet teen watter snelheid die voetganger getref is?
En dit sou interesant wees om te weet waarom die bestuurder nog nie gearresteer is nie.

Steven ·

“die Premier was oppad lughawe toe ” HUH??? die Premier bly in Nelspsruit en die diens is in Bronkhorstspruit, maar HRH moet vlieg? dis 3.5 uur se ry per kar….G’n wonder SA is bankrot nie

Asmain ·

Of vlieg hy van Nelspruit lughawe na Bronkhorstspruit vliegveld in n chartered vlug….

Rentia ·

Ha ha ha!! Maklik om te lieg. Nie te se die liegstorie maak sin nie ne

cor ·

Dit is verseker nie n lieg storie nie hulle het laag oor die aarde gevlieg hoekomdink jydie karre het blou ligte en nie landings ligte nie

Rehet ·

Hy moet opslag aangekla word vir moord net soos die 2 Coligny boere. In ons land is daar mos nie iets soos ongelukke nie

Rehet ·

Hy moet opslag aangekla word vir moord net soos die 2 Coligny boere. In ons land is daar mos nie iets soos ongelukke nie.

Marina ·

dit is omdat hulle dink die wereld behoort aan hulle en dat jy al die vorige dag moet weet hulle gaan daar ry sodat almal tog net van die pad kan afbly, onmisbaar se moses en ons kan mos maak net wat en hoe ons wil. Kan nou se daar was spoed ook betrokke!!!

graskopoet ·

David mabuza kan niedeur een ou voetgangertjie se dood gepla wees nie. hy is vir groter ringe bestem. soos die boetiek hotel en glasplatform wat buite Graskop mp gebou gaan word teen R60miljoen+ uit staats en munisipale geld terwyl die dorpie vyf dae per week sonder water is as gevolg van due 170 huise wat deur die “Chinese regering” gebou was en met geen voorsiening vir water krag en riolering nie. riool loop stadug maar seker straat af deur die ou dorpie. daar is nie een heel pad in die ganse dorpe nie. dis nou behalwe die plavei Steen strate hoor anc hoës se huise. maar David kan n boetiek hotel buite die dorp toelaat met munisipale en staatsgeld? way to go David mabusa.

tannie ·

dis n feit. ons betaal erfbelasting en munisipale dienste en daar word niks in die dorp gedoen nie. sukkel al van paasfees af met water en koerantpapier-saniteredoekie&toiletpapierpap wat uit dreine kom. word oopgemaak en loop weer volgende week oor. die inwoners van graskop gaan geen voordeel uit so n hotel he nie. ons sal dit beslis nie eers kan bekostig om daar te gaan koffie drink nie. maar ons wil water, skoon en heel paaie he

iemand ·

by daardie Chinese huise betaal hulle nie eers vir water, huur, munisipale dienste of erfbelasting nie.

Eyebrows ·

Wat help ‘n boetiekhotel ens as geen mens in Graskop kan kom nie? Die paaie is kapoet. As jy nie ‘n helikopter het nie, moet jy maar eerder verby hou.

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense wat kommentaar lewer oor die Blouligbrigade en hoe hul op die paaie ry moet Pretoria toe kom en die R21 neem OR Tambolughawe toe. “n Spul motors met blou ligte aangeskakel storm van agter op jou af teen ‘n hoe spoed en jy moet padgee of hul druk jou teen die ander voertuie in ander bane in. Henk Kruger wat skryf dat hy nie vir hulle padgee nie is dom want hy gaan tweede kom.

snoeffie ·

hoekom word hulle nie afgetrek en geniet nie? die anc het belowe NIEMAND IS BO DIE WET VERHEWE NIE. maar kyk na hulle president.

Suzie ·

Alles is reg julle! hy het mos sy meegevoel betuig en gaan hulle nog besoek ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.