Premier sê nog nie jammer oor Schweizer-voorval

Elana Barkhuizen. (Foto: Solidariteit)

Indien die kantoor van die LUR vir onderwys in Noordwes nie binnekort uit hul eie vir die onderwyseres Elana Barkhuizen om verskoning vra dat hulle haar menseregte geskend het nie, sal Solidariteit regstappe teen hulle doen.

Die vakbond gee dié kantoor, onder leiding van Viola Motsumi, tot 2 Maart om jammer te sê.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het op 18 Januarie vanjaar bevind dat die kantoor van die LUR Barkhuizen se reg op privaatheid, haar regte op behoorlike proses, veiligheid, vryheid van beweging en assosiasie geskend en boonop haar menswaardigheid gekrenk het.

Solidariteit sê die LUR het egter tot dusver nie ’n vinger verroer om aan enige van dié bevele gehoor te gee nie.

“Dit is totaal onaanvaarbaar. Toe ons weer na Elana uitgereik het om die afsluiting van hierdie aaklige hoofstuk in haar lewe te bevestig en te vier, het sy verduidelik dat die LUR nog geensins aan die bevel voldoen het nie,” sê Anton van der Bijl, adjunkbestuurshoof van regsake by Solidariteit.

“Dit vererger die kwessie soveel te meer dat die LUR ook geen verduideliking gegee het waarom daar tot dusver geen poging aangewend is om aan die bevel te voldoen nie.”

Solidariteit voer aan dat die LUR se versuim om aan hierdie voorskrifte te voldoen nie net neerkom op ’n dubbele miskenning en ’n verdere skending van Barkhuizen se menseregte nie, maar dat die departement hierdeur ook die gesag van die Suid-Afrikaanse regstelsel minag.

“Dit is ’n skreiende skande dat ’n regering, wat homself roem op sy skynbare bestryding van rassisme, een van die land se voorste rasboewe is. Hul ontkenning van Elana se regte is erg genoeg, maar dat hulle bereid is om haar trauma tot so ’n mate uit te rek en af te maak, kom neer op blatante onverskilligheid en gevoelloosheid. Elana het te hard baklei en te veel verduur vir ons om bloot so ’n uitkoms te aanvaar.”

Maroela Media het vroeër berig dit het vier jaar geneem om Barkhuizen vry te spreek nadat sy vir beweerde rassisme verguis is. Die MRK het ook bevind die bewering dat Laerskool Schweizer-Reneke onbillik teen vier leerders gediskrimineer het, kan nie gestaaf word nie.

Die kommissie het in hul verslag beveel dat die huidige LUR (Motsumi) binne 14 dae ná die uitreiking van hierdie verslag ’n skriftelike, openbare verskoning aan Barkhuizen moet rig vir die wyse waarop haar departement en die voormalige LUR vir onderwys in Noordwes Barkhuizen behandel het.

In dié verskoning moet die LUR onder meer jammer sê vir die skending van Barkhuizen se regte op behoorlike proses en privaatheid. Boonop moet die huidige LUR om verskoning vra vir haar voorganger se optrede om Barkhuizen valslik van rassisme te beskuldig, asook vir die feit dat haar lewe en dié van haar gesin in gevaar gestel is deur die bekendmaking van haar identiteit in die openbaar.

Die skriftelike verskoning moet voorts in minstens een nasionale koerant geplaas word, en vir minstens een maand op die departement se webblad verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Marius ·

Die situasie spreek boekdele . EK wonder net waar is almal wat daai tyd so klippe gegooi het nou , DA EFF ens?
Dit wys net vir my hoe slapgat is die regring om te erken as hulle gefouteer het .

Cherokee ·

Ek neig te onthou dat daar ‘n faksie onder die lokale kommentators ook was, wat nou tjoepstil is. ‘n Klompie wat die DA se aanvalle geniet en ondersteun het.

Koen ·

Wie is die “hulle” waarna jy verwys? Die ANC, DA, EFF, VF+?. Wie?

Vanessa ·

Hulle kon nie wag om die dame se lewe te verwoes nie. Ek dink nie eers ‘n verskoning sal genoeg wees nie. Ek sou ook my kop in die grond gedruk het as ek hulle was. Niks sal kan vergoed vir die skade wat julle haar aangedoen het nie!!!

George ·

Daar gaan niks kom nie. Het Juls al jammer gese dat hy almal wil laat moor?? NIks gaan kom hiervan nie. Want n African hoef nooit weer jammer te se na 94 nie.

Catherina ·

Go for it Solidarity. We are behind you and the teacher

Cherokee ·

Sometimes we need to set the tone. Not always be behind.

domheks ·

Verhewe bo ‘jammer’ se – hulle erken daardeur hulle het n ou foutjie gemaak!

Lourens ·

Hulle moet sommer die DA ook terselfdertyd bykom. Daai Luyolo Mphithi is mos bevorder na LP na sy rasse-uitbarsting.

Nie Verbaas ·

Vernietig die sleg gemors. Sy moet gedwing word om op televisie om verskoning te vra.

skurweberg ·

Deel van ‘n kultuur wat tot ‘n afgod verhef word omdat “jammer sê” as ‘n swakheid getipeer word.

Jackie ·

Dis n skreiende skande dat hof uitsprake so geminag word. Ons kan kommentaar lewer en skop en skreeu, maar solank wetstoepassers nie tot verantwoording geroep word nie sal daar dadels van die saak kom.

Nico ·

Die LUR van onderwys in die Noordwes sal nooit erken dat hulle die fout begaan het nie, dit is mos altyd die witman/vrou se skuld. Die swartes kan mos nie rassisties wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.