Premier verdedig Bekkersdal-lyfwagte

Bekkersdal Foto: Citizen (via @johannesmyburgh, Twitter)

Bekkersdal Foto: Citizen (via @johannesmyburgh, Twitter)

Nomvula Mokonyane, premier van Gauteng, het ANC-lede verdedig omdat hulle tydens ʼn verkiesingsveldtog in Bekkersdal van lyfwagte gebruik gemaak het, Johannesburg, het The Star Woensdag berig.

“My lyfwagte het Helen Zille beskerm toe haar party na Luthuli House opgeruk het,” het Mokonyane gesê. “Die BBPs beskerm kabinetslede 24/7. Hulle het dit vir Zille gedoen.”

Sy sê sommige senior lede van die ANC het die verkiesingsveldtog op haar uitvoerende gesag bygewoon en was gevolglik geregtig op 24-uur beskerming.

Sy het in die Gautengse Wetgewer reageer op vrae van die Demokratiese Alliansie. Mokonyane glo die vrae is bedoel om “koerantopskrifte te haal”, het The Star berig.

ʼn Afvaardiging van die ANC is op 13 Maart met klippe bestook tydens ʼn deur-tot-deur-veldtog in Bekkersdal.

Die Vereniging vir Besorgde Inwoners in Bekkersdal het aan Sapa gesê inwoners het gesien hoe gewapende ANC-lyfwagte in die informele nedersetting op ongewapende mense, hoofsaaklik skoliere, geskiet het.

The Star het berig dat die party se lyfwagte lewende ammunisie gebruik het. Die Citizen het foto’s van die voorval gepubliseer. Een van die foto’s was van ʼn ANC-lid, Nelson Mdayi, met ʼn ANC-beffie en ʼn vuurwapen agter sy rug. Die ANC-tak in Gauteng het gesê tugstappe sal teen hom gedoen word.

Mbangwa Xaba, koukuswoordvoerder vir die ANC in Gauteng, het in daardie stadium gesê die ANC het nie lyfwagte nie, maar BBP-beskerming wat deur die SAPD verskaf word. -SAPA

Lees ook:
DA en Bekkersdal-gemeenskap lê klag teen ANC
Stappe teen gewapende ANC-lid
Gewapende “ANC-lid” glo staatsbeampte
ANC soek antwoorde oor gewapende man in foto
SAPD swyg oor Bekkersdal-voorval
Bekkersdal: ANC met klippe bestook; SAPD brand los op inwoners

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.