Premier vergader met ouers van omstrede Jhb-skool

Roodepoort Primary School. Foto: Google/maps

Roodepoort Primary School. Foto: Google/maps

David Makhura, premier van Gauteng, sal Vrydagmiddag saam met ander rolspelers by die omstrede Roodepoort Primary School in Johannesburg vergader om te besluit op die pad vorentoe vir die skool.

Makhura het gesê dit is noodsaaklik vir hom om nou in te gryp sodat ʼn volhoubare oplossing gevind kan word vir die onluste wat al maande by die skool woed en onderrig by die skool ontwrig.

Roodepoort Primary School was oor die afgelope maande gereeld in die nuus weens voorvalle van geweld oor beweerde rassisme by die skool. In Junie het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, die skool tydelik gesluit omdat voorvalle van geweld onbeheerbaar geraak het.

Intussen is die skool weer heropen en ʼn veiligheidsmaatskappy met gewapende wagte aangestel om die skoolgronde te bewaak en gange te patrolleer. Verlede week is twee ouers in hegtenis geneem nadat hulle glo in ʼn rusie met een van die wagte betrokke geraak het en die vrou ʼn vuurwapen uitgepluk en op die wag gerig het. ʼn Petrolbom is ook verlede week na die adjunk-hoof se motor gegooi.

Volgens Nino Zama, Makhura se woordvoerder, is die hoofrede vir die samekoms Vrydag dat die premier met die ouers van die skool se leerders kan vergader en hul griewe aanhoor. “Daar is in dié stadium geen sprake daarvan om die skool te sluit nie. Die premier wil ʼn dialoog met die ouers voer sodat daar saam op werkbare oplossings vir die toekoms besluit kan word,” het Zama gesê.

Lesufi en ander senior regeringsbeamptes sal ook by die vergadering wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Winston ·

Almal het griewe en niemand hou by die reëls nie? Of het ek dit verkeerd?

CHRISTA ·

Skokkend!! Petrolbomme by die skool!!! Dit lyk asof hulle dieselfde modus operandi wil voer soos in Soweto in die 70’s!!!

Michelle ·

Dis nou dubbel standaard! Hoe wil ou Lesufitjie Curro summier sluit a.g.v rassisme want daar was n “moontlike” insident daarvan maar Roodepoort primary is daar geen sprake van sluit nie maar daar is mees oortuiglik n probleempie op hande??? Mmmmm……..

Michelle ·

dis nou dubbelstandaard! Lesufitjie wil Curro summier sluit oor n moontlike insident…. Maar Roodepoort is daar geen sprake van sluit terwyl sekuriteit ouers moet afweet met vuurwapens ….. Sho!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.