Premier veroordeel protesaksie waarin 7 huise brand

Een van die huise wat aan die brand gesteek is. (Foto: Twitter)

Job Mokgoro, die premier van Noordwes, het Dinsdag protesaksie by Khuma naby Stilfontein veroordeel nadat raadslede se huise afgebrand het.

Raadslede van die Matlosana-munisipaliteit se huise is gedurende die protesaksie aan die brand gesteek waarna ontstoke inwoners die strate ingevaar en geëis het dat die munisipaliteit antwoorde gee op ’n memorandum wat hulle aan die begin van Augustus ingedien het.

Die inwoners voer aan hulle het ’n memorandum by die munisipaliteit ingedien waarin hulle hul griewe en eise uiteengesit het, maar die munisipaliteit het nie daarop gereageer nie.

Dié eise sluit in die toekenning van grond vir behuising en verbeterde infrastruktuur in Khuma.

Mokgoro, wat hom daartoe verbind het om in samewerking met die Matlosana-munisipaliteit aandag aan hul eise te gee, sal die gebied Woensdag besoek om terugvoer aan die gemeenskap te gee.

Mokgoro was by ʼn byeenkoms van die Nasionale Raad vir Provinsies in Orkney toe hy van die betoging te hore kom.

Die premier het hom saam met Sello Lehari, LUR vir gemeenskapsveiligheid, en Gordon Kegakilwe, LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake, na die informele nedersetting gehaas.

Met sy aankoms het inwoners Mokgoro in kennis gestel van die memorandum wat onbeantwoord gegaan het.

Luidens inligting wat van die polisie ontvang is, het sewe huise Maandag afgebrand.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van openbare geweld.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

jakes ·

Hierdie onstoke inwoners wou mos vir die ANC stem, so as jy nie wil hoor nie, moet jy maar voel. As hulle na 25 jaar nog nie kan besef dat hul regering korrup en onbevoeg is nie dan sal hulle nooit leer nie.

KrokodilBotha ·

Niemand is in hegtinis geneem nie. Nou word daar gemonitoro tot dit huis toe gaan tyd is. Raadslede sal nou weer n ander huis kry. En more is weer nuwe sports. Wanneer word vuurhoutjies verban ?

emily ·

Dit help nie julle Grootkoppe wil nou kla nie, Julle laat dit mos toe.
Hier is mos geen beheer in die land van ons nie.

piper ·

die probleem is dat die mense eise het vir allehande goed maar wat is hulle bydrae daartoe en kan hulle die dienste bekostig of moet alles gratis wees

Spook op thaba ·

n Kollega het ons net voor die verki
esing vertel hulle wil nie vir die regering stem nie maar word geintimideer

Voter ·

Dit lyk of mense nou begin sien die party waarvoor hulle nou al 25 jaar stem, vir hulle gelieg het! Dit vat lank om dit agtertekom, maar jy kry waarvoor jy stem!

marous ·

Hoe regeer ‘n haan oor ‘n mishoop ? Hy kraai twee keer in die oggend en gaan sit vir die res van die dag onder ‘n boom .

Rina ·

Genade hou op afbreek en bou vir n slag op. Wat doen n arme gebou verkeerd.

Ep ·

Gee vir elk van daardie manne n Bell ….. los die paaie …. los die geboue …. maar gaan na die kamstige raadslede se huise en brand die af Dan sal jy sien hoe vinnig word herstel werk gedoen. Jammer ek is n groot voorstander van die gebeure

GM ·

Hulle word geïntimideer om vir die ANC te stem? Gaan staan almal nie alleen by die boksie om hul kruisie te trek nie? Hoe gaan hulle weet vir wie jy gestem het?

Daar is sekere mense wat net nie stemreg behoort te hê nie – soos bv. Kriminele in tronke en die nie-belastingbetalers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.