Premier wil ‘ingryp’ in Johannesburg, Tshwane

Herman Mashaba, voormalige burgemeester van Johannesburg (Foto: Itumeleng English/African News Agency (ANA))

Die Gautengse premier het die Stad van Johannesburg net meer as ʼn week gegee om ʼn nuwe burgermeester aan te stel. Dié stap kom nadat die verkiesing van ʼn nuwe burgemeester op 28 November tot 4 Desember uitgestel is. Die pos is vakant nadat Herman Mashaba vroeër bedank het. Sy termyn het gister geëindig.

“Indien die stad Woensdag daarin misluk om ʼn nuwe burgemeester aan te stel, sal ek hulle nog ʼn week kans gee. Daarna sal die provinsiale regering daadwerklik ingryp,” het David Makhura, Gautengse premier, Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Die DA, EFF en ANC het elk ʼn kandidaat vir die pos benoem: die DA Funzela Ngobeni, die EFF Musa Novela en die ANC Geoff Makhubo.

Makhubo, ʼn voormalige burgemeesterskomiteelid van finansies, word onder meer van bedrog, korrupsie, geldwassery en swendelary beskuldig vir sy vermeende betrokkenheid by die omstrede fondsbestuursmaatskappy Regiments Capital.

Die premier is ook bekommerd oor die stand van bestuur van die Tshwane-metro, nadat dié se burgemeester verlede week op spesiale verlof geplaas is. Abel Tau is Donderdag as tussentydse burgemeester aangewys.

“Tshwane is in regerings- en administratiewe chaos gedompel en dit is duidelik dat dienslewering daarom verswak het en dat inwoners nou daaronder ly,” sê Makhura.

Hy sê die provinsiale munisipaliteit sal nie huiwer om in te gryp by munisipaliteite wat geaffekteer word deur swak leierskap en wanadministrasie nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

2 Kommentare

Dafer ·

Mnr Makhura almal is bewus van die swak leierskap en wanadministrasie by seker al die munisipaliteite! Jy kom self, al lankal, ook nie jou verantwoordelikhede na nie!
Word wakker of die munisipaliteite gaan almal SAL se paadjie volg!

Johanna Botha ·

Centurion val letterlik uitmekaar …..straatligte brand deur die dag en niks word reggemaak ….ek is so vies vir die da wat nes die anc verswak het na n gesukkel van die voorwaters

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.