Premier wil Madiba-standbeeld ‘verbeter’

Die standbeeld van oudpres. Nelson Mandela buite die provinsiale wetgewer in Mbombela (Nelspruit) Foto:
Mpumalanga Provincial Treasury/Facebook

Refilwe Mtshweni, premier van Mpumalanga, het die LUR vir kuns en kultuur versoek om die standbeeld van wyle pres. Nelson Mandela “reg te maak sodat dit meer soos hy kan lyk”.

Die standbeeld is in opdrag van die regering vervaardig en in September buite die provinsiale wetgewer in Mbombela (Nelspruit) opgerig teen ʼn koste van R8,2 miljoen.

Sy het opgemerk daar is ʼn paar foute ná die standbeeld amptelik onthul is.

“Mense het ook op sosiale media hul misnoeë te kenne gegee dat die standbeeld nie soos die oudpresident lyk nie, en ander het direk met die premier daaroor gesels,” het Zibonele Mncwango, woordvoerder vir die premier, gesê.

“Die premier het die LUR vir kuns en kultuur genader om die standbeeld binne 30 dae reg te maak, omdat die standbeeld versuim het in sy doel om hulde te bring aan die nalatenskap van pres. Nelson Mandela. Die premier respekteer die mening en persepsie van mense oor die standbeeld en versoek kalmte en geduld terwyl die saak hanteer word.”

Sibongile Nkosi, woordvoerder vir die departement van kuns en kultuur, het Vrydag bevestig die regering het R8,2 miljoen op die standbeeld spandeer. “Ons is in gesprek met die diensverskaffer en ondersoek maniere om die standbeeld reg te maak. Die geld [R8,2 miljoen] was nie net om die standbeeld op te rig nie, maar vir talle ander dinge, waaronder die ontwerp,” het Nkosi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Snowball ·

As Percy Sledge en Fats Domino nou ‘n nasaat gehad het, sou hy moontlik soos die standbeeld kon lyk. R8.2 miljoen lekker in die water…..klipdom.

Gemaskerde Sopbeen ·

“Die geld was nie net om die standbeeld op te rig nie, maar ook vir talle ander dinge, waaronder die ontwerp”….wat nou nie reg is nie? Wat niemand na gekyk het tydens die “vervaardigingsproses” nie? Wat niemand seker gemaak het is waaroor daar ooreengekom is nie? Vergeet dienslewering….kom ons bou standbeelde wat na niemand lyk nie…..en dan vra ons die gemeenskap om kalm te bly…en net weer vir ons te stem sodat ons die standbeeld kan verbeter sodat dit soos iemand lyk? hahahahahaha…..daar is ‘n verbande woord vir mense soos die.

makali ·

as die beeldhouer nie sy ontwerp self kan doen nie moet hy maar sy hamer bere.

John ·

… kalmte en geduld… Geduld o geduld wat so baie kan dra? As die mense nie kos of water het nie, sal hulle darem altyd na die nuwe mooi afwerking kan gaan kyk en aan hul skoenrieme kou… Kan hulle nie ‘n standaardvorm daar stel en op groot maat giet en oprig nie. Dit sal die groot verdriet en slapelose nagte van menige munisipale leiers verminder en die voorvadergeeste rustig hou.

Staak saam ·

Ek wonder net hoeveel van die 8.2mil het die kunstenaar gekry wat die standbeeld gemaak het?

B ·

Beste verbetering sal wees om die beeld op te smelt en ‘n kruis te giet vir al die plaasmoorde

Smirre ·

Heeltemal te veel geld word in die land gemors deur standbeelde op te rig, straatname te verander en lughawens te herdoop na elke makker wat ‘n bom geplant het in die verlede. Wat van meer belangrike dinge soos dienslewering, water en elektrisiteit lewering wat aandag nodig het ?

Abe ·

Ek twyfel of n bronsbeeld wat na niemand lyk sommer net “reggemaak” kan word. Hulle sal seker nou nog R16 miljoen spandeer vir regmakery en dan besluit die verbetering is nie dramaties nie. Terloops hoekom moet elke beeld van Mandela met n vuis in die lug staan?

Grassie ·

Volgens ons plaaslike koerant het die “kunstenaar” minder as een miljoen rand van daardie agt en ‘n half miljoen rand gekry. Ongeveer 5 miljoen is skoonveld, niemand weet waarnatoe nie. Die betrokkenes is nou so vroom en onskuldig, suiker sal nie in hul monde smelt nie. Daardie “talle ander dinge” waarna in die berig verwys word is seker talle ander gatsakke. Daar gaan seker nou weer begroot word vir die herstelwerk, so daar gaan weer geleentheid wees om te skep.

Gert ·

Geld spandeer op sulke nuttelose goed hoekom nie die skole verbeter en die welsyn van die mense oplig nie. Dit gaan my verstand te bowe.

Karolis ·

Daai standbeeld trek na Engelbert Humperdink met kort hare.

Papa G ·

Ek is stom. Kan iemand aan my verduidelik hoe ‘n standbeeld reggemaak kan word? As die opdrag is om’n windpomp te skilder en daar kom ñ Hollandse windmeul uit, hoe word dit reggemaak?

Alida ·

Wie op aarde is daai man? Hulle moes n beeldhouer gekry het wat weet wat hy doen!

BEKOMMERDE ·

Ek is sommer bemoerd. Gebruik eerder die geld vir kinders – bou nog skole/ onderwys kolleges vir die opvoeding in moeder taal.

Werns ·

Nee, moet nie die afbeelding reg maak nie, los dit net so, sodat mense kan sien hoe flippen pateties ons sogenaamde regering is.
Hulle kon eerder daardie geld op ordentlike dienslewering soos onderwys of gesondheid spandeer het, Idiote.

Emma ·

Verbeter liewer julle mense se lewensomstandighede. Bou skole en los afrikaanse skole uit. Spandeer geld om julle mense op te voed.

Ek ·

Gaan niks help vir Madiba se saligheid nie dit bly n gemors wat hul ook al doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.