Premierliga-sokkerspeler in Pretoria in hegtenis geneem

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Premierliga-sokkerspeler is Sondag in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy nie ʼn rybewys kon verskaf nie en hom verset het teen inhegtenisneming.

“Die speler het in ʼn draaibaan in Hatfield gery, maar het reguit oor die pad gery en ander motoriste se lewens in gevaar gestel,” het senior superintendent Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane metropolisie, gesê. “Een van ons lede het die oortreding gesien en toe hy die persoon wou aftrek, het die motoris steeds bly ry. Die beampte het bystand ontbied en hom agterna gesit.”

Die sokkerspeler is uiteindelik deur metropolisiebeamptes voorgekeer. “Hy het geweier om ʼn rybewys te verskaf of uit die motor te klim,” het Mahamba bygevoeg. “Hy was baie kwaad en het op ons lede geskree. Hulle het hom uiteindelik uit die motor getrek.”

Die man is in hegtenis geneem en na Brooklyn-polisiestasie geneem.

Mahamba sê die speler sal aangekla word van die versuim om ʼn rybewys te verskaf en verset teen inhegtenisneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

carel ·

ja en sien hy is nog nie eers in die regering nie – hy is maar net n onbekende sokker speler en hy openbaar al klaar die mentaliteit dat hy bo die wet verhewe is……..waarom moet hy nou vir die gereg stop??? Hy is mos nie n gewone burger nie…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.