Premiers geloof wat plaasaanvalle wil prioritiseer

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die burgerregteorganisasie AfriForum verwelkom Job Mokgoro, premier van Noordwes, en David Makhura, premier van Gauteng, se erkenning van plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade.

Makhura het tydens sy provinsiale openingsrede erkenning gegee aan die erns van plaasaanvalle en -moorde en dit as prioriteitsmisdade gelys. Volgens Makhura sal ’n spesialiseenheid getaak word met die bekamping van plaasaanvalle en -moorde. Mokgoro het ook aangedui dat hy meer gereeld met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en wetstoepassingsowerhede sal skakel om boere en inwoners van die platteland se veiligheid te verseker.

Gauteng is met 69 aanvalle vanjaar die provinsie met die hoogste getal plaasaanvalle in die land, terwyl Noordwes met 32 aanvalle ook luidens AfriForum se statistiek swaar geraak word. Albei provinsies het vanjaar vier plaasmoorde aangeteken.

Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het al vroeër vanjaar ná die moord op Stefan Smit, beloof om stappe te doen om boere te beskerm. Dit sluit in die stigting van spesialiseenhede in landelike gebiede, druk op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om te verseker dat hulle plaasmoorde as prioriteitsmisdade verklaar en die teenstaan van borgtog vir beskuldigdes van plaasaanvalle.

“Dit blyk of die volgehoue druk en bewusmaking deur organisasies soos AfriForum met betrekking tot plaasaanvalle ten einde laas vrugte afwerp, en dat die owerhede stelselmatig tot die besef kom dat plaasaanvalle nie net as ’n gewone misdaad beskou kan word nie,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

“Dit is prysenswaardig dat die premiers en provinsiale ministers plaasmoorde as ’n prioriteitsmisdaad beskou terwyl president Cyril Ramaphosa steeds daaroor swyg en selfs op internasionale platforms ontken dat plaasmoorde ’n ernstige krisis in Suid-Afrika is,” voeg Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir die sentraalstreek, by.

Renaud beklemtoon die noodsaaklike rol wat burgerlike instellings soos AfriForum moet speel om veiligheidstrukture vir boere en gemeenskappe te vestig om hul eie veiligheid te verseker en weerbaarheid binne die raamwerk van die wet te bevorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

HAB ·

Snaaks dat hulle dit nou erken.
Nadat Nederland dit VN toe wil vat.

Basjan ·

Blikke, dis nes jy daar sê. Praat is maklik, maar dóén is iets anders. Ons moenie ons met ‘n slapriem laat vang nie.

Marius ·

Julle raak vernuut bly. Baie regeringsamptenare word “getaak” vir verskeie doelwitte, en niks gebeur nie. Dis net ‘n foefie….

Riaan ·

Presies Marius. Net nog een van die kommuniste se rol spel foefies. Glo nie n woord wat hulle se nie.
As spesiale eenhede op die been bring. Uit wie gaan dit bestaan. Moontlike plaas aanvallers wat net nooit gevang is nie of hoe.

Alida ·

Nee Marius ons is nie VERNIET bly nie dis n stap in die regte rigting. Hoop jy snap wat ek met die hoofletters bedoel.

Sarel ·

Net Verkiesingsfoeffie en Politieke spel. Hulle sal nooit met opset en doelgerig teen die ANC of die Parlement praat nie.

Landvaneensydigheid ·

Monde wat praat maar die stilte is oorweldig…

Dries du Toit ·

Wes kaapse minister van landbou. Bestaan daar n minister van landbou vir elke provinsie. Kom nou MM maak reg

Boer ·

Dis gevaarlik om ‘n boer te wees.

Bestaan daar betroubare statistiek wat aantoon hoeveel boere en hulle gesinne of werkers
aangeval en/of vermoor is?
Is daar vergelykende statistiek mbt ander beroepe?

Michelle ·

Dan wil hulle dit glo, dan wil hulle nie. Eers was daar geen plaasmoorde nie nou is daar, net soos hul sit en lieg oor wat die werklike waarheid is word nog ‘n sinnelose moord op ‘n onskuldig plaasboer gepleeg. Gaan daar enige iets gedoen word ek twyfel.

Stephan de S ·

Baie geluk AF vir julle volhardende werk…..dis danksy jul werk ten midde v veel skeptisisme….ook in eie geledere….dat die saak erken word en ten minste op agenda geplaas word,selfs in die internasionale arena. Dink net waar gaan ons oor tien jaar staan. Aan kortsigtige kritici wat net so ver as hul eie neuse kan sien : vergeet v amptenare wat niks gaan doen nie—die saak word rugbaar en begin in mense se gewete te brand……..daar is groot vordering. Kyk na die lewe en wêreld in sy geheel…….Rome is nie in eendag geskep nie. Doen vandag wat voor hande is en hou op met swartgallige “profesieë”.

John ·

Op kanaal 407 RT word tans ‘n program oor die aanvalle op SA-Boere vertoon. Dit herhaal. Wat egter skokkend is, is sekere eie mense die standpunt huldig dat die huidige vlaag moorde en onverdraagsaamheid jeens wit mense juis agv hul sondes is en straf van Bo… die moorde en aanvalle op plase is dus verdiende straf. Om dit van kansels af te verkondig aan gebroke mense is verregaande. ‘n Volk ly om baie redes, selfs oor net een man se optrede, bv koning Dawid se vergrype in die Bybel. Sou die Nazi’s dan goeie dade gepleeg het en die Vader se Wil uitgevoer het? Is alle swartes ((in Afrika (baie oortreders kom uit ander Afrika-lande)) dus verontregte engeltjies wat aanspraak kan maak en selfs moor om hul sin te kry en te eis en te gryp na foutiewe slinkse aannames?

Magda ·

Hoop Nederland gaan dit nog steeds na VN toe vat – want solank as rampie niks se of doen nie, weet ek nie of daar ooit regtig iets gedoen sal word om dit te keer nie. Dankie aan die 2 Premiers wat iets wil doen, hou dop om te sien of daar “iets” van gaan kom, of is dit maar net n paai proses om Nederland te stop. GO NETHERLAND – TAKE IT TO VN PLEASE. WE NEED OUR FARM MURDERS OUT THERE TO THE WORLD CAN SEE WHAT IS REALLY HAPPENIGN IN SOUTH AFRICA WITH WHITE PEOPLE – BLACK APARTHEIDS TIME NOW.

Jerry ·

Die klimaat van misdaad wat vrees moes inboesem vir verandering was geskep en ANC opponente se strategiee daar rondom bevestig en ontbloot. Die klimaat sal nou geskep word om die ANC voor te hou as redder en as n organisasie wat teen misdaad teen boere is, al is dit hoofsaaklik net praat vir binnelandse politieke gewin en om die buiteland te sus!

jean ·

Wil en gaan…..twee verskillende aspekte waarvan nie een gedoen kan word nie.

Suid Afrikaner ·

Kom ons kyk maar of die berg nie dalk maar ‘n muis baar nie

Thelma ·

Wonerlik….maar my pa het mos altyd gese…”sien is glo”.

elna ·

Ek is seker die negatiefste oor die land as julle almal,……..maar as ons (en seker julle ook) die Here vra om n oplossing te gee, moet mens seker dankbaar wees vir ENIGE geluid of aksie wat plaasvind nie waar nie??

Al ·

Ek stem. Elke klein oorwinning, raak later ñ groot oorwinning. Hoe meer deursettingsvermoë ons het, hoe meer verandering gaan ons sien.

Al ·

Dankie Afriforum vir die ekstra myl wat jul stap. Ek is ñ trotse lid van jul.
Ek is bly jul volgehoue pogings werp vrugte af.

ne ·

Wonder wat sê oom cr van dit? Swyg soos die graf. Misken plaasmoorde in die buite;and. Pieter Groenewald se pleidooi ook niks van gekom nie. cr en anc moet verantwoordelikheid begin neem vie ALLE mense van SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.