Premiers van Wes-Kaap, Noordwes positief vir Covid-19

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en (Foto: Facebook)

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het positief getoets vir Covid-19 en is tans tuis in self-isolasie. Die premier van Noordwes, Job Mokgoro, en die provinsiale LUR van openbare werke, Oageng Molapisi, het boonop ook Dinsdag positief getoets vir Covid-19.

“Ek het vanoggend positief getoets vir Covid-19 en het ligte griepsimptome,” het Winde Woensdag in ʼn mediaverklaring gesê.

Winde sê hy het Sondag begin siek voel. Omdat hy ouer as 55 jaar en boonop ʼn tipe 2‑diabeet is, het hy ʼn hoër risiko om ernstige simptome te ontwikkel. “Daarom het ek my Maandag laat toets om die oorsaak van my simptome te bepaal,” sê Winde.

Hy sê hy het by die huis gebly toe hy begin siek voel het en is nie baie siek nie. “Omdat ek ʼn hoërisikogeval is, sal ek my simptome egter goed dophou. Ek sal ook steeds alle vergaderings bywoon om die Wes-Kaap se reaksie op die koronavirus te koördineer en my weeklikse digitale perskonferensie môre (Donderdag) hou.”

Winde het ook reeds persone wat verlede week met hom in kontak was, opgespoor.

Winde het by inwoners van die Wes-Kaap gepleit om Covid-19 ernstig op te neem aangesien enigiemand dit kan opdoen.

Intussen is Ricardo Mthembu, ANC-lid van die KwaZulu-Natalse wetgewer, Woensdagoggend oorlede weens Covid-19-verwante komplikasies. Maroela Media het ook Dinsdag berig dat die LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake in Noordwes aan Covid-19 oorlede is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
PieterP

Good luck Alan!

The Painter

Baie Sterkte vir jou Alan – Ons bid dat jy die virus sal oorwin en jy gou weer gesond sal wees om jou plek as leier vol te kan staan