Pres. Cyril Ramaphosa ingesweer

Pres. Cyril Ramaphosa neem die eed af. Foto: Skermskoot uit regstreekse uitsending van EWN.

Pres. Cyril Ramaphosa, wat vanmiddag in die Nasionale Vergadering as die nuwe president van Suid-Afrika aangekondig is, is Donderdagmiddag ingesweer.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het ook dié seremonie in Tuynhuys, die presidensiële kantoor in die parlement, waargeneem.

Maroela Media het vroeër berig Hoofregter Mogoeng Mogoeng het Ramaphosa as president van die land aangewys.

Ramaphosa is deur die ANC genomineer en het die nominasie aanvaar. DA-LP’s het kreungeluide gemaak terwyl Ramaphosa benoem en as ʼn “onselfsugtige, gedissiplineerde leier” beskryf is. Geen ander nominasies is gemaak nie.

Mosiuoa Lekota, leier van Cope, het Ramaphosa se nominasie teengestaan. Volgens Lekota het die konstitusionele hof reeds beslis dat hy sy ampseed verskeie kere verbreek het. ANC-LP’s het begin sing en dans nadat Ramaphosa as president van die land aangewys is.

Die EFF het met die aanvang van die verrigtinge versoek dat die nasionale vergadering ontbind word en dat ʼn verkiesing moet plaasvind. Die EFF-LP’s het kort hierna die nasionale vergadering verlaat nadat Julius Malema, leier van die EFF, gesê het hulle kan nie deel wees van dié “onregmatige proses” nie.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Ramaphosa gelukgewens en gesê indien hy optree in belang van die mense van Suid-Afrika, sal die DA saamwerk. Hy het ook gesê die land het nie ʼn Jacob Zuma-probleem gehad nie, maar ʼn ANC-probleem. Hy het gesê die DA sal Ramaphosa verantwoordbaar hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Koebaai SA ·

Ingesweer. Dit beteken niks. Die land sal aanhou bloei soos ‘n septiese sweer. Beste is om te emigreer. Vir wit kinders in SA is daar geen toekoms meer.

pb ·

Koebaai…kry vir jou n vroee vlug. Ek en my kinders…hoogs gekwalifiseer in oa due regsprofessie gaan nerens. Ons almal het n toekoms…hang af hoe jy dit benader. Ek gaan definitief nie oo die skouers van ander lande le nie. Aus en NZ stuur mense met jou negatiewe uitkyk reeds terug SA toe

Valerie ·

pb, ingesweer beteken niks. Zuma was ook ingesweer, nie waar nie? As diernuwe president nie van die 80% plus korruptes ontslae raak nie, is Koebaai SA se stelling meer nugter as joune. Wat ek sal byvoeg, is dat dit nie net wit kinders vir wi die toekoms sleg lyk nie. Ek sien daagfliks jong mense van alle kleure met daardie versale kyk in hul oë soos hul van plek tot plek gaan en nie eers geantwoord wanneer hulle aansoek doen of CVs ingee nie.
Ja, die “hoogsgekwalifiseerdes” soos jy en jou hele familie sal nêrens gaan nie; te gemaklik nê? Hoe dra jy by om SA so ietwat beter vir almal te maak? Ek wil wou amper wed dat jou soort die eerstes sal wees wat op die eerste vliegtuig sal spring wanneer jy besef Koebaai SA het ‘n punt wat hy/sy miskien nie duidelik genoeg beskryf het nie.

Gerhard ·

Ai maar die DAkanertjies raak gou arrogant met die kleinste grashalmpie. Dink terug aan dae soos die wanneer jou tyd kom ou pb. Klink eerder of dit jou geleentyd gee om die wereld te vertel hoe oulik jy is. Vertel ons sommer hoe duur jou huis en jou kar is terwyl jy besig is ;-) Jammer ek vind maar net jou arrogansie aanstootlik, dit is al.

Joan ·

@pb, die is nou die CR wat openlik erken dat hy vír grondvat is sonder vergoeding, hy was ook mos in die “stuggle” geniet jou RSA, ek en my familie sal die veiligheid geniet van NZ.

Vermeende ·

Bp goed vir jou en jou kinders ek hoop dit gaan vir altyd so goed vir julle maar ons praat oor vyf jaar weer as en van julle nie in julle veilige huise vermoor is vir n selfoon nie.
Dis nie negatief wees nie, jy moet net realusties wees.
My kind is vry om die land te verlaat as hy wou en ek moedig hom aan maar ek bly net hier.
Blank het nie n toekoms in die land nie, BBBEE het tot nou nog geen sperdatum nie tensy CR iets in jou oor gevluister het dat hy regstelling gaan stop en nie grond vat nie.

Cornelius ·

Ek dank God dat Suid Afrika en my toekoms in Sy hand is. My wonderlike toekoms is a.g.v. Jesus Christus en nie a.g.v. n president nie. God gee vir Sy kinders hoop en n toekoms. Wonder waar is die volk se geloof… tyd om trug te draai na God

Piet ·

Cornelius, ek stem 100 % met jou saam. Zuma is uit die pad uit, alles vorentoe lyk nou honkie-dorie. Laat ons dink aan Ps. 146 : 2 (Die Totius beryming) “Moet op prinse nie vertrou nie by wie niemand heil kan vind. Op die mens jou hoop nie bou nie want as God hul gees ontbind. Keer hul na die aarde weer en hul raadslag stort terneer.” Indien ons ons vertroue op CR gaan bou, gaan ons baie bedroë uitkom.

Potlood ·

Nee wat, het nou-net daardie sweer gekyk en moet se ek dink nie dit is die tyd werd wat dit gevat het en die geld wat hulle daarop spandeer het nie… Drie minute nadat dit klar was het hulle almal reeds helfte van die beloftes vergeet! Meer soos troue gelyk, het ringe en soenne verwag….
Weereens word die vondasie swak gebou. Hierdie was net nog iets wat hulle doen as a westerse praktyk, maar hulle mis so bietjie die gedeelte agter die storie. Wil net gesien word!

Joe Olivier ·

Zuma is deur dieselfde regter ingesweer. Die regter het Zuma toegelaat om meineed te pleeg en niks gedoen nie. Ramaphosa en die nuk wat voorvadergeeste om hulp vra maak eintlik net n bespotting van ons Christelike Bybel waaroor hu ingesweer word.

Positief ·

Ek is so positief oor Suid-Afrika se toekoms! Ek het sommer ‘n huppel in my stap en is lus om Ceril en my mede landgenote te help om ons land, die land van melk en heuning te maak!

Loeis ·

Sjoe. Ons het ver geval wanneer mense ‘n huppel in hul stap kry wanneer ‘n ANC president ingesweer word.

Bert ·

Positief – jy is bewus daarvan dat Cyril en die ANC grond wil onteien sonder vergoeding?

Hannelie ·

Hoekom sal ek die land verlaat……om hulle hul sin te gee? Nee wat, ek het te veel ruggraat vir dit. Ek is trots Suid-Afrikaans en sal niemand se sin gee nie. Net bly Zuma het gegaan.

Gerhard ·

Miskien moet jy jou toespits op jou eie en jou kinders se ontwil eerder as om jou te bekommer oor hoe jy die ANC kan tenakom.

Hans ·

Die wat so vinnig is om te vra wat doen jy. Ek wil net hul vra wat doen hul buiten om negatief te wees en dit op realisties te baseer. Ek is positief en tog ook realisties. Ja dit gaan meskien nog slegter gaan en meskien nie. Wag en sien wat geveur en watter rigting alles in beweeg. Ek gee my volle same werking in die land waar ek kan en wavoor ek staan. So my opinie hoof nie afgekraak te word deur die wat negatief is nie. Negatieweteid vreet jou op sodat jy niks posetief kan raak sien nie nie eens di kleinste positiewe goed wat gebeur. Dit is al baie mooier en beter gestel as wat ek nou probeer doen het. Ek sien en besef hoekom jul so voel en kan jul nie verkwaalik daarvoor nie. Vra net hou op om mekaar af te breek op die platform, hul kry presies reg wat hul wil en dit is om onmin te saai en verdeeldheid. Ja daar is baie vrek baie struikel blokke ens.

Gerhard ·

Ek se altyd jy kry drie soort mense, positiewe siele sonder idees, negatiewe siele sonder ‘n wil en realaliste wat elke saak op meriete bekou en besluit (op meriete) of dit ‘n goeie of slegte ding is. CR se aanstelling op meriete beskou is geen aanduiding van ‘n verbetering vir gewone Afrikaners op straat nie. Inteendeel, gebaseer op onlangse verwikkelinge is dit eerder slegte nuus.

Swiets ·

Ai tog, die kostelike Kumbajaa-singende Afrika sandput -speelgroepie hierbo darem, soos ou Pb’tjie Prokerowertjie, Positief-fie, Cornelius Jesusvreugde, Hanlietjie Handjiesklap, ensovoorts. Ek voel skoon sleg dat nie óók so heldersiende en “positief” (naïef) kan wees nie. Ek moet seker een van daardie “agtergeblewendes” wees omdat ek nie met liberale oë geseënd is wat glo “al Afrika se oneindige wonders en mirakels” kan raaksien nie. Blykbaar het ek iets gemis, want sedert 1994 het toestande in SA glo al die pad “kwadraties verbeter”; en vandag is dinge “die beste”; soos bv. die wonderlike “Afrika diens” en gepaardgaande “bekwaamheid”; die bankrotskap van die meeste munisipaliteite en staatsdepartemente; miljoene rande wat elke dag verdwyn; krag en riolering wat orals in duie stort, hoogste misdaad vlakke, BBEE, werkloosheid, en vele ander sulke “wonders”. Hmmm, ja…. miskien moet ek ook “positief” wees, deur te glo “alles sal verbeter” wanneer hulle die een “Afrika” met ‘n nuwe “Afrika” vervang (of in sweer). Afrika mos eintlik eintlik “vol wonders en mirakels”. Kom ons wees nou positief, laat ons hartjies saam bloei, en sing ons almal saam ‘n lekker-voel liedjie…… tra-la-la-la-la…. tra-la-la-la-la…….

Hans ·

Dit bring my weer terug by wat ek sê, kraak en breek mekaar af net waar ons gaan. Jy is geregtig op jou opinie tog nie nodig om ander se opinies af te breek nie.
Ja al daardie goed wat jy op noem is daar en bestaan. hoe jy daarna kyk is op jou as mens se besluit. Ek kan nie vir jou sê hoe jy daaroor moet voel of besluit nie. Ja en meskien is my woord keuse ook nie van die beste nie. Ek is wie ek is en ek gaan nie toelaat dat niemand my verander nie maak nie saak wie jy is of wat gebeur nie, daar is net 1 op wie jou oë moet wees, jul kan self besluit wie of wat dit is.

Valerie ·

Swiets; ja, ja, en ja. Ek stem volkome saam met jou. Die nuew pres mag beter as die vorige een wees, maar die ANC bly maar dieselfde. My vriendin is in een van hulle handjievas bomme aan flarde geruk. In die land van die blindes is die een-oog koning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.