Presidensie bevestig Dinsdag se openbare vakansiedag

Argieffoto (Foto: Ben_Kerckx, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Ben_Kerckx, Pixabay)

Die presidensie het Maandag bevestig pres. Jacob Zuma het Dinsdag, 27 Desember 2016, tot ʼn openbare vakansiedag verklaar.

“Die besluit is geneem aangesien werkers in die land vanjaar slegs 11 openbare vakansiedae sou hê in plaas van 12, aangesien 25 Desember (Kersdag) op ʼn Sondag val,” het die presidensie gesê.

Maroela Media het in September reeds berig dat die 27ste Desember ‘n vakansiedag sal wees.

Die presidensie het gesê kragtens artikel 2(1) van die Wet op Openbare Vakansiedae is die daaropvolgende Maandag ʼn openbare vakansiedag indien ʼn vakansiesdag op ʼn Sondag val. Aangesien Maandag reeds ʼn vakansiedag is, naamlik Welwillendheidsdag, beteken dit dat twee vakansiedae oorvleuel.

“Die 27ste Desember as ʼn vakansiedag verseker dus dat werkers nie onbehoorlik benadeel word weens dié ongewone gebeurtenis nie, en steeds geregtig is op hul 12 betaalde openbare vakansiedae.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johann ·

Ok…iemand wat kan somme maak moes die een uitgedink het. Jacob homself is nie noodwendig instaat tot sulke denke nie…MAAR: HYS WEL INSTAAT OM GOED WEG TE GEE….dis noy as hy dit nie eers self vat nie.

Annelize Mostert ·

Johann, hy vat juis weereens vir hom want hy baat mos ook

gunther ·

Die land sal nooit regkom met so president nie in elk geval nie en ons land is klaar in sy kanon in

Jaco ·

BELAGLIK Kos ons net onnodig BAIE geld.
ROEKELISE IMPULSIEWE PRESIDENT!!!

Annaline ·

Dit was reeds al op die 19de Sep 2016 aangekondig, ek het die berig op iol.co.za gelees…

Qwerty ·

Duidelik besef mense nie dat daar al vroeër die jaar gesê is dat hulle dit gaan doen nie…

jaco ·

Ek wens Stalin kon regtig insluip en oorvat. In sy Sowjet-Unie was ten minste behoorlike wet en orde.

Kobus 4e ·

Jaco, wees versigtig vir wat jy wens. Stalin het tussen 6 en 10 miljoen mense laat vermoor, uit gesluit die mense wat van hongersnood omgekom het. Nie so blink tyd soos wat jy blykbaar glo nie ne?

Marianne ·

Is daar nog poste in die Regeering? Kyk jy word betaal en baie goed betaal indien jy jou instem om op ‘n Publieke vakansie dag te “werk”.

Wel dis nuus. ·

Dis nuus. Het die hele Kersdag gewerk maar omdat dit op n sondag val kry ons nie die Baie geld waarvan jy praat nie. R170 is seker vir ander mense baie geld. Maar maak nie op vir die trane in my gesin se oe toe ek weg ry werktoe nie. Maak nie op vir ander personeel wat nooit hierdie maand af was en nie vir hulle kinds kersgeskenke kon koop nie. Regtig dink 2 keer voor jy praat.

De Villiers ·

Asof 2 Januarie 2017 nie ook ‘n vakansiedag is nie. En dit in ‘n land met een van die meeste vakansiedae per jaar ter wêreld. Die minister van Ekonomie moes dit aan dié klomp uitgewys het wat dit uitgedink en goedgekeur het. Ons kan dit nie bekostig nie omdat ons land duskant rommelstatus staan.

Lance ·

Ken hulle die verskil of maak dit enigsins saak want die hele jaar deur is mos n groot vakansie …

Kerneels ·

Daar is elke jaar 12 vakansie dae vir almal nie net staatsdiens. 27ste is net hierdie jaar vakansie dag anders sou daar 11 gewees het. So dit kos die land niks meer nie. Wie werk elk geval hierdie tyd van die jaar.

Annelize Mostert ·

Skies , Kerneels in watter land bly jy? Wie werk in elk geval hierdie tyd van die jaar, vra jy? Ek kan jou inlig: polisie, verpleegpersoneel, hawe operateurs, verkeerskonstabels, winkels en supermarkte, brandstof stasies, noodlyn personeel om net ‘n paar te noem en nog vele meer.

Deon ·

Kerneels, jy sal dit seker nie glo nie, maar baie boere werk nog, en hierdie dag kos my oortyd aan elke werker!

Louwrens ·

Kerneels, Lyk my jy leef in Alice se wonderland…? Wie werk hierdie tyd? vra jy. Kom ek noem sommer net n paar vir jou. Die elektriese krag wat jy vannaand gaan gebruik moet erens opgewek word. Die melk wat jy more gaan koop moes erens op n plaas produseer word. Daarna moes dit nog na jou plaaslike supermark vervoer word. Die brandstof wat jy in jou motor ingooi moet van erens af kom en boonop moet daardie vulstasie deur iemand beman word sodat jy die voorreg mag he om jou volgende rit na die supermark of kersmark aan te pak. Wees liewer dankbaar dat jy bevoorreg genoeg is om hierdie tyd nie hoef te werk nie. Sterkte aan almal wat wel moet werk. Dankie vir julle opoffering sodat ons ander hierdie tyd
so n bietjie kan afskaal.

Daan ·

Jaco,Stalin het 30 miljoen van sy eie mense uitgemoor,veral Christene.Ook miljoene in Oos Europa vervolg en onderdruk.

John ·

Vakansiedae is nie die groot probleem nie, maar om wel te werk te lewer op werksdae. As mens in gedurende kantoorure in winkelsentrums kom drom daar massas jonger mense wat duidelik ‘n inkomste verdien (soos wat hulle geklee gaan) wat rojaal inkopies doen. Verantwoordelikheid staan mos lynreg teenoor menseregte. Geen winkelier (lees R€£$) vra sy klante of hulle nie eerder by die werk of in die lesingsaal moes gewees het nie.

Danie ·

Is julle nou teen die vakansie dag omdat zuma dit gegee het of is daar nou geniune n ander rede, ek glo darm nie die boere het gewag vir die 27ste om al hulle werk te doen nie, en ek is seker dat 12 vakansie dae in julle begroting in gewerk was. En die ander staats dienste kry meer gereeld dae af as gewone burgers so los nou maar die selfsugtigheid en gun gewone. Burgers die dag af .ons werk hard genoeg deur die jaar om julle aan die gang te hou (tong in die kuus)

Hennie ·

Wel ongeag my mense is af vandag en ek moet hulle nog steeds betaal. Maar of dit nou reg is of verkeurd is ons kan omtrent die situasie doen nie so kom ons aanvaar dit en hou op om met mekaar te stry oor iets wat ons geen beheer oor het nie.
Ek gaan nou opstaan en my vroutjie mug & bean toe vat vir n lekke ontbyt. Stel voor doen die selfde.
Groete en lekke dag

Ans ·

Vakansie dae maak glad nie saak by my of my vrou se werk nie. En dieselfde geld ook vir baie ander mense wat verlee en absoluut afhanklik is van hulle werken moet klou aan wat hulle het. Of dit nou n gewone dag of vakansiedag is werk sal jy werk en jy word ook nie oortyd betaal nie, dis nou maar dit. Ons is net 1 dag n week af en die ander dae werk ons 10 tot 16 ure, en die salaris is nie eers wat wonders nie (R5000 is die hoogste wat 1 van ons betaal word). Maar werk is ongelooflik skaars en wat jy het moet jy hou tot jy so gelukkig kan wees om DALK iets anders te kan kry wat of beter ure of n beter salaris is.

Piet ·

Wat is nou openbare vakansiedae en wat nie ?
1 Jan. : Nuwejaarsdag, 21 Maart Menseregtedag,
25 Maart, Goeie Verydag, 28 Maart, Gesinsdag, 27 April. Vryheidsdag, 1 (2) Mei, Werkersdag, 16 Junie, Jeugdag, 9 Aug, Vrouedag, 24 Sept. Erfenisdag, 16 Des. Versoeningsdag. 25 (26)Des. Kersdag en 26 Welwillendheidsdag.
Dit is mos al 12 (werks)dae ? Toe ek jonk was het ons nog nie rekenaars gehad en moes ons alles uit ons koppe doen. Die benodigde slaagsyfer was wel bo die 30%. Nou vra ek maar net

Max ·

In Afrika is daar 365 vakansie dae per jaar. Die Nuwe RSA het net 12 ekstra vakansie dae per jaar.

Lou ·

Ek weet nie wat is dit met die klomp suurknolle nie. Ek is dankbaar vir die ekstra vakansiedag. Lekker laat geslaap vanoggend!

gatiep ·

Praat jy Lou vir my lyk dit of die mense glad nie vakansie dae wil he nie.
Hulle het seker verander in robots of iets want tyd saam met hulle vamielie maak nie saak vir hulle nie.

Ronel ·

O boo hoo. Elke 6de jaar val Kersdag op n Sondag. So what!! Kom oor dit en kom terug in roetine! Maar nee. Ons ekonomie is mos sterk. Kom ons maak links en regs vakansiedae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.