Presidensie bevestig opening van wapenfabriek

ʼn Foto wat Mmusi Maimane op Twitter gedeel het van pres. Jacob Zuma by die amptelike opening van die wapenfabriek. Foto: Twitter

ʼn Foto wat Mmusi Maimane op Twitter gedeel het van pres. Jacob Zuma by die amptelike opening van die wapenfabriek. Foto: Twitter

Die presidensie het Vrydag bevestig dat Suid-Afrika se wapenvervaardiger Denel in samewerking met Saoedi-Arabië se militêrenywerheidskorporasie (Samic) ʼn wapenfabriek in die Midde-Ooste land geopen het wat glo bomme sal vervaardig.

Nuus oor die opening van die fabriek het aan die lig gekom nadat Defense News berig het dat Zuma saam met die adjunk-kroonprins van Saoedi-Arabië, Mohammed bin Salman, die wapenfabriek se amptelike opening waargeneem het. Die fabriek sal glo onder meer mortiere en 2 000 pond-bomme wat deur vliegtuie gewerp word, vervaardig. Dié bomme sal grootliks deur Saoedi-Arabië se verdedigingsmagte gebruik word.

Kort nadat die nuus oor die wapenfabriek aan die lig gekom het, het Mmusi Maimane, die leier van die DA, ʼn foto op Twitter gedeel van Zuma by die amptelike opening van die fabriek.

Die presidensie wou aanvanklik nie oor die wapenfabriek kommentaar lewer nie, maar het Vrydag die nuus bevestig. “Pres. Zuma se besoek was met die oog daarop om Suid-Afrika se militêre verdedigingsbedryf te bevorder en samewerking in hierdie veld tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië te bevorder,” het Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, gesê.

Volgens Majola het Zuma en die adjunk-kroonprins ʼn simboliese gedenkplaat by die wapenfabriek onthul, die personeel en die senior bestuur van Rheinmetall Denel Munition ontmoet, asook Suid-Afrikaanse kenners wat betrokke is by die fabriek. “Die besoek aan die fasiliteit was oop vir die media,” het Majola gesê.

Majola het vrae oor die spesifieke wapens wat vervaardig sal word, deur wie dit gebruik sal word en of die wapens uitgevoer sal word na Denel en Samic verwys.

Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging en militêre veterane, het Vrydag gesê die presidensie se “geheimsinnigheid” oor die wapenfabriek herinner aan die wapenskandaal van 1999. “Dit is kommerwekkend dat Suid-Afrika ten koste van belastingbetalers projekte finansier om die Saoedi-Arabiese magte te versterk. Dit is moeilik om vas te stel hoe hierdie [onderneming] tot voordeel van ons ekonomie is, wat klaar swaar trek,” het Marais gesê.

“Die DA sal Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, versoek om ʼn ministeriële verklaring hieroor uit te reik. Na aanleiding van die geheimhouding en grootskaalse korrupsie rondom die 16 jaar lange wapentransaksie-sage is dit noodsaaklik dat minister Mapisa-Nqakula die parlement inlig oor die besonderhede rondom hierdie Saoedi-Arabië-ooreenkoms.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Will i am ·

Weereens Zuma. Hy maak net wat hy wil en kom weg daarmee

sarel ·

om wat te doen seker om in ons gestrande duikbote te gebruik om haaie af teskrik of om gesteelde vliegtuie terug te vat

christine ·

Die vraag wat die dommie wil vra is, waarom bou hulle nie hulle gemors op hulle eie werf nie? Hier gaan iets anders aan, wonder of Jakop huur hiervoor vra. Indien waar bank die ou jakkels die geld. Of is Danel nou free for all? En wat op dees aarde wil hulle met bomme maak ietwat outydse manier van oorlog maak. Bid jou aan. Ha Ha Ha Die Amerkaners en die Duitsers sal hulle slap lag. Pleks dat ons mense eerder bele om lugruim te beveilig hou hulle, hulle besig met nonsens nee ek ruik n vieslike stink ROT.

Stev ·

1+1 = 2
Net onlangs was daar sprake van Guptas + Denel. Nou is zums in Saodie-Arabie vir die onhulling.
Toe guptas land uit gevlug het laasweek toe is hulle eers Saodie-Arabie toe en toe vertrek hulle Indie toe.

En wonder wat hier aan die gang is.
Bel vir Thuli sodat sy haar hammer kan bring en nog so paar spykers in die kis kan kap.

Humor ·

By hierdie wapenfabriek le en wag n ongeluk, ramp om te gebeur. Verseker.

Andrea van Vuren ·

‘n Ontploffing wat die wêreld gaan skud. Hou dop!!!

jaco ·

maak saam bomme wat teen Israel kan gebruik word… Dis ironies dat die ANC ten gunste is van ‘n eie staat vir die Palestyne, maar nie ‘n eie staat vir die Afrikaners/wit mense van SA wil gee nie. Dis mos dubbele standaarde.

jaco ·

Daar is gelukkig nie affirmative action sonder inagneming van opleiding en die regte ondervinding in Saoedi-Arabië nie, so die Arabiere sal kan regmaak waar die affirmative action beneficiaries van SA verbrou het.

Winston ·

Dis vrees wat so lyk. Ons moet wakker word in hierdie land. Hierdie was nie maar net n skuif nie. Hoekom die geheimhouding?

Hennie ·

Watse snert is dit? Bomme om hulle self te verdedig. Ek sal eerder glo dat my Pa die ” Pope” is. Zuma is SA se nommer 1 vyand.

Piet Piper ·

Ja nee, hier gaan ook nog ‘n adder uitbroei, daai goed wat Zuma so in sy boesem vertroetel….hy gaan gepik word…………..iets ruik regtig snaaks wat betref hierdie Samic Fabriek in Saoedi Arabia…………en ek ruik ‘n Gupta parfuumpie ook hier. Hoekom nie die fabriek in S.A gebou nie, dis mos werk geleenthede. Jacob verdoesel weer, en hier is beslis onheiligheid…tyd sal ons gou leer. Dalk dit ou Zumatjie se laaste sprong voor die afgrond hom vat.

Kobus ·

kan jy dit glo? dievolgende selfmoord bommers kom seker uit die nuwe sa uit !!

Joann ·

Poe ga sies. Ek ruik iets vieslik. Zuma,Gupta en Saoedi arabie. Altyd baie respek gehad vir Saoedi se optrede teenoor ons blankes wat daar werk,maar nou ?????

Xa ·

Be teken dit dat ons belastingbetalers se geld word gebruik om wapens te maak wat onskuldiges gaan dood maak???

Jan ·

SA verskaf al jare wapens aan hulle want Saoedi Arabieë het meer geld as kundigheid. So ons het ons vaardigheid uitgevoer vir ‘n bietjie buitelandse valuta – dis ‘n goeie ding. Waarom nou die bohaai hieroor?

Xa ·

Ja tot jou geliefdes uitmekaar geskiet word deur bomme dan sal ons hoor of jy steeds so voel.

John ·

Ons geliefde president se oorspronklikheid ken geen perke nie. Wil hulle hom nie die voorsitter maak van die Veiligheidsraad nie? Ons het ook mos uraan wat vir atoombomme gebruik kan word. Ons kort juis uitvoere.

John ·

Ek besef elke dag net meer en meer hoeveel visie ons voormalige president De Klerk gehad het. Hy was ‘n siener; ‘n lig op die pad na die afgrond. Hy kan dalk na president Zuma sy terugkeer maak. Eskom kan dan ook sommer afskakel.

Gemsbok ·

Is hierdie fabriek in Suid-Afrika of Saudië Arabië? Die berig is nie duidelik nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Gemsbok

Ons is jammer indien die berig dit nie duidelik gestel het nie. Die fabriek is in Saoedi-Arabië geleë.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.