Presidensie gereed vir begrotingsrede

President Jacob Zuma saam met die minister van finansies Pravin Gordhan en adjunkminister Mcebisi Jonas om die begrotingsrede te bespreek (23 Februarie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma saam met die minister van finansies Pravin Gordhan en adjunkminister Mcebisi Jonas om die begrotingsrede te bespreek (23 Februarie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma het gesê alles is gereed vir Woensdag se begrotingsrede in die parlement.

Zuma het Dinsdag met die minister van finansies Pravin Gordhan, adjunkminister van finansies Mcebisi Jonas en direkteur-generaal van die tesourie Lungisa Fuzile, vergader om die finale punte van die begrotingsrede vir 2016 te bespreek.

“Dit is wêreldwyd en plaaslike ʼn moeilike jaar en ʼn moeilike tydperk weens die verlangsaming van die ekonomie,” het Zuma in ʼn verklaring gesê. “Die minister en sy span het hul bes gedoen en die begrotingsrede wat namens ons as kabinet voorgehou word, is goed vir die land en goed vir die ekonomie. Alles is gereed vir die begroting.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

“Dit is wêreldwyd en plaaslik ‘n moeilike jaar en ‘n moeilike tydperk weens die verlangsaming van die ekonomie”, het Zuma in ‘n verklaring gesê……………..(en die volgende uitgelaat) “en daarom het ek besluit om Suid Afrika ‘n paar biljoen te kos deur die Minister van Finansies te vervang met David van Rooyen, wat ek weer vervang het met Pravin Gordhan vier dae later, nadat ek hom ‘n jaar terug “ge-fire” het…..maar eintlik was David van Rooyen die “beste man vir die job met die hoogste kwalifikasies van hulle almal” terwyl hy nie eintlik eers die munisipaliteit waar hy burgemeester was suksesvol kon bestuur nie, en die mense sy huis afgebrand het!!” So, ek weet nie hoekom ek Nene afgedank het nie, ek weet nie hoekom ek nie aangedring het op David van Rooyen nie, en ek weet nie hoekom ek Gordhan terug aangestel het nie………….maar nou moet ons vasbyt want dit gaan swaar!”

Kaspaas ·

Natuurlik is hulle gereed dis kersfees by die regering met belasting wat verhoog is daar meer geld om te steel en misbruik. Die shopping lyste is seker al opgestel.

Jef ·

Hulle se dis goed vir die land en die ekonomie in SA en dat dit n moeilike tydperk is weens verlangsaming van die ekonomie.
Nou wil die ANC al die grond vat (grond onteiining) van die boere, terwyl die boere hard werk om die ekonomie staande te hou. Hulle praat met gesplete tong
Hulle wil mekaar n geskenk gee maar hulle weet nie wat nie want hulle het alles wat hulle hart begeer.Hierdie begrotingsrede is maar net n ander woord vir selfverryking.

vermeende ·

Google het die hoogs geleerdes gehelp met hoeveel nulle in n duisend is maar Zumpie het hierdie vergadering bele om uittewerk hoeveel nulle in twee duisend is en hy dring daarop aan dat die nulle nou twee keer meer moet wees.
Dit is hoe hy sy kleinkinders tel verduidelik hy in die foto.

NEL ·

Johan Marx, jy het nou die spuiker op die kop geslaan. Wonder waar Gordon sy inligting vandaan gaan kry om die besare begroting in plek te sit. Hy is minder 2 maande terug in die stoel.Zuma het hom seker mondeling gebrief dat die geldkaste vir hom en sy kaders leeg is en dat hy plan moet sien.Sal sien waar hulle vannaand met die begroting heen gaan, sien niks positief hier in nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.