Presidensie ‘geskok’ oor Ramaphosa-berig

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Die presidensie het sy skok uitgespreek oor ʼn berig in die Mail & Guardian rakende adjunkpres. Cyril Ramaphosa.

Die Mail & Guardian het berig daar is spanning tussen pres. Jacob Zuma en Ramaphosa aangesien die adjunkpresident nie Vrydagaand die ANC se gala-ete bygewoon het nie. Die koerant beweer ook dat Ramaphosa se afwesigheid ander ANC-leiers onkant betrap het.

“Dit is verregaande. Die adjunkpresident was in Juba in Suid-Soedan in sy hoedanigheid as spesiale afgevaardigde van pres. Zuma, soos aangekondig voor sy vertrek. Hy was veronderstel om betyds terug in Suid-Afrika te wees vir die ete, maar sy lugmagvliegtuig het egter tegniese foute ervaar en hy moes met ʼn kommersiële vliegtuig terugvlieg. Hy het Saterdag omstreeks 01:30 in Suid-Afrika aangekom toe die gala-ete reeds verby was,” het Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, gesê.

“Sou die verslaggewer navraag gedoen het, kon hy die feite kry in plaas daarvan om leuens aan die publiek te versprei. Ons hoop die Mail & Guardian sal poog om hul verslaggewingstandaarde te verbeter.”

Majola het gesê die departement van verdediging soek intussen na oplossings rakende Zuma en Ramaphosa se vliegtuie wat tegniese probleme ervaar en dus vir hulle ongerief veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

MJL ·

Dit klink na ‘n “goeie” rede om ‘n nuwe presidensiële vliegtuig te koop. Watch this space!

Buksie ·

@MJL Dis of dit, OF hierdie was n baie goeie manier of Cyril weg te hou. Stuur hom Suid Sudan toe. Geen direkte vlugte terug nie, moes seker via London of Parys vlieg. Onthou so ruk terug was hy ook in die moeilikheid vir die huur vliegtuig debakel. Nogal ‘n groot toeval dat hy betrokke was in twee vlieg verwante skandale so binnekort.

Die president kandidaat stryd is duidelik aan die gang vir 2019. Gaan ‘n mini oorlog binne in die party veroorsaak tussen, Zuma, Cyril en Nkosazana Dlamini-Zuma.

Of dalk is jy reg, binnekort hoor ons die R4.1b vir 2 nuwe vliegtuie is goedgekeur. Verdere nuus, R400 000 word vir droogtehulp beskikbaar gestel :-)

Maar stem saam, my springmielies staan reg.

Buksie ·

Nou net aan ‘n 3de rede gedink. Dalk is dit net omdat die lugmag die instandhouding van hulle bates so na laat…

elize naude ·

altyd gal braak…. reageer liewers op die ware inhoud van die berig…

Deon ·

Wie braak gal waar? Ek vind MJL se kommentaar “spot-on”, voluit in pas met die “ware inhoud van die berig”!

Miskien is party mense net te vinnig om op hulle besempies te spring vir ‘n heksejag… tipies SA, reg om ons maatjies se oë uit te krap waar ons kan die oomblik as daar ‘n kans is…

Sare Strydom ·

Maroela, vandag is ek teleurgesteld. hier word weereens dekking gegee aan die ANC en die lekker vet partytjie en geen dekking wat ek sien aan die konvooi vragmoters wat gelaai is met droogtehulp aan ons boere nie. Is dit nie meer nuuswaardug en opbouend as die ANC se dinge wat al lankal nie meer nuus is nie. Werklik???????????????

Nico Strydom ·

Dagsê Sare
Maroela Media is besig met ‘n berig oor die voer wat vir boere aangery word. Dit vat egter soms ‘n tydjie om so berig saam te stel en seker te maak van inligting en dies meer.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Deon ·

Ongelukkig IS die ANC paartie nuuswaardig – of ons daarvan hou of nie.

Anne-Marie ·

Hoe klink dit nou of een laat vlug nou aangevoer gaan word as rede vir die regverdiging van n belagluke duur nuwe vliegtuig vir die ministers se rondrits? Hulle kan nie eers hul eie land sake uitsorteer nie, maar is gedurig in ander lande.

GES ·

Anne-Marie die mense is uitgeslape. Hulle het die rookskermtegniek bemeester en gebruik dit baie vrugbaar om hulle onbevoegdheid en onvermoë weg te steek. So dit is geen vreemde verskynsel dat hulle al ewig met ander se probleme “worstel” en niks aan hulle probleme doen nie.

Bruno Stef ·

Altyd gal braak kyk net om jou rond na al die onbevoeghede die halwe antwoorde en die verswyging van sovele insidente om nie eers te praat van die grootskaalse vermorsing van belastingsbetalers gelde nie.Niemand is so blind/doof of stom as diegene wat so n situasie ignoreer ten koste van homself en die algemene publiek nie .Die verval van Zimbabwe is n mooi voorbeeld van n Diktatorskap wat ons vorentoe in die gesig staar merk my woorde.

Duikerkie ·

Die probleme met die vliegtuie sal minder word sodra die regering ophou om Kubaanse werktuigkundiges aan te stel en eerder mense aanstel wat weet hoe die binnekant van ‘n vliegtuig lyk.
Ek is dankbaar om te hoor die ete was reeds om 1:30 Saterdagoggend verby. Dit beteken die spul het ophou suip aan die Johnny Walker Blue Label wat met belasting geld gekoop word. Alhoewel, die naweek is nog lank en daar moet nog baie ge(vr)eet en gesuip word.

Wim Kotze ·

Duikerkie, die ouens wat weet van die binnegoed van ‘n vliegtuig het nie lank genoeg in die son gelê nie.

Johan ·

Of dit nou vliegtuie, vragte voer, beeste of n donkerbril, halwe brood in n saketas, n donkerbril, verlede maand se vervlenterde koerant onder die arm ens is, solank ons net belangrik voorkom se dit mos alles, en n bonus, ons haal darm Maroela media of hoe

Sarie ·

Darem maar snaaks hoe die lugmagvliegtuie waarop die president of sy adjunk heeldag die wereld vol rits terwyl ons eie land besig is om af te brand, gerieflikheidshalwe net op die regte oomblik tegniese problem gee. Dit is ook sommer ‘n aanduiding van die patetiese instandhouding wat op die vliegtuie gedoen word. Hierdie is maar net nog ‘n deeltjie van die speletjie om vir Zuma sy peperduur vliegtuig te koop

Rynhardt ·

Mail &Guardian huil oor n gala-ete wat Ramaphosa nie Vrydagaand bygewoon het nie.Die koerant moes liewer die volgende oor Ramaphosa gevra het:”Anc -kamerade, hoe is dit moontlik dat Ramaphosa $700miljoen sterk is? Hoe is dit dat hy groot belange het by Lonmin-myn? Kamerade, hoe is dit moonlit dat kameraad Ramaphosa groot belange by McDonalds het? Kamerade, hoe is dit moontlik dat Ramaphosa R110miljoen se aandele het, terwyl julle Anc-ondersteuners krepeer van hongerte en ellende?Wil julle nog die Anc ondersteun? Sodoende voed die koerant nie sy lesers op met kennis nie, maar huil hy liewer oor die gala-ete en verhouding tussen Zuma en Cyril!

Dan ·

Ja-nee hulle sal nie so n uithang ete mis as hulle dit kan verhoed nie. Dus hoekom daai etes so duur as moontlik voorsien word. Ek sal tevrede wees met n doggie-bag daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.